Sunday, July 01, 2007

Dis Hoe Dit Is

Wel...Dit moes seker 1 of ander tyd gebeur het...
Ons het 'n 'History in Motion' projek gehad & ek was so 'bevoorreg' om in vriend Jossie Pretoruis se projek die rol van Steve Hofmeyr te speel.

Dis reg - Die Steve...

So hou op om jou naels te kou & druk 'Play' nou - Doen dit!!!


Jaco in 'n Woordeboek


Jaco van Dyk --

[noun]:

A human transformer (Robot in disguise)



'How will you be defined in the dictionary?' at QuizGalaxy.com

Friday, June 29, 2007

Cool Kamera Werk...

Dankie vir ou vriend Hugo vir die een - & ja...daai girl aan die begin is super hot!!!

Die video is in 1 shot - 1 take gedoen wat moerse impressive is!










Lip Dub - Flagpole Sitta by Harvey Danger from amandalynferri and Vimeo.

Lost ...

Lost Season 04 se nuwe team lied - enjoy!!!

Sunday, June 24, 2007

Raai Raai Riepa....

Ja, dis toe al die tyd Koedoe se hemp !!!
Sorry Rolf..

Monday, June 11, 2007

Verjaardag!!!

Laasjaar se verjaardag in London - Goeie Tye....


Friday, June 08, 2007

V.V.V

JA!!! Na 'n lang gewag is 1 van my kortfilms op die net...
Moenie te opgewonde raak nie - daar is baie wat verkeerd is met die spesifieke een...maar ag wat.

Die opdrag was om 'n spannings film te maak.

Die was 1 van die beter projekte & ek het 90% gekry vir hom - op meriete met betrekking tot die spanning in die film.

Die CGI kan natuurlik nog beter & my sussie se oe fok rond hier teen die einde...

Ek het net 1 week gehad hiervoor maar ek glo julle sal dit laaik...

Laat weet my maar in elk geval!

Jaco


Tuesday, June 05, 2007

O Fok...

Het n pap wiel en n pap spare. In die middel van die vrystaat tussen
warden en verkykerskop. Fok. Ek blog van my selfoon af want al wat
hier is is sein. Ons is besig om n musiek video te maak saam Sean Else
van Eden faam, Christina Storm en 2 kameramanne wat Idols en baie van
Mnet se goed doen. As ek by die huis kom sal ek fotos opsit...

Friday, June 01, 2007

Rolf, is die jou hemp ???


Eendag was Daar 'n blog...

Ja dis nou waar na toe dit gekom het....nie heeltemal seker wat het aan die einde gebeur nie - ek dink ek het aan die slaap geval...


Wednesday, April 11, 2007

Goedkoop 1Time Kaartjies !!!

Check hierdie link:


My Goedkoop kaartjies...

Ek het 2 1Time vliegtuig Kaartjies wat ek wil verkoop vir R200.00 elk.
Ons het hulle gekoop vir R220 'n kaartjie.
Hulle is oorspronklik vir Durban tot Johannesburg.

Ek het bus terug gevang want ek & Miriam was amper gekaap daar in Durbs.
Dit is regtig 'n kak plek.
Ek haat dit daar.

Jy kan die vlug datums alles verander: loer hier wat 1Time se:
Changing passenger details will incur a R75.00 Change of Reservation fee, per change.
Changing the flight details will incur a R75.00 Change of Reservation fee, per passenger affected.
Additionally, you will be charged the difference in flight prices.


...................

Laat weet maar...

Jaco

Pasop vir hierdie kak ...

Spam/Tos Pos...& dit nou hier in SA...Ek skaam my fokkin' morsdood...


Dear Sir/Madam,

I am Mr Casper Lamprecht,Bank Manager of a reputable bank in Johannesburg,Gauteng Province, and Republic of South Africa. I have an urgent and very confidential business proposition for you.On feb 27, 2002,a British Oil Consultant/contractor with the South African Mining Corporation, (Name deliberately with held) made a numbered time (Fixed)Deposit for twelve calendar months, valued at [$13,500.000.00 USD. Thirteen Million Five Hundred Thousand United States Dollars] in my branch. Upon maturity, I sent a routine notification to his forwarding address but got no reply.

After a month, we sent a reminder and finally we discovered from his contract employers, the South African Mining Corporation, that the depositor died from an automobile accident. On further investigation, I found out that he died without making a WILL, and all attempts to trace his next of kin was fruitless.I therefore made further investigation and discovered that the depositor did not declare any kin or relations in all his official documents,US$13,500,000.00 is still sitting in my Bank and the interest is being rolled over with the principal sum at the end of each year. No one will ever come forward to claim it. According to Laws of Republic of South Africa,at the expiration of 5(five) years, the money will revert to the ownership of the South African Government if nobody applies to claim the fund.Consequently, my proposal is that I will like you as a foreigner to stand in as THE NEXT OF KIN to the depositor so that the fruits of this old man's labour will not get into the hands of some corrupt
governmen

This is simple,I will like you to provide immediately your full names and address so that the attorney will prepare the Necessary documents and affidavits that will put you in place as the next of kin.We shall employ the services of an attorney for drafting and notarisation of the WILL and to obtain the necessary documents and letter of probate/administration in your favour for the transfer. A bank account in any part of the world that you will provide will then facilitate the transfer of this money to you as the beneficiary/next of kin.The money will be paid into your account for us to share in the ratio of 65%for me and 35% for you.There is no risk at all as all the paperwork for this transaction will be done by the attorney and my position as the Branch Manager guarantees the successful execution of this transaction. If you are interested, please reply immediately via the private email address.Upon your response,I shall then provide you with more details and relevant documents that will help you
understan

Please send me your confidential telephone and fax numbers for easy communication.Also,Please observe utmost confidentiality, and be rest assured that this transaction would be most profitable for both of us because I shall require your assistance to invest my share in your country.

Awaiting your urgent reply via my email address.

Best Regards.
Mr. Casper Lamprecht.
Tel:+27 7838 22855
Fax:+27 11 507 5714
Email:casper_lamprecht00@hotmail.com

Saturday, April 07, 2007

Die Kaap

Die Kaap is 'n nice plek -Dit s mooi ook.
Hier is baie buitelanders.
Ek verstaan hulle nie.
Miriam het vandag gaan Shark Cage Diving doen.
Ek hoop 'n haai chomp haar.
My swottings is lekker.
Ek geniet dit.
Hierdie internet kafee is stadiger as kanker.
So baie wat ek wil se so min tyd.
Ek kort vinniger internet.
Ek kort ook geld(ponde)...
En skoon onder klere.
Die wat ek nou aan het plak aan alles vas.
Volgende week sien ek Durban.
Die plek bestaan darem net net nog...
My lyf is seer op amper 26 kan ek nie meer sommer net op die grond slaap nie.
Ludorf en Melanie trou oor 2 weke.
Ek gaan nooit trou nie.
Ek hoop julle almal lewe.
Behalwe jy Pieter - Ek laaik jou mos fokol.
Ek mis my IMDB.com
Ek laaik die reuk van die oseaan.
Ek sal in die Kaap kan bly.
Ek het nou vir my so BITCH rooi Uno gekoop - 'n 1100.
Die Porsche gaan maar moet wag.
Petrol gaan nou weer met iets soos 64 sent op....bitch!!
Ek wonder waneer trou Dirk?
Ek wonder waneer smelt my pens nou weg - ek het nie verniet gisterteen Tafelberg opgehaaik & weer fokkin' af nie...
Wie het my horlosie gesteel?
En waar kom hierdie stemmetjie vandaan?
Ek dink ek is besig om van hierdie planeet af te spin...
Steve/brielie/bokkie/Jakkie/Koekie/Jakes/VD & Jaco

Tuesday, February 13, 2007

Hulle noem my Steve ...

Dis reg, die kinders wat saam my studeer noem my Steve...ek dink glad nie dis snaaks nie.
Internet is 'n probleem hier - so ook Telkom.
My 1ste kortfilm klaar gaan try om dit op YouTube te sit binnekort...
Baie stories maar mis natuurlik die makliker lewe...

Tata

Steve

Sunday, January 14, 2007

Die lang pad huis toe – Deel 3…

Ja…ek weet…dis nou al ‘n rukkie gewees….
Is ek jammer …nie regtig nie…dis maar wild hier – amper soos in die storie…

So om aan te gaan waar ek lank lank gelede opgehou het…

Die abassade in London het my toe terug begin mail & gevra date k ophou om hulle te mail – hulle inbokse raak te vol…& toe begin hulle my sms met tye & datums - op die
ou end van die dag kon ek basies soontoe gaan net waneer ek wil.

Lang storie kort te maak – Ek het my paspoort toe gekry…was ook maar ‘n ‘bitch’ gewees.

Nou is ek terug in SA…
Maar dit was nie so maklik gewees nie…

Fok….

Jy weet…5 maande terug toe ek mos nou my kaartjie bespreek skiem ek gaat van Gatwick afvlieg aangesien ek bliksems moeg is om so lank op die trein te sit al die pad van Wood Green af tot by Heathrow.
Dis omtrent ‘n uur & ‘n half se ry. Met baie sakke en dies meer.

Rolf vra my nog so of ek gekyk het of die Gatwick Express daar van Victoria stasie af loop want soms maak hulle mos net alles sommer toe. Baie slim sê brielie ja man dis fine maar ek loer toe in elk geval gou. Nee sê die Journey Planner, dis 100%, daai trein loop. Ek skiem 100, hier gaat ons….moes al my klere & 1 of 2 goed agter los vanwee ‘iemand’ se 100 pare hardloop spikes wat boetie 3 dae voor hy moet vlieg skielik aanskaf….sug nou eers saam met my….

Kom by Victoria stasie aan saam met Connie & Phillip(Connie se ouer broer) & hardloop vir die trein …al klaar ‘n uur laat.

Raai wat?

Die Fokker is TOE !!!

Die ou op die peron sê sorry…ek bekak myself…Dirk grou in sy neus & Connie & Phillip rook ‘n Sigga & praat oor die weer….iewers in die agtergrond hoor jy die kriekies….

Ek sê toe maar baai-baai vir Connie & Phillip & daar skiet ek & Dirk London Bridge toe. Koop kaartjies & wag vir die trein wat na Red Hill toe gaan & van daar af moet jy van ‘n vervlakste ‘Bus Replacement Service’ gebruik maak om tot op Gatwick te kom.

& die fok weet ons is laat…baie fokkin’ laat….

Ek nip soos ‘n kleintjie wat per ongeluk oor sy pa se kar gekotz het & dis die 1 sigaret na die ander…

Spring toe op daai bus 7 die tyd stap aan maar ek en dirk maak dit toe.
Stop by Gatwick & hardloop met die fokkin’ sake opsoek na my ‘Check In’ hek.

Fokkol…Jy moet nou eers weer op daai snaakse Maglev trein ding spring wat jou na die ander donnerse terminal vat – Daar waar ek vir rolf(ook natuurlik ‘n uur laat) gaan optel het toe hy die heel 1ste keer hier geland het.

My hol trek al teen die tyd so styf dat jy ‘n klont van enigeiets daar kan opdruk & ‘n diamant sal kry.

Ons hardloop weer & ons is nou al oor die 2 uur laat(jy moet 3 uur voor die tyd inboek).
Ek boek in & hulle is gaaf & behulpsaam & se so ewe: “ Jaco, jy kon nog so 7 kilo’s ingepak het…”

Ek verloor dit amper….weet julle hoe fokkin lank dra ek nou al 1 onderbroek ?!?!

Val in die ry & sê totsiens vir Dirk & draai blitsvinnig om toe ek daai knop voel vorm & die keel grof raak & die oë wil wil soos ‘wipers’ te kere gaan.

Raai wat toe…?

Die ‘Aerie’ is ‘n fokkin uur laat !!!

P.O.E.P.H.O.L !!!

Spring toe uiteindelik op die ding & skiet Dubai toe. Darem lekker flieks gekyk – Emirates is oraait.

Klim by Dubai af & dis etter warm…ek wil nie snaaks wees nie maar dis warm - & ek het al my langmou klere & jasse aan want daar was nie plek in die sak nie.

Fok ….

& girlfriend wil mos ‘n T-Shirt van Dubai af hê…nou sukkel ek eer som my geld te verwissel, met al die bagasie, dan neek ek daar in ‘n winkel in met alles & probeer nou om ‘n mooi T-hemp te kry. Maar dan kry ek nie in die regte size nie & wat nog….ons sug weereens…

Koop so 2 x Redbulls, 1 x Iced Tea & 1 x bottle water & gaan wag maar weer.

& dis daar op Dubai dat ek eintlik weer ‘in’ Suid Afrika ‘is’ …
Want ons vorm toe ‘n ry & die familie voor my(‘n ma & haar 3 dogters) het 2 trollies & 500 sakke & drink en mors alles & oor alles…dan loop hulle weg – dan kom hulle terug…. & val sommer so net weer in die ry in…ek wild it sommer op die naam noem & sê julle druk in !!!

Maar ek sug, drink nog ‘n Redbull & ontspan.

Kom in 1 of ander area waar ek weer moet wag, dog bymyself ek gaan nog so uur hier sit & verveeld wees.
Ek ruk toe my laptop uit(skiem ek is moerse cool) & ek dag ek gaan aan hulle WiFi Koppel & dan vir girlfriend of sommer julle almal mail.

Sukkel toe 1 hele uur lank om net aan hulle tos WiFi te Koppel & klim toe op die Aerie sonder om 1 donnerse e-mail te stuur…

Ek het nog nooit van vliegtuig kos gehou nie – dit vat my altyd 1 dag om weer terug te keer na ‘normaal’ toe.

So eke et toe nou maar et die koekies & kasies maar dit help toe fokkol…

Land op OR Thambo lughawe & my sak kom toe nou ook natuurlik heel laaste uit.

Lag vir al die ander sotte wat in ‘n ry val by doane & ek lopp net …ek is moeg & sat & sit my Cowboy hoed op & neek ‘straight’ deur.

Sien toe vir ou Hugo wat waai & ontspan met die wete dat hy ook soos ek voel toe ek sy gesig sien…

Thanks aan Dirkie & Connie & Phillip vir die saam ‘travel’ daai dag – dit was ‘n fokop van format maar julle ouens het dit moontlik gemaak.

Dirkie wat tot die einde gebly het…dit was baie naais.

Hugo wat my kom optel het – jy is die beste –tata tat a ta – van die ooste tot die beste, tata ta ta ta !!

Thursday, December 07, 2006

Pyn & Lyding ...


Dis wat ek gaan ervaar na vandag se blog ...

1 Van die dames op Mweb se blogs het gister mense uitgedaag om hulle ou fotos soos jou 1ste skool jaar foto of sommer 'n ou ID foto op te sit.

Hier is die skakel na haar uitdaging toe:

UNDER_THE_RAINBOW

Coenraad het my die jaar al baie kak gegee & die is iets wat ek al baie lank brand om te doen.
& nou gaan dit gebeur - kry vir jou Coenie!!!

Hier is my 1ste skooljaar foto heel regs:

Altyd snaaks - Maar dis nie al nie hier is nog van my ander vriende:
Christo(Die donker kop links) & Coenraad(Blondekop regs).Nou Coenie het gaan staan & trou so sorry girls & Christo sê hy het 'n meisie & hy wys ons foto's maar ons kan almal sien dat dit prentjies is wat hy van die internet af uitge-'print' het & ge-'dici-fix' het.

Amper Christo amper ....
Hier is hulle nou: Christo links & Coenraad regs!Volgende is 1 van Pretoria se top uitvoerprodukte nog...
Ons roep hom Cornelius van Wyngaardt!!!Nou om meer van Connie te sien 'Kliek Hier' om die vrige hoofstuk te sien met die belangrike video in waarin Connie 1 van die hoofrolle vertolk het.
Naais...maar dis nie al nie.

My ou mes gooier vriend Ruan Kloppers - o ek geniet dit!!Frouwine van den Bergh - Amper weg gekom daar:

& Laastens ou vriend Sweis...naais:So - nou dat dit verby & klaar is....

Ek kan nog steeds nie Blogger Beta gebruik nie want ek het mos 2 blogs!!!
Die engelse lesers behoort nou baie bevoorreg te voel.
Gin wonder Willem & Ed se blogs lyk so cool nie - hulle gebruik net die uitleg applikasies & daar gaan hy - zzzrrrrrrrrtttt !!
& ek moet steeds met die flippen HTML Kode rondtos - wat niks lekker is nie.
& Ed het nou al 3 blogs.

Ons kan seker maar net bly wees dat ek myne ten minste 'update' - of wat sê ek?

Wie van julle het al Office Space gekyk?
Dis great!!
Dis 'n baie snaakse komedie waarmee ek seker is meeste van julle sal kan vergelyk.
Die onderstaande 'voorprent' is oor Office Space maar dit is nie die oorspronklike voorprent nie maar wel 1 wat iemand anders aanmekaar geflans het.
Ek dink dit kan dalk wees waar ek my idee gekry het vir 'The Toe'.




Liedjie vir die week: SR-71 met Goodbye(die musiek video sluit 'beeldmateriaal' in oor een van my gunsteling Anime reekse in getiteld Bleach)



& Nee Pieter, dis nie gay nie...jou homo...O & The Devil wears Prada is toe nie so great nie - so ook nie Tenacious D & The Pick of Destiny nie.

Wednesday, December 06, 2006

Horror ...

Yebo ...

My 1ste klein projek aanmekaar geflans.
Ons het die Vrydag aand 'groot' gegaan & was die Saterdag baie broos..

& toe kom Melanie van 47 daaraan met haar stink toon & vra almal om haar voete te masseer.
Toe val Connie daarvoor - die aap!!

Toe dog ek nou die dag - kom ek maak dit 'n Spook storie!

Laat weet my asseblief wat dink julle!
Die brielie.

Friday, December 01, 2006

Hey Hey it's Friday !!!

Lang besige week...
Ek is tans nog op kantoor met die wete dat hierdier blog vir dié week maar 'n afgeskeepte 1 gaan wees.

Maar dis ok, ten minste hou ek by my 1 blog 'n week - & die oorvertaling is 'n bliksem - my brein werk oortyd.

Laasweek se blog(die 1 wat op Mweb) geplaas word het meer aandag gekry as enige van my blogs op enige ander saait - dis wat ek noem gratis & goedkoop advertensie & vermaak.
& Ek het geleer as jy in 'n glashuis wil bly moet jy weet hoe om 'n klip te slinger

My regter arm is goed los gemaak laasweek!
Vir die van julle wat nie so lekker weet wat aangaan nie - kliek hier & loer veral na die comments:
Laas Week se Blog op MWeb.

Laat weet as die link nie so lekker is nie - ek blameer maar vir Mweb, dis altyd lekkerder om iemand ander te blameer!!

Gisteraand vir vriend Ben totsiens gaan sê, Hy het vir ons 'n Sheba van formaat aangeslaan & ons het Boerewors gebraai soos in die ou dae !!
Great gewees - Benna vlieg Maandag terug waar hy homself in die Mussina(neé Messina) omgewing gaan stasioneer tot hy weer wil walla.Ek wonder oor daai hand op die knieg - lyk my as ons dronk raak speel Brokeback Mountain se deuntjie in almal se ore!! Ons kan maar net hoop die girlfriend sien nooit die foto raak nie!
Ben lyk nogals groot langs my....dis omdat hy IS!!!

Annersins was Miriam in 'n 'genuine car chase' soos in die flieks - genuine!!
In Mexiko gebeur waar 'n ou hulle stamp wegry & die Taxi bestuurder besluit nee fok dit ons jaag hom.
Na dié is ek seker sy gaan dink Suid Afrika is vir sissies, ek sal haar moet vasbind & soos 'n naak Zulu daar rond dans - spies in die hand!!!


Die boonste video gaan julle defnitief geniet - hy is 8 & 'n half minute lank maar regtig baie snaaks!! Ek is maar besig om te loer na ander se werke met betrekking tot film produksie vir volgende jaar se studies.Wat nog ? O, kleinsus het ge-update ...kom ons klap almal saam hande vir haar dis 'great' sussie. As iemand nou net die Hebreeus kan uitmaak!

Ag ek is jammer ou's - daai spark was vandag net nie daar nie...Dis nou 17:21 op 'n Vrydag dus is ek seker julle sal verstaan...ek walla nou...

Tuesday, November 28, 2006

Goed wat my die MOER in maak ...

So die afgelope naweek het die Bokke gaan staan & wen vir 'n verandering & die Rugby Unie dink nou weer Jake White is die hond se ballas.

& Toe moet die fokkin' koerante met hulle verkrampte & eng uitkyke op die lewe gaan staan & soos gewoonlik oor die kleinste klomp stront berig.

& dit bloot omrede hulle deesdae 3 mense stuur vir 1 berig - wat snaaks is aangesien die sogenaamde berigte uit niks meer as 3 paragrawe bestaan & gewoonlik geen foto's nie.
Kom ons klap nou almal tergelyk saam hande vir hulle...

Sedert ek die afgelope Maandag(27 Nov.) lunchtyd die 'aanlyn' Beeld berig gelees het was ek al klaar redelik moerig...Ek het snaaks genoeg nie geweet of ek hieroor wil blog nie want ek raak so gatvol vir hierdie armsalige blankes wat onodige propaganda probeer versprei & maak asof hulle iets weet.

Maar kom ons begin by die begin.
Die Beeld koerant berig: "Springbokke skaam hulle vir ou SA vlae..."

Beeld berig ook dat: "Mnr. Zola Yeye, spanbestuurder van die Bokke, het in ’n verklaring gesê die Springbokke distansieer hulle van dié ondersteuners, terwyl John Smit, die Bok-kaptein, gesê het die ou vlae was ’n verleentheid vir sy span."

Naais...1stens dink ek moet ons terug sit ontspan & mooi dink wat nou hier gebeur...
Gryp 'n koue een uit die yskas, sit jou leesbrille op & ontspan:

Ek dink dit is 1stens swak van ou Zola & John om om te sê dat hulle hulleself distansieer. Ek dink nie hulle besef net hoe groot klomp van hulle ondersteuners in dies. 'mindset' is as meeste van jou sereotipiese 'boere' wat graag 'n vierkleur wil rondswaai nie - ek dink baie van hulle is 'closet case' boere. & Soos met alles is daar die 'exception to the rule' van Suid Afrikaners wat net graag die ou vlag wil rondswaai.

"...Wat sê dit van ons in ’n vreemde land?” sê Zola in die berig.
Zola my ou maat ...
A. Hierdie land nie so vreemd nie - jy is vreemd.
B. Jy moet verstaan dat die Suid Afrikaners wat hier bly nie so 'n tonnelvisie het soos wat baie mense nog in Suid Afrika het nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek veralgemeen nie, maar kom laat ons nou nie vir mekaar lieg nie...daar is 'n groot hoeveel daar in SA wat nie verder as sy huidiglike provinsie dink nie.

& C. Moet jy verstaan dat die Engelse op 1 of ander tyd al saam 'n Suid Afrikaner gewerk het - daar is regtig so baie van ons hier & meeste van hulle weet alles van Suid Afrika, sy vlae asook sy geskiedenis af...hou op om jou fokkin' ou koeie uit die sloot uit te grawe man!

Het julle ooit daaraan gedink om enige van die engelse te vra of hulle 'n probleem daarmee het ?!
Nee julle fokkin' het nie so julle raaie/aanemings is net so waardeloos soos myne...kry vir julle!

Ek haal graag die volgende paragraaf aan uit dieselfde artikel:
'Smit het gesê: “Ons is hier om ons land – die nuwe Suid-Afrika – en al die mense by die huis te verteenwoordig. Dan kom sommige mense na die stadion om 44 miljoen mense in ons naam te beledig."

Wel Smittie, so wat van al die duisende der duisende Suid Afrikaners hier wat slet baie geld gehoes het om julle die naweek in aksie te sien - wat van hulle ?
Ek neem maar aan dat jy nie hier gespeel om ons Suid Afrikaners in Engeland(asook ander Suid Afrikaners regoor die werêld) te verteenwoordig nie?

Smittie moenie 'worry' nie - as dit die geval is hoekom bekommer jy jou oor 'n Suid Afrikaner hier wat 'n ou vlag waai - dit het dan mos absoluut niks met jou uit te waai nie?

& Wat as dit 'n Engelsman was die vlag rondgeswaai het? Wat die fok dan - huh?!
Feite ouens - julle moet julle feite agtermekaar kry & Beeld, dieselfde geld vir julle ook!!

Maar...was dit maar al gewees...
.
Vandag lees ek met etenstyd die Die Volksblad op die wee wee wee.
Ag wee ...
Een van die Suid Afrikaners wat die 'game gaan kyk het blog gereeld onder die alias Boerseun
(Hierdie skakel/link is verkramp: http://blogspace.mweb.co.za/default.aspx?alias=Boerseun_in_London&init ).
Hy het foto's van 'n swart ou wat 'n ou vlag oms sy skouers dra & dié het hom blykbaar geskok.
Nou kyk - ek lees maar deur die lyne dat ou Boerseun nie regtig so 'n oud stryder is as wat sy naam voorgee nie, inteendeel lyk dit my asof hy homself graag klassifiseer as 'n nuwe Suid Afrikaner.
Dis reg 'n nuwe Suid Afrikaner ... wat in Engeland sit - 'well fuckin' done...!'

So hy is geskok oor bogenoemde & hy gebruik selfs die woorde(disturbing & dissapointed).

Ek haal my hoed af vir die swart ou met die vlag - donnerswil 10/10 !!!
Ek sal graag wil dink dat hy dit gedoen het omrede hy 'n fok voel & vir die ander blankes/nie blankes wil wys - fokkit, dis verby ek het nie 'n saak nie - hier gaan hy...

Hel, vir al wat ons weet het die vlag vir 'n £4 'special' langs die pad gekry...Mense neig om so vinnig iets kleins in alles deesdae raak te sien & dan bos te gaan daaroor & te kak & kerm oor enige klein ou dingetjie.

Boerseun - ek dink jy probeer die goeie ou wees maar jy fok rond met my eierstokke - hoe kan jy 27 jaar oud wees & bittermin van apartheid weet soos jy in jou nuutste blog vandag gesê het??
Hoe baie 'boerseun' is jy nou regtig?

Apartheid het het sy laatse asem uitgeblaas in 1994 - jy moes toe omtrent 15 gewees het man!

Op die ou einde van die dag kom dit daarop neer dat as julle iemand wil blameer dan moet julle dalk die arme siel blameer wat weens regstellende aksie nou in engeland moet werk & as 'n 'entrepeneur' die gaping gesien het & nou sy brood & botter verdien deur ou SA vlae te verkoop.

Of dalk moet julle van die ouers blameer aangesien baie van die jonger garde die ou vlae rondswaai. Sien; 'Boerseun' op 27 weet nie veel van apartheid af nie dus kan die jonger +/- 20 jariges ook nie veel weet van apartheid nie - dus los dit net hulle ouers oor.

Nou kan julle julleself seker afvrae wat is my standpunt hieroor:
- Vir die swart ou met ou vlag om sy skouers - jy het groter ballas as ek & ek hoop jy het dit geniet om te sien hoe die Bokke vir 'n verandering 'n Rugby 'game' wen - Jake White was seker in die wolke!!

- Ek dink Boerseun moet homself herevalueer. & Versigtig wees om sommer net foto's op te sit want die reaksie wat nou uitgelok word gaan veroorsaak dat die ou dalk die foto gaan sien. Nou wat ek weet van wetsgewys weet is boggerol maar daar is 'n rede hoekom die koerant nie jou foto's by jou gevat het & ook gepublisiseer het nie.... wat dink jy is die rede ?

- Ek dink die joernaliste van vandag(& ek kies my woorde versigtig as ek die volgende sê) is fokkin' useless!

-Ek dink dat as ek 'n vlag in my hand gehad het sou ek hom gewaai het. Of hy nou oud, nuut of 'n Seerower skedel op het - waai sou ek hom gewaai het. Ek besit 'n nuwe Suid Afrikaanse vlag wat ek 1 keer in my kamer opgehang het(ek het hom persent gekry) & toe had my kamermaat dié afgeruk aangesien hy nie van die vlag hou nie, die vlag het nou meer skeure in & is mooi opgevou & oppad terug SA toe waar ek hom maar in my eie kamer weer sal hys.
Ek dink as jy iets wil sê moet jy ophou kots & praat. Moenie skaam wees nie - veral nie op jou blog nie...dis mos joune!

& ek dink ek gaan T-Hemde bemark wat in Zoeloe, Xhosa, Sepedi, & al die ander inheemse tale tale iets sê wat te doen het met vlag wapper - ek sien 'n gaping!!!

Iets soos: "Eish...'n vlag in die hand - is £5 in die bank".....

Fok ...


Friday, November 24, 2006

'Swebbie' ...

So eers was dit Bennifer,
Toe is dit Brangelina....
Toe moet Tom Cruise & Katie Holmes ook naam maak met TomKat...

Maar niemand het vir Swebbie sien kom nie...
Dis reg Sweis(Francois) & Debbie het gaan staan & slaags raak & nou is hulle verloof...

So dinge gaan voor die wind in die ou Republiek van Suid Afrika...Ek weet nie eers wat om te sê nie - ek het dit nie eers sien kom nie...Maar ek dink die beste ding is maar om albei geluk te wens & vir Sweis te laat weet die moeilikheid gaan nou begine...
& vir Debbie te sê dat ....wel...die moeilikheid nou eers gaan begin...!!!
Hier is die Brielie waar hy nog gelukkig genoeg was om hulle te leer ken voor hulle verlowing - wat het gebeur?

Nee, ek grap net(maar eintlik rêrig?!).

Kan nie wag om 'n bier saam die 2 te drink nie!!

Dan:

Wie van julle onthou die foto? DIs nov voor Rolf & Karolien(Carole) mekaar begin 'sien' het...
Maar diep in ons harte het ons al klaar lankal geweet - julle twee het net gedink ons is dom...

Ek lag altyd lekker.

Maar dis nie al nie:

Beste este vriend ou Ruan Kloppers.
E-mail my nou die dag & vra my hoe lank gaan ek nog kla & kerm omdat hy my 1 keer van te vore met 'n mes in die voet gegooi het?

Ek het bietjie gelag & maar terug geskryf & gesê nooit nie.
Want niemand sal ooit fokkin' vergeet as hulle beste vriend hulle met 'n mes in die groot toon op die linkervoet gooi nie!!NOOIT NIE !!

& weet julle wat is die snaakste van alles, ek het die heeltyd vir hom gesê:" Ruan, sit nou daai mes neer, jy gaan my nou met die ding raak gooi...."

& Ek dink ek het dit al genoem dat hy my van tevore ook al met 'n vurk gegooi het, 'n ou audio kasset, 'n 2 liter Coke bottel - ek sien 'n patroon hier vorm...& ek leer dat ek dalk moet wegbly van hom af!!!

Kan nie wag om saam hom 'n brannas te drink nie!!

But that's not all...

'n Geruime tyd terug het 'n ou 'n comment gelos op my blog waar hy my vertel het dat dit hom nogals laat lag & hoop/moed gee om ook bietjie die 'engeland ding' te doen.

Hy het ook nou sy eie blog: http://pandabotter.spaces.live.com/
Nogtals skerp sêgoed & ek hou van hoe die man dink - gaan loer gerus & los 'n 'comment', dis die regte ding om te doen.

Na my vorige blog het ek heelwat terugvoering gekry oor die Johnny Cash video wat op die blog was. Ongelukkig het nie vrae oor die musiek self gekry maar meer oor die ou beeld materiaal.

So toe dog ek - wat van ek sit bietjie terug & vra: "nie wat my land vir my kan doen nie maar wat kan ek vir my land doen?"

Ek het eers aan 'n snedige antwoord probeer dink soos - 'n koeël met my kop probeer stop of so...

Maar toe gaan koekeloer ek op die wee wee wee & vind ek toe lekker cool wie die jous oor SA wat ek vandag gaan opgooi:


Die video het 'n interessante klomp Suid Afrikaners in: Madiba(Nelson Mandela), Baby Jake Matlala, Desmond Tutu, Ou Joel Stransky, Johnny Clegg, David Kramer & laastens Thabo Mbeki. Ek ken nie al die ander nie.

Nogals cool - kyk dit gerus.

& Hier het ons niemand anders nie as Suid Afrika se mees omstrede stout seuns van 'Rock' Fokofpolisiekar(Dis nou dieselfde groep wat almal op neerkyk maar as Metallica die land binnekom dan is almal daar...julle heidene...).



Die video is baie cool geskiet - Ek geniet veral die stereotipiese vergelykings wat voorkom: Die outydse motors, die 2 mans in hulle khaki klere, die familie met die boetie, sy tos haarsny & draadjies, & natuurlik die bediende...

Regtig baie goed.

& dan die laaste video oor die goeie ou ZAR:


It feels good to be an African.
Lekker Thabo.

Ok - vir eers is dit - ek wil nog fokkin' baie 'bitch & moan' oor die nuwe James Bond fliek Casino Royale & dese dinge maar dit sal longelukkig moetr wag tot en met volgende week.

Tot dan - Die Brielie

Liedjie vir die week:
Blink 182 - Stay Together for the Kids.