Wednesday, March 15, 2006

Connie & Des - Thnx 4 leaving !

Dis reg, Cornelius & Desiree verlaat ons...uiteindelik!!! Hulle neuk nou weer af na die suide van London toe om vele redes...verskonings -verskonings as jy my vra !!

Ja hulle het hier by 31 Dunbar ingetrek met beloftes dat hulle net vir 2 weke/maande hier gaan bly....

Nodeloos om te sê het hulle gejok...& dis ok, want hulle is toe op die ou end nie so sleg soos wat almal gesê het nie. Inteendeel, moer baie het verander van die klein tydjie wat hulle al hier gebly het.

Die mans in ons huis(wat tot op hede nog hare gehad het) het gratis haar snye by Des ontvang want sy maak uit van haar sny & baie mense(soos Dirk) is nou moeg vir my 'knipper' wat happe sny. Connie weer is 'n man wat ken van vuurmaak....die britse manier!
Hier het ons geen hardekool om te geniet saam met die Klippies & wat nog nie so ons slaan maar oor na palette toe...Connie ken 1 of 2 'saaits' waar hy soms heen gaan & die goed oplaai soos in die ou dae...& ou kan so 'n pallet vir jou brand ?!

Natuurlik het ons ook al vele letterlik geklap geraak hier by die huis ook!!

Hulle was ook saam die aand toe Christo ook weg gegaan het & daar het ons groot gegaan !!

Maar die beste was toe Connie & my neef kerse & wynbokse by Huis 47 'geleen' het:Ons het natuurlik nou die afgelope Sondag(die 12e Maart) by T.G.I Fridays gaan eet & dit was koning !!

Ons het ook van hulle Jack Daniels Hot Wings gehad & dit was seker die lekkerste goed wat ek nog in my lewe gehad het(behalwe as ek dalk eendag met Kate van Lost trou - ek dink sy is lekkerder!)Desiree was bietjie opalala na 2 massiewe flippen Margarita's & toe is ons in die super koue uit om die St. Paddy's Day optog te bekyk.

Ons was 'n paar ure laat asook op die verkeerde plek maar gelukkig genoeg om te sien hoe om soos 'n Ier 1 van hulle tradisionele danse te doen. Maar ons was koud, styf...en onder die invloed so ons het ons self maar ingehou & aanbeweeg van Leicester Square af na Trafalgar Square toe.

Daar was dit bietjie gepak met 'Live bands' en dies meer maar ons was weereens te laat om van daai cool St. Paddies day hoede te kry - demmit !!

Maar dit was 'n heel aangename dag, maar ek reken daai TGI Fridays op Sondae moet 'n instelling word want daai was chow van hoë gehalte kwaliteit !! Genuine !!

So om vir die 2 tjeers vir eers te sê(tot & met oor 2 weke as ons by hulle nuwe tuiste braai) gaan ons weer hierdie naweek 'n braai van formaat hou soos in die: dis reg...Ou Dae !!!

Plek: 31 Dunbar Road, Wood Green, N22 5BG
Tyd: 3 uur sodat julle 5 uur hier kan wees !! Ons kan dalk voor die tyd bietjie gaan bal skop...
Waneer: Die Saterdag - 17 Maart '06
Wat moet ek saam bring Jaco?: Drank(baie !), 'n stukkie vleis, chips & 'n klomp sexy dog enkel & alleen klomp girls !! Baie belangrik...Dit werk soos tolgeld...Hoe meer 'girls' jy bring hoe langer kan jy bly !

Connie & Des gaan bietjie laat wees want hulle arbei bietjie daai dag maar dit gaan virseker 1 spataardige aand wees !!!

2 comments:

Anonymous said...

sorry ou, dis willem...ek gat nie die party maak nie...want enige single girls wat ek ken, hou ek vir myselfwers...lees jy nog my blog, lees enigeiemand nog iets...ek blog en blog en lyk my net ek lees die stront...ai

saintwillem said...

niemand lees meer my blog nie? het ekke mense afgesit? lees hul net as hul kan hoor hoe ek lei en kripeer sonder my ex? kan hul nie bietjie sonlig lees in my blog nie? kan hul nie net lees, en happy wees vir my nie?...nee, dis mos lekker as iemand anders moan...anders lees ons nie....

spot net...

lekker dag verder