Wednesday, February 11, 2009

Brielie maak klaar...

Dag sê, Unjanie & Agêe...

Ek het meer as 'n jaar laas hier iets geskryf...dis vanwee 'n bitter gemoed in 'n land wat stadig maar seker agteruit beweeg.

Ek het wel weer begin skryf alhoewel ek van nou af my uiterste gaan probeer om minder bar & vloekerig voor te kom en meer feitlik te probeer wees. Ek gaan defnitief in Afrikaans & Engels blog - want dis wat ek doen.

Sonder om verder te huil & te vra hoekom neem ek dan nou afskeid van die blog & verwys ek julle na:

jacovandyk.blogspot.com

Dankie vir die van julle wat so getrou gelees het terug in die dag & ek hoop om weer almal gelukkig te hou met die nuwe blog.

Brielie

P.S. Sou jy die adres wil hê kan jy net 'n 'comment' los en ek sal dit aan jou beskikbaar maak.
Should you want this blog adress drop me a comment & I'll make it available for you.

Tuesday, December 04, 2007

Chuck is back ...

Dis reg...net soos Andries Verster in ons klas sy naam verander het na Andrew Walker Verster toe is ons vriend Chuck Norris altyd net om die draai, besig om uit te spring met 'n Judo Chop!


Dis reg - julle weet waarvan ek praat...

In elk geval, so 'n paar kwaliteit prentjies nou weer onlangs opgespoor...gedog ek deel dit met julle...want julle is dit werd:
Thanks to The Totalrecall

So hier is hy, Chuck in sy Action Jeans.

Pieter moenie worry nie, ek het klaar 'n bestelling in gesit vir jou vir Kersfees. Hou jou posbus dop.


Aai ou Pieter darem...

Hierdie foto is spesiaal vir Johan

Aai ou Chuck darem ...

& dan voor ek afsluit vir vandag, die cd vir die week:

Ja hy IS cool!

En as jy nou regtig so braaf soos ek is kan jy gerus jouself 'n guns doen & die: "Nicholis Louw laat my elke keer so bietjie in my mond kots." groep op Facebook 'join'.

Gaan deur die prentjies, kyk hoe mense mekaar vloek & drink 'n bier. Altyd snaaks.

Fliek om te koekeloer(Rolf): Death at a Funeral.

Monday, December 03, 2007

Maak jou mond oop & asem in ...

A rat's sneeze contains no bacteria....
Hulle het vandag, 5 Desember wat 'n Woensdag is my kar gesteel tussen 18:15 & 19:55..

Mia ... ek gaan jou mis ... asook my San Diego Chargers 'one of a kind' voetbal keps wat Miriam vir my van San Diego af gebring het.

My Simpsons 'sex toy' hamer wat altyd agterin gele het asook die 2 stress boobs in die passasiers kompartament.

Totsiens aan al 3 daai bottels water wat my altyd hidreer het ...die 1 liter, die 350ml maar in besonder die 5 Liter Groene - jy was my gunsteling.

Lindi(my sussie) bel my & vra: 'Boetie - was jou radio in die kar?'
Gelukkig was my antwoord daarop: 'Nee Lindi - Gelukkig is hy al vroeer die jaar gesteel...'

My 2 petrol boekies waarmee ek so mooi tred gehou het van my petrol verbuik wat fantasties was ...amper 500km op 'n 35l tenk...julle sal gemis word.

-Die 'first aid' kit wat my ma daarin gesit het as 'n geskenk.
-Daai koppie wat MJ daarin vergeet na die week se Woodstock.
-Daai 3 polisterien glasies agter in die 'boot' wat daar maar was vir incase...jammer julle.

...aai...sugtend sit ek nou in tik met my dak waaier op sy vinnigste & 'n lekker koue Amstel wat Herman nou die dag gebring het...

Ek wil dan net dankie se vir daai flukse doos van 'n polisieman wat vir 15 minute lank nie bverstaan het dat ek se "MY KAR IS SOPAS GESTEEL & EK IS HIER OM DIT TE RAPPORTEER" nie...

& toe hy dit snap so gaaf was om vir my te vra waar is die papiere & toe ek se watse papiere - die diensboekie wat in die cubbyhole le & hy ja sa....& toe dadelik se nee jammer - sonder daai papiere kan hy nie die kar as gesteeld aanmeld nie....

& toe my nefie(wat so rukkie terug daar stasie bevelvoerder was) hulle bel & hulle vir hom se ek ken nie my fokkin' regestrasie nommer nie? Fokkin' rook julle fokkin' iets?
Thanks Buks dat jy probeer het...daai fokkers sukkel seker nou nog....

Ek wil net he julle fokkin' useless polisie manne in daai kak kantoor daar in Paul Kruger straat moet net fokkin' een ding mooi verstaan...

Ek wat Johannes Jakobus van Dyk is...ek....ek haat julle...


...so fokkin' baie...






Girls Girls Girls !!!(NSFW/NLKN)

Wel...ek wil he julle moet nou vandag mooi luister - as jy spam kry kan dit dalk net cool wees..

Nee regtig - kyk wat het ek vandag raakgeloop:
Dis reg - Sy wil met MY trou ...

Oulike aster daar iewers van Amerika af. Wonder of sy die storie met my paspoort ken?
Ed...dalk bietjie kyk of van die foto's(dis reg - die komma S) nie goed genoeg is vir jou Sag & Volrond blog nie?

Dan het my goeie vriend "Die Hiegster" in London, Engeland die volgende foto geneem by die Spiderman 2 premiere...
Kirsten Dunst - Hugo het sy hart verloor ...

Nou om die ware verhaal te hoor moet jy by Coco's uitval op Donderdae aande vir die Sparerib Pizza & 'n goue koue & laat Herman vir jou die storie vir jou vertel ... maar mense soos Rolf, Kpan & Anna sit in Engeland met hulle ge-alewige 'Offies' oftewel 'Off-Licences' so nou moet ek seker eers uitbrei /y/ui... julle veraaiers!
Hugo & Herman het spesiaal Leiscter Square toe gegaan om juis die klomp bekendes af te neem.

Ou Kirsten stap toe daar verby maar kyk nie 1 keer na ou Hieg se kant toe nie.

Wat doen ou Hieg toe?

Dis reg maats ...

...Terwyl sy verby stap skree hy hardop haar naam & kliek sy vingers teen mekaar soos meeste van ons doen as ons ons honde roep om kos te kom kry ...
Die brein ril ...

Maar moenie komkommer nie, my dag is nog lank nie klaar nie ...

Volgende aan die woord het ons vir:

Kom nou almal saam: "Hallo Mindi!"

Nou Mindi is ook 'n oulike Amerikaanse dame, natuurlik die blonde tipe waarvan meeste van ons so baie hou...

Dit laat my altyd wonder of ons nie sulke oulike goed hier in die nabye omgewing het nie...& as ons het hoekom ons nie van hulle weet nie...

So dis dit vir nou ... net bietjie skadelose los geklede dames ...

P.S.
NSFW = Not Suited For Work
NLKN = Nie Lekker vir Kantoor Nie

Dirk jy moet oppas...!!!

"Bottlenose dolphin pods will attack, and often kill, members of their group that exhibit pedophiliac tendencies."


& dis net die donnerse dolfyne - dink wat sal die res van die 'Capies' met jou doen?!

Wat's vir aandete..?

Ek is so snaaks....lag ek nou vir myself...*sug*...

Die is nou maar net 1 van my gunsteling prentjies/foto's ooit...
O & nou mag julle almal 'n komma S doen( foto's...'s). Ek het dit begin & dit is nou hier om te bly...

Fokof Pieter - Moenie eers probeer snaaks wees nie - & geniet die foto:

Iewers van die Inter net af gekry - maar dis nog steeds 'cool'...

Van julle weet ook dat ek vir niks so bang is soos 'n haai nie....behalwe vir my ma as sy nie haar Bennies & Hennies(Later meer oor Bennie & Hennies) & 'n glasie Coke het nie....

-brielie-

P.S.

Rolf, fliek vir die week om te 'download': The Darjeeling Limited

Thursday, October 11, 2007

Vandag in die nuus:

A rat's sneeze contains no bacteria.

O...& vir julle 'losers' op Facebook...waarvan ek een is:

Wednesday, October 10, 2007

Fokkin' YouTube Etters...

Net vinning, ek sien daai drol by wie ek die YouTube video van Seth Green gekry het allow nie embedding nie - doos...

Dis wat so cool is van die internet...as jy dit nie hier kry nie kan jy dit daar, daar of daar kry...virniet...fokkin' kry vir jou!!!

Hier is daai video sommer weer:

Vandag se nuus...

Trailer van 'n nuwe Jack Black & Mos Def fliek: Be Kind, Rewind.
Dit lyk natuurlik goed:

Gisteraand ook vir die heel 1ste keer saam met die Coolgroup Kine klub gaan fliek. Ons het sommer by die Kolonade gaan fliek & het The Brave One gaan kyk met Jodie Foster.
Ek was nog nooit 'n groot aanhanger van haar nie maar...die fliek was uiteraard goed gewees omrede ons as groep gevoel het dat dit 'n storie is wat jy in enige land vir enige iemand kan vertel & dat hulle dit 'n deel van hulle self kan maak.
Gaan kyk dit...dis die moeite werd...al download jy dit skelm of wag vir E-Tv...doen dit net.
Ek self het op die einde gevoel wat gebeur het was reg...& vir iemand wat van die moederkontinent afkomend is voel ek dat daar te veel van ons is wat reg & volgens die reels leef...want dit is juis ons wat op die ou end onde op ons mae le terwyl ons in die gesig geskop word...
Het vanoggend School for Scoundrels gekyk, Billy Bob Thornton(Bad Santa)& Jon Heder(Napoleon Dynamite)...nogals goed maar net 1 keer se kyk werd...
& Daarin leer hulle jou om net 'n leeu te wees & te vat wat jy wil he...
So gaan vandag -
Vat wat jy wil he...
& Onthou om 'n leeu te wees
Waaauuuuu!!!!

Tuesday, October 09, 2007

Sommer maar net...

1stens dankie vir vriend Hugo vir die volgende:




Die is natuurlike van die fliek Airheads af wat ek dele van gebruik het in my Vriendskaps Tema video.

Die volgende is vir my vriend Rolf wat laasweek verjaar het - die ou hierin laat my aan Rolf dink:



& dan gaan ek net bietjie skakels & gemors hier opsit wat ek vanoggend beloer het terwyl ek vir my rekenaar gewag het om die nuwe ADOBE CS3 te installeer...ek ius nou al oor die 24 uur lank besig met hierdie sagteware...

Nou...die volgende was heel per toeval - ek weet nou nog nie hoe ek daarop afgekom het nie - ek dink dit was toe ek op YouTube 'n video gekyk het oor hoe dom Amerikaners nou regtig is.

Die sot se naam is Chris Crocker...& ja - hy is nerens nie...'n titel wat ek & Rolf voorheen foutiewelik aan goeie vriend Hugo gegee het...ons vra weereens omverskoning Hugo...

Nou ek haat dit...kyk ek wil dit nie doen nie want ek is nou bsig met om die ou net nog meer publisiteit te gee...ons almal weet mos: Jy kry nie slegte publisiteit nie...

Wat die ou doen is; Hy neem homself af waar hy maak asof hyhierdie moerse drama queen is & almal na hom moet luister. Hy is nou maar eers 19 & dit verduidelik se psige...hy is 10 teen een 1 van daai tieners wat daai kyk na my houding het - ek is eensaam, alleen & wil eintlik 'n 'Goth' wees...

Maar nou ja - In die volgende video skree hy na liefde terwyl hy almal se liefling sanger Britney Spears verdedig...


Jaaaaa.......iewers het iemand van die Wall-Mart trollie hard afgebliksem...

Met die bogenoemde het diepseun...of meisie Chris op Jimmy Kimmel verskyn & selfs meer blootstelling gekry:



Het ek al genoem dat hy/sy by hom/haar se oupa & ouma onder in die 'basement' bly...?!
Dis net 'gross'...

Maar liewe lesers...gelukkig vir ons is daar mense wat omgee & nie die tipe van ongehoordheid sag laat verby gaan nie...

Ek gee vir julle Seth Green - Hoofseun van Robot Chicken faam(RC voorprent vir Star Wars):

Punte...

So al wat ek nou moet doen om my kort films bekend te maak is om 'n bra aan te trek, eye-liner op te sit & te huil terwyl ek skreeu: "Los Mugabe alleen...hy is net 'n mens...!!!"

Die duiwel alleen weet...

Tuesday, September 18, 2007

DJ Brielie...

met sy nuttelose informasie - 9:10 op 'n Dinsdag oggend:

Geneticists have determined that the musk melon, cassava melon and honeydew melon are all descended from the Crenshaw melon... true stoy...

Monday, September 17, 2007

Donnerse Suid Afrika

Geen wonder FOKOFPOLISIEKAR se een liedjie heet : Brand Suid Afrika nie.

Natasja van Living Our Dream het die video opgespoor wat 'n oog oopmaker is:



Net vandag het ek my gat liederlik vir my kamera man Johan gewip...& toe sit ek ook nog in 4 uur die middag se verkeer vas.

Hoekom...dis reg ...fokkin' hoekom?

Vandat ek in Desember in Suid Afrika geland het werk hulle nou al aan Zambesi rylaan. Dis nou al amper Oktober. & elke keer as jy stop spring daar 'n swart ou van iewers uit wat jou kar se venster begin was. Kyk daai UNO vesnter is vuil - Juane my sussie was saam my in die voertuig & sal dit beaam maar...Ek wil nie he iemand anders moet die kar was nie want ek het nie geld by my om die persoon te vergoed nie.

Natuurlik het ek my humeur verloor, my sitplek gordel afgeruk & die man amper aangerand...gelukkig het hy terug gestaan...

Ek was in my lewe nog nooit so aggresief woedend nie...ek wou fokkin' moord pleeg.
Ek het nog 1 video taak oor vir die jaar. Ek moet 'n dokumenter maak.
Ek het besluit om 1 te maak gebaseer op die volgende:
Ek was vir net oor die 4 jaar uit Suid Afrika.
Nou is ek terug.
Wat het verander & is dit positief/negatief.

Ook gaan ek met al die mense praat wat in die straat staan & werk vanaf my huis tot by die Technikon & my vrae aan hulle gaan wees:Wat se positiewe/negatiewe vernaderinge het die Nuwe Suid Afrika vir voortgebring sedert die val van Apartheid.

Let wel...die gaan subjektief wees - Ek praat nie apartheid goed nie, moenie my verkeerd verstaan nie, Ek is 'n 100% daar vir diversiteit & integrasie.

My punt wat ek wil bewerkstellig is een waarvan almal bewus is & dit is: Waar die fok is ons Staats amptenare ...& wat doen hulle nou eintlik.

Die mense wat ek gaan ondervrae is beide blank & swart.
Die bogenoemde advertensie maak my eintlik die moer in want Apartheid is al meer as 'n dekade terug verby...So wie wil hulle nou blameer met daai video & wat probeer hulle nou eintlik se...

& net vir die rekord, daar is al 4 keer die jaar by ons karre ingebreek...
My 1 tjommie se kar is voor ons huis gesteel...darem terug gekry
My kar radio is gesteel & my pa het die ou in my kar gevang...maar hy het weggekom
2 keer in my sussie se kar...niks gesteel nie want daar is niks om te steel nie...
Laas week 2 uur die middag 'n outjie in Menlyn se parkeer area in sy eie kar ontvoer..wtf?!

Ek is nog nie eers 'n jaar terug nie...

Sunday, September 16, 2007

Watter X-Men is jy ?

In Pieter se geval watter X-Woman is jy?

Friday, September 14, 2007

Multicam Studio Shoot

Die was 'n multi-kamera opstel wat ons by Premos gedoen het. Die onderhous is deur Resnke de Klerk, my Producer, gedoen & sy praat hier met my sussie Lindi van Dyk.

Ek was verantwoordelik vir al die inhoud sowel as die 'real-time' redigering:

Kortfilm Tema

'n Klein musiek video wat ek vir my akteurs saamgestel het om my kort film se tema te bewerkstellig:

Thursday, September 13, 2007

Aartappel Advertensie

'n Aartappel Advertensie wat ek vriend Herman Senekal mee gehelp het. Herman is tans 'n 3'e jaar student by Tukkies & in die video is die ou wat die glasie water aangee:


Tuesday, July 24, 2007

Grens Pos

Hey Ouens, net 'n vinnige enetjie..
weer besig met toetse, 'n dokumenter & 'n studio shoot wat my mal maak!!

Maar...

As julle vriende of familie het wat iets weet van drama of graag die geleentheid wil he om in 'n kort film te speel - laat hulle asb na my volgnde websaait gaan kyk vir my kort film aan die einde van die jaar:

http://grensposshort.googlepages.com/

Al die inligting is nog nie 100% daar nie omrede ons nog wild besig is met ons post produksie.

Loer gerus daar van tyd tot tyt om te sien wat aangaan.

Tjeers!

Wednesday, July 04, 2007

No Hurry in Africa ...

Die opskrif is van 'n plakker af wat ek gister op 1 of ander ou se Landie(Ja Rolf - 'n Landie is 'n Land Rover) gesien het.


Ek is ook op soek na lekker Mountain Biking Trails in & om Pretoria...Mail vir Steve & laat my weet - jy is mos 'n goeie mens...


Gisteraand 'n nagmerrie gehad eers van Warcraft 3, vir 'n ou van 26 raak ek maklik bang in my slaap, weereens 'n bewys dat games sleg is vir jou & toe oor studente tjomma Johan wat my probeer inhardloop met sy kort bene terwyl ek vir hom weg jaag in sy eie kar.

Nou ek kan verstaan hoe dit julle laat dink dat ek 'n gevoelose mens is wat met ander se voertuie wegjaag...maar hy het my probeer skiet. Anyways ek het sy kar laat rol ...bo-oor hom!


Dis dalk die drugs wat praat...


Laastens maar nie die minste nie:


As jy reken jy is 'n goeie vriend van my & dat jy baie graag jou vriendskap vir my wil betwoon asook bevestig of dalk die vriendskap wil virbeter & wil verder vat sal jy sonder enige huiwer met volle vaart weg spring & vir my 1 van die volgende aanskaf:


Die iPhone - Vir jou enigste ware vriend - click op sy link HIER & as jy met die 'scroll bar' aan die regterkant af beweeg tot onder sal jy die opsie vind getiteld: Buy Online.
Moenie worry nie - hier is sommer die direkte skakel: Kliek My
& ja dankie - Ek sal natuurlik met graagte die 8GB model vat - thanks...

Tuesday, July 03, 2007

DJ Steve ...

Kwart voor Vyf tot Vyf in die oggende met sy "Useless information" reeks:

The technical name for a plus sign (+) is a quadrapoint.

Ware Storie...