Friday, November 25, 2005

Prentjies Prentjie Prentjies…

1ste goed 1ste…My ‘Blog’ is nou in Engels beskikbaar vir diegene van julle wat niks uitmaak van kombuisikaans nie…Kliek hier op :
http://2ndlanguage.blogspot.com/

Daar is vandag moer baie wat ek met julle gaan deel so..'strap' vas...gorrel & spoeg uit...
Wiiiiiêêêêêeeeeee...!

Soos die Titel sê gaan daar vandag baie prentjies & fotos in die blog wees van goed wat ek nou al die afgelope 2 weke wou mpos maar dis mos nou Kersfees & almal skarrel & dan was ek ook nou die afgelope naweek in Praag gewees...

So kom ons begin:

Anrie(My sussie) & Monique, haar vriendin, ’n paar jaar gelede.
Ons het my tannie se huis in Rooihuis Kraal opgepas & hulle die oggend daar wakker gemaak...Kom ons lag lekker almal saam...






Anrie(Sussie), Gabba Valuim(regardt) Ek & Niel...Dieselfde naweek maar lekker gekuier...Ek het vir Anrie vertel dat ons gaan Beauty & the Beast kyk by die Imax...wat waar was maar toe ry ons eers verby Dropzone(in Hatfield Square in Pretoria). Ons het die fliek toe net net gemis...








Ek & sussie Lindi(die atleet) in Suid Afrika in April 2005 toe ek saam met haar & haar studente vriende in Hatfield Square gaan kuier het in Pretoria.



Monique & Anrie....Hier sit hulle agter in my 1988 1.3 Poeier Blou Toyota Corolla ...As julle baie mooi kyk sal julle die ‘Club Dropzone






Sticker’ agter in my agterruit sien...









Nog steeds in die 'Square'....Ek & die manne....& ek gooi my beste David Brent van 'The Office' look...








Stef(Lindi se huismaat) & Lindi. Stef is 'n swemmer van formaat...& dis die bal wat van & dit is al...








Ouens...Groot nuus...Met die Smallville episodes wat deesdae relatief grou is het die nuwe Superman Websaait nou 'Online' gegaan...Dit is regtig baie cool !!
Daar is 'n klein voorprent, foto's & baie vidoe's oor hoe hulle die fliek maak...ek kan hoor hoe julle mal gaan van opgewondenheid...
Kliek hier nou: Superman Returns. !!! Ek het daai foto sopas per ongeluk delete -jvd 21/12/05-!!!







Hier is 'n aksie foto van Lindi...Ek dink die foto is op Pilditch Stadion geneem...Heavy cool né ??

& dan 'n foto an 'mwha'...toe ek 3 jaar terug in Randburg(Suid Afrika) gewerk het by Aston Auto.
Ek het dit altyd die maer jare genoem totdat ek hiernatoe gekom het & in die fabrieke begin werk het....

& dan...ons was mos nou in Praag gewees soos ek vroëer aan julle genoem het...

Nou Paag het nou net 1 betekenis vir my = Ontspanningsoord...
Dit was moer naais gewees - ek het dit baie gelaaik - ons het die hele stad plat gestap, baie gesien & geëet & gedrink asof dit uit die mode was...Rolf het 'n lekker stukkie daaroor getik op sy blog
Gaan maak ook gerus 'n draai daar op sy websaait waar hy 'n klomp foto's van Praag opgesit het.

Rolf het die foto ook
geneem...deesdae neem hy alles in swart & wit - hy reken dis cool...Die girl saam met my op die foto is Carol, sy is van Frankryk af & sy het die hotel in Praag vir ons gereel....snaaks genoeg was die hotel se naam Hotel Carol. Dis ook Carol wat my gekry het om my blog te vertaal in Ingels... Net om vir julle te wys watse tipe weer ons daar gehad het.

Baie mense het nou al oor die jare vir my vertel dat ek soos Steve Hofmeyer lyk...which is verkeerd...hy lyk soos ek...
Daar was nou die dag in Pretoria 'n optog of iets waar ou Steve by betrokke was & toe kry ek die fotos & ek dog ek wys dit vir julle. So...
Dis dan nou al amper dit...ek het nog absoluut niks werk gedoen nie...ek werk te veel & te hard het ek besluit - ek moet in elk geval al die boegenoemde nou oortik & op die engelse blog gooi...dit gaan lank vat...

Deesdae is daar baie raase issues weer aan die gang in die werêld. Ons is net 4 mense van Unisys in my kantoor & die een ou het nou so vel papier gevat & die oomblik maak hy 'n merkie langs jou naam as jy enigeiets iets sê wat die algemen werêld as rassisties aanvaar - ons almal vind dit moerse amusant aangesien dit jou net wys watse kleinighede/sêgoed jou in die moeilikheid kan bring.
So gepraat daarvan...kyk ek nou die aand Lethal Weapon 1 op my rekenaar (& ja ek het dit gedownload !!!) & kyk wat sien ek... Kyk mooi na die sticker op die yskas... & jy sien dit aan die einde van die fliek weer !!! & Richard Donner wat die flieks gemaak het het Lethal Weapon 2 gebaseer op Suid Afrikaners wat met Kruger Rande smokkel. Ek dink nie hy laaik ons baie nie...

Gaan loer gerus na die volgende blog van Attie Heunis. Nog 'n Suid Afrikaner in London wat praat oor Swem sensasie Roland Schoeman wat dalk vir sy sport prestasies 'gekoop' gaan word. Gaan loer gerus na wat Attie sê. Ek stem saam met die man want ons moet Suid Afrika op die kaart probeer hou maar aai...Die shjeld hy 'es kla....

O & dan het my nefie nou in kamer ingetrek begin van die week, sy girlfriend het gisteraand ingetrek & ek het nou vir hom werk gekry - ook by Unisys...ek kan sien hoe die donker wolke begin saamtrek...die duiwel alleen weet.

Ouens - ek skiet nou, ek het pizza bestel vir lunch met BBQ wings & ek is honger ...net voor ek gaan, Saint Willem & Rolf praat oor hulle stryd wat vorrtdurend is met die evageslag...gaan lag maar lekker in jou mou hier...:
http://saintwillem.blogspot.com/2005/11/maak-gou-ek-wag-vir-jou.html

http://rolfies.blogspot.com/2005/11/tonight-on-ricki-lake-show-net-vir-jou.html

...& punte vir Rolf wat bietjie ge-update het - sommer 2 !!

Tjeers !!

4 comments:

saintwillem said...

hey buddy, goed om weer 'n posting van jou te sien, ek lag ok in my mou vir jou...maar sal maar eers oor 'n paar jaar vertel, net om die spanning op te bou...snaaks genoeg was my nuwe posting oor ouens wat kak is...ja, en toe lees ek jou blog en besluit ek is een voor jou.

groete

Anonymous said...

Dankie vir die update, kan al amper se dis hoogtyd.

Sorry vir die blou bul ondersteuners maar lyk my soos die blou bul vlae en truie het hulle ook opgehou om grappies te maak. Hier is een wat julle ook dalk kan verstaan.

A man walks into a Doctor’s office. He has a cucumber up his nose, a carrot in his left ear and a banana in his right ear. The man asks the doctor: “What’s wrong with me?” The Doctor replies: “You’re not eating properly.”

Groente

Anonymous

saintwillem said...

eks opsoek na rolf se tellefoon nr. in sa...stuur dit asb asap vir my, my nr. is 0721513059

saintwillem said...

wat is fout met my asap, jou anal BMFG...moeinie my hap nie..as soon as possible...????wat mis ek?