Tuesday, March 07, 2006

Imini emandi kuwe!

Yes !!!

1ste dinge 1ste:
1. Vandag se blog gaan uit na my jongste suster Juané wat gister, die 6de Maart, 15 geword het!
2. Ek is besig om my gat liederlik te sien met die Super 14 game(Karma pappa, Karma)
3. Vandag(die 7de Maart) is neef Ludorf se verjaarsdag.
4. Ek is besig om my gat liederlik te sien met die Super 14 game...

1. So Juané het nou gister 15 geword- sy kom juis nou einde van die maand(Maart) vir so 3 weke hier by my kuier so sy is al amper op die 'legal drinking age' - volgens haar ...ek kan maar net hoop my ma lees dit nie.

Juane, ek & Lindi by Anrie se troue.

Juané is die jongste van al 4 ons kinders, Sy is ook 10 jaar jonger as ek. Hierdie foto is natuurlik ook by Anrie se toue geneem waar ek & Juane saam met van die ander gaste bietjie mielies gegooi het & rondgespring het asof ons 15 is...

Behalwe dat sy toe 14 was...& ek 24...

Sy speel ook deesdae kranig op die dromme & Love Avril Lavigne, Blink 182 & Good Charlotte asook die deesdae omstrede Fokof Polisiekar.

Sy speel Tony Hawk op die PS2 & die Xbox soos in die ou dae & het my al menigmaal op my neus laat kyk maar dan moet ek ook eerlik waar erken dat dit nie te moeilik is nie...

Sy het nou die dag ook DVD's & T-Shirts gewen waar sy ingeskryf het vir 'n Lords of Dogtown kompetesie & so waar as wragtig gewen het. Sy het natuurlik die T-Shirts vir haar boetie gegee want hulle was effe groot.


Hierdie is 'n Welkom terug teken wat sy Juané vir my gemaak het toe ek terug was SA toe laas keer - baie Cool !! Hierdie foto is nog daai selfde dag geneem ...moerse cool...& ek het my oog op al julle single ou mans daar buite...want almal wat ek ken is al oor 23 & enkel...van julle nader nou al 30...julle weet wie julle is... Hier is Juané in ons ouers se agtertuin in Pretoria...saam ons 2 Jack Russels wat onderskeidelik Klippies & Martell genoem word...dis reg, soos in Brandewyn...& Juané se T-Hemp sê dit alles...

Ja nee, lekker oorgewig...(ek praat nou hier van my natuurlik)..

Ek dink my pas se kamera het so snaakse filter op gehad of iets..seker om hom te beskerm teen die Afrika son of iets...

Gaan loer gerus na haar blog by : http://girlihatepeople.blogspot.com/
Sy update hom net nooit nie...

Dan die neef het ook mos nou vandag sy verjaarsdag... Ek hoop nie hy gee om dat ek sy foto van sy saait af ge'leen' het nie.. Ludorf het vandag enige iets van 26 tot 28 geword..
Gaan koekeloer bietjie na sy bedrywighede by: http://spaces.msn.com/lmk143/photos/

Dan...ag ek huil sommer snot & trane ...ek is van posisie 12 af na ek dink 45 met my Super 14 'Fantasy Football' storie...dit gebeur as jy jou gabbas hap....die week sal ek moet try & 'improve' soos net brielie kan anners gaan daar sterre wees...

Ook sal julle nou in die regterkantste aansig net onder 'Links' & net bo argiewe 'n klein wereld kaart sien. Die kaart wys jou van waar mense reg oor die wereld na my blog kyk...tot en met hierdie skrywe was dit nog net ek gewees...yay....snik....

Ek nog moer baie om te se maar ek is ordentlik besig vandag dus sal ek vanaand weer try...sien later..

Janneman...enkel & alleen...

P.S. Vandag se Titel is Xhosa vir Veels Geluk met jou verjaarsdag & tatarataa !!..
'n video van hoe my sussa die dromme speel:

1 comment:

Eddy said...

Dit klaar nou 'n hele lot vrae op, thanks ou.