Wednesday, December 21, 2005

Kwaliteit vs. Kwantiteit

Mirrag...dis nou net na 5(6 Des) en ek is op soos ou brood...jenoewaaine...
Dinge is deesdae stil & besig...Vriend Willem vry weer in die bondel alhoewel dit klink of hy maar so dan & wan brieke aandraai...Rolfie is nou oppad terug SA toe om te gaan wag vir daai lekker 2 maande lank Werkspermit(dis hoe lank dit vat maar op die ou einde kan hy dan nou 5 jaar of 60 maande lank in die UK werk ...of altans in sy kamer op sy bed lê & flieks kyk...).

Niel lyk dit vir my sukkel om terug te kom...maar ek is nie geworry nie...ek kry elke week sy & sy broer Kersey se bankstate & ek het Niel se tjek boek & Kersey se debiet kaart so alles loop soos gewoonlik voor die wind.

Deesdae looi die werk my dat ek dubbel vou maar ek hou maar uit - ek stres bietjie maar dit kan dalk ook wees omrede ek nog nie weet wat om vir Anrie(my sussie - nie my 'girlfriend' nie) te koop vir Kersfees as ek vir haar in Wallis gaan kuier nie.

Die afgelope naweek 'n fris partytjie(Lyk my Rolf het een of ander muf filter op sy kamera aan vergeet) gehad by die mense in nommer 47, 1 van die meisies daar gaan terug Nieu Zeeland toe & dan nou natuurlik Rolf wat terug gaan Sa toe.Dit was wild maar ek kom agter dat ek elke keer na 'n braai 'n uitslag op my vingers & gesig het...ek sweer hoog & laag dis die rook...want dit is soos klokslag elke keer - of ek nou eet & drink of nie...dis weird...of dalk is dit van te min...ek weet nie..So nou kyk ek House MD & CSI om te probeer uitvind wat yl met my...dis redelik goor want ek hardloop deur kortisoon salf buisies asof dit uit die mode gaan.Carol & haar boyfriend Nichola was daar, Coenie, Annalet & Pieter ook & dan natuurlik ons Huis 31.
Nefie & Connie het natuurlik gaan staan & kerse & 'n lee polisterien wynboks gesteel by 47...Nefie se girlfriend sê toe vir hom hoekom vat hy nie iets wat ons kan gebruik nie ?...Mens kan ook nie jou familie kies nie...

Ek het snaaks genoeg die helfte van huis 47 se girls in die Gym raak geloop...hulle het eintlik net vir die ouens kom kyk - behalwe Phil - ek dink hy het regtig probeer gym.
Ou Christo het mos nou weer 'ingetrek'...hy slaap deesdae waar daar 'n plekkie is nadat Coenie hom soos 'n rou eier gedrop het...vriende het deesdae heeltemal betekenis verloor blyk dit vir my ...Naais Coenie - Naais...Ons het Vrydag aand lekker sit & Carling Exports wegslaan & het heel rustig gaan slaap - baie naais.

Sondag redelik laterig opgestaan & soos gewoonlik so min as moontlik probeer doen...
Was vanoggend kwart voor 8 al by die werk & loop eers 5:30 so ek is redelik faktap moeg & dit hou net nie op nie. Ek weet nie maar gewoonlik is die kerseisoen redelik stillerig...fok weet maar ek moet sweet & ek kan dit nie verstaan nie...dis regtig redelik heavy.

Klein sus Juané het my nou die aand lekker oor die kole gehaal omdat ek nie 'n foto van haar op die blog het nie...eers het ek skuldig gevoel maar toe tree die honger pyne in & toe vergeet ek amper daarvan...toe skiem ek sy kan mos maar haar eie blog begin & ek het haar access gegee na myne toe so hoekom tik sy nie oor hoe Blink 182 nou weer die silwer rand op haar donker wolk was nie. Toe ek weer sien het sy so waar as wragtig gaan staan & haar eie blog begin. Baie soos my bed...redelik leeg maar sy werk daaraan(ek ook)!Kliek maar & koekeloer...daar is 1 WOW!(soos in walglike onatuurlike weggooibare) foto van my( wat ek snaaks genoeg self geneem het met Anrie se troue in Augustus '05) & dan 1 van Juané.Geniet.

13:29(8 Des) Ek haat beterweterige mense wat probeer maak asof hulle jou wil help maar eintlik draai hulle daai dolk in jou rug nog so paar keer om...dis bad...Ons het vanaand nog 'n kerspartytjie aan waarvoor ek vanoggend nogals lus voor was maar ek is nou net afgepis & sommer lus om huis toe te gaan & My Name is Earl te kyk.Naais - daar ly die lift se klokkie nou net - dit beteken nou weer iemand sit vas - lekker...

12:55 - 21 Desember
Mirrag weereens...
Ek kan nie verstaan wat vat ek so lank nie...
Maar vir vandag...vandag wil ek praat oor mense - ek haat mense, hulle is erger as diere. Genuine.Ek & Dirk het gaan King Kong kyk die afgelope Sondag. Fantasties gewees...Die aap was so realisties dat ek op 'n staduim gewonder het wat was die bohaai gewees, dit lyk asof hulle sommer 'n Gorilla daar uit die Pretoria Dieretuin gevat het - & ek toe besef het dat dit eintlik baie flippen goed gedoen is - werklik.Maar om terug te kom na die kruks van die saak - die mense daarin spieëlbeeld ongelukkig die standaard tipe wat jy oral raakloop. Moet alewig nuuskierig wees & sien wat aangaan, wil alewig alles weet(& is gewoonlik ook beterweterig).Ek wens almal wil net 'n groot 'Durban Poison' zol rook & 'chill'.Dis ook hoekom almal altyd gejaagd is en baie stadig nerêns heen gaan nie.

Soos die sotte wat nou deesdae laat vir die bus is & sommer voor die bus inhardloop.Julle het nou maar eers begin met daai 'game'(ek doen dit ook soms) maar eendag is eendag dan gaat daai Oos-blok land europese drywer sy gat wip & jou fukkies ry pappa...So ek waarsku julle vroegtydig...

Google Earth is nou weer onlangs 'geupdate' & jy kan nou mooi sien waar ons bly in London. Hier is die liggings informasie: 51°36'1.42"N 0° 6'8.28"W

Flieks: Ouens, hou vas want 2006 gaan kook...Daar is 'n paar films wat julle defnitief moet gaan probeer kyk:
Superman Returns het nou ook 'n Suid Afrikaanse 'webtuiste'(Die Amerikaanse een het meer prentjies) dog in engels maar nietemin...
X-Men 3 is ook hier teen Junie/Julie '06 & niemand anders nie as Frasier speel die karakter Beast. Dit gaan kook aangesien Bryan Singer wat verantwoordelik was vir die 1ste 2 nou die Superman fliek maak hulle iemand anders moes kry vir die produksie. Dit lyk baie 'donker' in vergelyking & ek reken dat die byle gaan huil.

Dan sien ek dat daar 'n Mission Impossible 3 amper uit is maar ek dink jy kan daai 1 maar op jou maag skryf. Ou Tom probeer te hard, dit kom daarvan as jy op banke spring soos 'n 2 jarige terwyl jy in Oprah se teenwoordigheid is.
Jarhead is 'n film gebaseer op feite(wat beteken dat Hollywood net mooi gaan staan het & alles verwrong het) & dit gaan oor die Golf Oorlog. Daar is 'n cool liedjie wat saam met die voorprent speel van Kanye West. Lekker Bass alhoewel die lirieke dalk blasmfemies vir sekere van julle kan klink aangesien dit 'n swart man is wat rap oor hoe hy saam met sy verlosser stap in hierdie tye van nood(ja - ek weet van julle koesister mense daarbuite...).
Terug na Super Hereos - Ou Charlise speel Aeon Flux, 'n komiek boek heldin wat die werêld red van die slegte ouens...alweer.Moerse futuristies maar sy wys bietjie been in dié 1 so ek weet dat die meeste mans dit sal gaan kyk.
O & dan een wat ek klaar al gesien maar wel die moeite werd was.Chronicles of Narnia.Gaan kyk hom saam jou girlfriend of ou. Dit was defnitief een van die films van 2005 gewees. Alhoewel ek die een laaitie wat daarin speel op 'n staduim of 2 se smoel wou stukkend skop. Hy was een van daai bogenoemde mense...
Kersfees is nou amper hier & ek sweet beitjie met betrekking tot my laaste kers aankope.
Maar nou is dit eers weer tyd vir bietjie prentjies.
Hier is 2 fotos van 'n peiling met betrekking tot die brandstof te kort laas week in SA & die uitkoms daarvan:











Dan 'n foto wat ons spesiaal vir Niel geneem het in Praag - die mannetjie lyk op 'n druppel soos Niel, veral sy middel lyf.








Dan nou weer die 'kwaliteit' Afrikaanse berigte wat die Afrikaners laat kripeer van ellende:

1. Jeri Ngomane, Nelspruit se burgemeester wat sy vrou aanrand toe sy hom sien peuter met 'n kleuter...of dan nou 'n 15 jarige meisie. Ek dog jy kry net reg & verkeerd maar lyk my SA kom jy weg met moord - letterlik & figuurlik.

2. Rower in die Tierkuil - Die ou het seker nou weer 'n groot bottel Ponal opgesnuif & toe verober die tier hom - die wiel draai. My kollega sê juis vandag vir my nadat hy die berig op die BBC se websaait gelees het dat dit is wat hy van SA hou. Die gereg gaan dalk niks doen nie maar as die Aids jou nie vang nie sal die tiere wel...

3. Nou dié artikel het my eierstokke in 'n knoop - regtig.
Rowers skiet in Menlyn.Ook niks minder nie as 3(dis reg FLIPPEN 3) verslaggewers(1 woord of 2?) .Eers berig hulle hoe 'n vrou iemand bel.(waarom bel sy nie van die begin af die polisie nie? Want dis 'cooler' om eers 'celebrity status' te kry want jy het mos nou 'by die porte amper omgedraai')
En ek haal aan : 'Mense het na die winkel gestroom om te kyk wat aangaan.'Nou dié is dieselfde mense van wie ek nou nou hierbo geskryf het - daai nuuskieriges.
Hulle skryfstyl is regtig verskriklik & word in 'n regte pri-primêre styl gedruk.& die ergste is dat die storie in 1 paragraaf my 'n minuut sou vat om te lees. Wonder hoeveel word die mense deesdae betaal ??

Ergste van alles is dat dit al voorheen by die selfde winkel gebeur het.Nou wonder ek net of die sekuriteits mense geweet het dat dit nou kers Tyd is & dat daar juis nou meer as gewoonlik geld instroom wat beteken dat jou sekuriteit ten alle tye volmag & konstant moet wees ? Blykbaar nie.

Dan met betrekking tot nuwe jaar - Ons gaan weer saam met Baltazar & Greg partytjie hou by die South Side Bar:
Kliek hier om fotos te sien van die vorige kuier.

Ek gaan nou walla want ek is moeg & ek moet gou 'n printer gaan reg stel.
Geniet Kersfees & ek hoop julle het almal 'n voorspoedige nuwe jaar !!!

Jaco

P.S. My Kers lys sluit die volgende in: 'n nuwe tandeborsel, 'n PSP & 'n girlfriend...as jy kan maak jou sakke groot oop & gee met oorgawe.Onthou - 'Sharing is Caring'.

No comments: