Tuesday, October 18, 2005

10Km in die verkeerde rigting

Bly nou stil...Pappa het klaar gepraat

So….

Nike 10Km...
Kliek hier & sien alles....tik my naam in & enter....
Dis dit....
Ek & Dangerous Dirk het die Nike 10 Km toe gehardloop – ek het my gat gesien maar Dirkie het skoon skip gemaak... Jy sien hoe ons geeindig het – Dirk het in Victoria Park gaan Hardloop & ek in Hyde Park daarom sal die kamera hoek verskillend wees.

Dirk se einde is cool & jy kan hom mooi duidelik met sy rooi hare amper aan die einde van die ‘clip’ sien. Ek aan die ander kant is 5 sekondes voor die einde daar & die enigste ou met ’n verband om my been wat my kop in skaamte laat sak terwyl ek stadig oor die lyn kruip(& ek is bles so dalk help dit as jy my wil probeer uitken...) & as jy mooi kyk het ek 'n moerse verband om my regter been.

2dens my serenade aan Rolf….Ek haal hom aan woord vir woord vanaf sy nuwe Blog Update:
“Of coarse Jaco(die klein meisie) dropped us at the last second and spent a romantic evening with his new computer.”

Rolf, jou oor gaan ‘coarse’ wees as ek klaar is met jou !!

Maar toe sit hy die glinster terug in my oog met die volgende refrein:
“Friend of the week: Jaco (He organized me a sleeper couch for my room and a hard drive for my XBOX)”

Dis reg – net vir ‘n week…wat moet 'n man doen om 'n vriend 'virewig' te wees ??
Julle weet wat ek sê.

& Dan vriend Willie Wiemps...hy het ook ge'update' maar...dis met trane in my oë dat ek syne gelees het want sy naweek het verskriklik verkeerd verloop...maar later meer daaoor.
Hy het ook ’n foto van sy ouer broer Chippie daarop maar ek dink ons moet dalk daaraan dink om die man CHIP of selfs CHIPS te noem want dit lyk of hy groot geword het, hy is natuurlik die ou in die middel.

Kliek ek op die link hieronder om te sien watse tipe seerower ek is...sal ek toe mos nou die verdomde meisie wees !! Kliek maar na hartelus...




Which Pirates of the Caribbean character are you?

Life is a series of moments...
- Tim van 'The Office' -

No comments: