Thursday, November 10, 2005

??? Fabond & Karnallie ???


Nee a man Willem nee…dis net verkeerd as ’n mens jou taal so verkrag...niemand sê meer ‘aitsa’ of ‘poepol’ of ‘Huisgenoot’ nie...dis net verkeerd.

Maar Fabond & Karnallie ?? Nee ek weet nie...Daar is nie salf aan die wonde te smeer nie...

Hier is vir julle ’n nuwe prentjie van vlg.e jaar Julie se Superman Returns fliek:

Ek het hom bietjie kleiner gemaak sodat daai 36.6Kbps modems in Polokwane nie uitbrand nie. Disse plesier.

’n Paar dinge wat my nou weer die afgelope paar weke die josie ingemaak het :
Mense wat oordadig is met Red/Green peppers & uie(soms groente) as dit by sekere kos disse kom.
Soos die kantien hier waar jy £2.55 vir middagete betaal – daar is altyd rooi Uie saam met donnerswil alles !!
& mielies op pizza – wadde..?!?! Hou op blêrrie ‘cheap’ wees met jou 5 stukkies vleis & 5kg rys..flippen belaglik.

Die Suid Afrikaanse media wat nie behoorlike verslaggewers/geefsters aanstel nie.
& daarmee bedoel ek natuurlik die hele lot – van Rapport tot die Volksblad tot logies genoeg die Huisgenoot. Soos die storie oor Christina Aguilera wat van ddisselblom se musiek hou...
Jy weet...ek wil regtig nie afbrekend wees nie maar ek vind dit ietwat moeilik as jy saam met die tipe van goedkoop arbeid & tydrowende stereotipes moet saamleef.
As ek nou more in Rusland land & die taxi drywer speel vir my watookal sal ek sê dat dit mooi is…mens noem dit donnerswil bedagsaamheid – kom flippen by.
Wat my nog meer onderkry is die feit dat niemand ’n ooglid fladder by die deel & ek haal aan: “"...Ek het ook die drywer laat belowe dat hy vir my 'n CD sal skryf met verskillende Suid-Afrikaanse musiek sodat ek dit saam met my kan vat."
Hoe baie geld maak sy? & is dit nie dalk teen ek weet nie, 10 wette of so nie ?!

Ek dink ons moet kyk of daai bestuurder ’n genuine kopie by hom gehad het om mee te begin. & ek twyfel in elk geval of sy haar adres vir hom sou gee sodat hy iets vir haar kan pos – sekuriteit is mos deesdae van groot belang...
Dus Beeld...Julle stel my teleur & baie mense het 5 minute van hulle lewe verloor deur daai onsin te lees...

Nog steeds Beeld...Man Sterf na Hy ’n Lipring kry...
1stens laat dit vir hom ’n les wees..
2dens ....As dit nou in konserwatiewe Suid Afrika gebeur het in byvoorbeeld Orania dan was dit NUUS gewees...Maar nee, dit het in London gebeur met ’n jong deur die kak engelsman...dis nie Nuus nie !!! 1stens pleeg jy plagiaat deur ander se werk te kopieer & 2dens is dit ’n alledaagse ding hier !!

Die teleurstelling lê verdomp diep vandag...

Elke dag met ‘lunch’ tyd besoek ek etlike webwerwe waar jy op hoogte kan kom met Suid Afrikaanse nuus...maar deesdae begin ek my meer & meer wend na internasionale web rubrieke & ‘What to do if you’re bored at the office’ saaits aangesien ek dit net nie oor my hart kan kry om sulke tydrowende snert te lees nie.

Hel, ek het nou klaar al die ander goed vergeet wat ek wou sê...gelukkige julle....

O ja...Lekkker ou Rian van Kyknet is gay – mooi man, ek het daai 1 nie sien kom nie...
& hy noem dat sy pa dit aanvaar het – hy het dit blykbaar aan sy pa genoem terwyl hulle by ’n resturant was & sy pa het net na hom gekyk & gesê ‘Pass die chips’.
Rian, jou pa het gemaak of hy jou nie hoor nie jou ‘blêrrie fool’. & dit beteken dat hy dit nie smaak nie.

Wat vir my amusant is; is wat het hom aangevoer om ‘uit die kas te klim ‘ ??
Om eerlik te wees ek kan nie gepla wees nie, ek dink die moffies moet maar saamtrek na die kanarie eilande toe & klaar kry...maar as jy nou ’n e-mail gaan staan & tik & dit na Rapport se Hoof Redakteur toe stuur sommer uit die bloute uit sodat die hele land moet weet jy is gay ??? Rian – Het jy nou weer in Sipho se dagga tuin ingeklim oubaas ??

Dan die hoeveelheid Bloubul grappies & dies meer wat deesdae die rondte doen is om van aan die huil te gaan. Hier is ‘n ‘nuwe’ cd van Stefaansie & dan 2 Digterlike kunswerke wat die trane vrylik laat vloei.:

My bloed is steeds BLOU
al hou die cheetahs die beker vir nou!!
Elke leeu, stormpie en haai maak nou 'n helse lawaai.
Selfs kon hulle bokerol vermag,
maar spog net met die cheetah se krag.
Hoor nou die gedonner en gedruis
van die agterbakse wp-gespuis!!
Skielik het elke leeu vergeet,
uit watter rugby-bak hy vreet.
Elke sot van 'n diepsee haai,
staan nou tou om saam met 'n cheetah te braai WEN OF VERLOOR-
MY BLOED BLY BLOU

& toe....

Wen of verloor my bloed bly blou,
Nou stuur ek gedigte vir almal en vir jou.
My pis is bitter, my gemoed is swak,
Die Cheetahs het gewen nou voel ons k@k!
Ek dra 'n wrok, en gee nou al die spanne gas, Want vir drie jaar was ons LUCKY op Loftus gras.
Die haaie, stormpies en die leeus sal wag, Want 2006 gaan hulle weer vir die windgat bulletjies lag.
Elke span vir homself, niemand staan saam!
Dit is net ons selfsugtige blou bloed wat huil, skree en kraam.
Slegte verloorders, van my tot jou,
In ander woorde: " MY BLOED IS STEEDS BLOU!!!!!"

Ouens – die patriotte van julle(soos al die Suid Afrikaners hier wat nou skielik so mal is oor potjie kos & fokkin’ Worsie Visser die donnerse leunaars..) is daar eintlik nou ’n moerse cool saait waar jy na die ou klassieke volkstreffers kan luister, saamsing & basies jou ouma met ’n glimlag kan laat herinner aan die ‘ou dae’ !
Kliek hier vir Blêrkas !!

Wikipedia, ’n Suid Afrikaanse ‘Online’ Ensiklopidee is nou ook in Afrikaans beskikbaar(wel dis eintlik al ’n hele ruk in Afrikaans...dis ek wat nou eers bykom...)
Dis nogals oraait so koekeloer ’n bietjie daarna.

Dan het ek nou die aand ook besluit om uit die kas uit te klim..dis reg ...ek het dit gedoen...kliek hier om op die foto te sien dat dit toe al die tyd ek was...die persoon oor wie julle almal gewonder het...dis reg....ek’s Batman !!!

Vriend Willem het van blog adresse verander & hom onlangs weer ge’update’ – nogals naais met ’n lekker ou jan foto van Die Chip & Willem & sy ‘girl’.
Willem, hoeveel weeg jy nou regtig ???

& dan net om julle te wys: ek werk regtig my gat af elke liewe dag ...maar die tipe 'support' wat ek deesdae verskaf is erg laergraad & laat my begin wonder aan loopbaan veranderinge & dese dinge..
Hier moes ek byvoorbeeld die kliënt se C Hardeskuif 'skoonmaak' aangesien daar geen meer spasie was om haar profiel op te laai nie:
En dan waar ek hom natuurlik 'skoon' gemaak het. & nou wonder jy dalk of my werk my verveel ??

& ek sluit af met ’n grappie wat die keer absoluut niks met Dangerous Dirk Brand iets uit te waai het nie.

'Song' v.d. week: Boerseun van Klopjag
Update v.d week: Willem sin - veral die deel oor die sogenaamde 'hotspot' & sy supercool visvang broek.

P.S: Gabba Balt & Greg het 'n 'online' onderhoud gehad met Annabel van Dontstayin.Com.
Lees 'n bietjie daar ...

No comments: