Tuesday, May 23, 2006

Die lang pad huis toe...

Yebo...fok weet die hoeveelheid 'drafts' wat ek het...ek moet net leer om goed klaar te maak - maar dis vir later:

Vandag begin ek amptelik & offisieël aansoek doen vir my nuwe paspoort - myne is weg.
Ek dink die ding het dalk in my asblik beland omrede my kamer 9 uit 10 keer soos 'n hoernes kan lyk...dis gebeurlik.

So ek het vanoggend omstreeks 8:45 'n e-pos aan my 'supervisor' gestuur & gevra of ek Vrydag(26 Mei '06) verlof kan vat om aansoek te doen vir die ding. Dit klink 'dodgy' vir 'n Vrydag maar die ouens maak 8:45 oop so as ek al 7 uur begint te 'qeue' dan kan ek 'lunch' tyd al op pad wees om 'n kaas & ham toeba te verslind - jy maak uit?

My 'supervisor' het gesê dis 100, maar hy weet nie of die ander 2 'supervisors' gaan kopknik in dieselle rigting nie omrede dié 'n 'bank holiday weekend' is, betekende 'n langnaweek.

9:20 So...daar stuur ek nou net die verlof versoek in ons kyk wat gebeur...

Maar om julle net bietjie in te lig oor hoe die oefening werk:

1. Jy mag net 1 kry as jy ouer is as 16 - tjek.
2. Jy mag net 1 kry as jy nie 1 het nie, joune gesteel of stukkend is of as jy nog nooit 1 gehad het nie(?!) - tjek.
3. Jy kan hin Maxi 1 kry vir £26 ...dan kan jy baie travel...want hy is dikker as 'triple ply' toilet papier.

Nou vra jy jouself seker: " Nou Jaco...Wat nou?".

- Jy kan alles pos of net by hulle kantoor in stap maar...maak seker jy het die regte adres het want as jy dit fokkin' waag om by die Suid Afrika huis in Trafalgar Square in te stap gaan daai tannie met die brilletjies vir jou 'n pk van formaat gee - ek sweer.
Sy lyk fokol lus vir enige iets en het al self kaarte ge'print' om vir die verlore siele die regte pad aan te dui.... Nou die dag amper met brielie gebeur...

- Hulle sê ook dat jy maklik so 1-3 ure daar binne kan wees - ek 'bargain' op ten minste 5...

- Die laaste punt beteken fokol maar hulle eindig dit wel met: " Help us to help you"...*sug*..
Hier wil ek net sê dat dit vir vir my lekker was om vir julle te kon skryf want die duiwel alleen weet waneer ek weer die kans gaan kry.

9:55 Nou net my verlof aansoek terug gekry & hulle het gesê die kwaai - ek kan maar walla Vrydag.

Nou het ons darem al iewers gekom, volgende moet ons weet wat verwag ons ambassade van ons want op die staduim het brielie fokol verwagtinge...:

Alles moet in swart in gedoen word.."I only vant to hear one click...CLICK".
(Grappie met 'n duiste aksent & dan die click want jy kry Bic Click pen...ag fok los dit...)

a. Vorm Bl-73 moet helemal voltooi word(in swart)...
b. Vorm Bl-9 moet ook helemal voltooi word(Maar o maagkramp - daar is nie 'n link vir die vorm op die websaait nie so wat nou!?)

O wag, daar sê hulle nou jy kan hom nie 'download' nie - jy moet ingaan om hom te kry dus...hoekom doen jy nou maar nie alles daar nie aangesien jy in elk geval 3-5 ure gaan vat om net vorm Bl-9 te kry...fok die pos ding, gaan 'qeue' maar...
Lekker - jy wil mos...

Nou kan julle sê ja maar vorm Bl-9 is vir vinger afdrukke Jaco - moenie onosel wees nie, vir julle wil ek net sê...maak soos Beesk@k...

c. Vorm Bl-529 moet ook ingevul word(helemal & ook in swart)..jy kan hom darem nou ook 'download'.

Ag kak...daar lees ek nou net dat ek hin polisie vorm getiteld CMO 217 moet saam vat(omlat hy weg/gesteel of dalk net per abuis weg-gegooi is - jy weet...ek beskuit myself sommer van woede...dank vader ou Ian wat saam my werk weet van 'n Bobbie Stasie om die hoek(ek wonder hoe hy van die plek weet?) & hy het gesê hy sal my soontoe vat - 'sweet'.

d. O..ha ha..snaaks...hulle wil kopieë het van my I.D ook hê....wel dit gaan nie gebeur nie...die ding het ek al 3 jaar terug iewers in 'n aartappel fabriek iewers in die noorde van Engeland verloor...jy fokkin weet né...

Soos met alle Afrika gebaseerde dinge is daar geld wat hande moet verwissel...
Nou onthou julle daai Maxi paspoort waarvan ek vroeër vertel het wat jou £26 skille gaan kos?
Wel...Daai prys is die'one-time only' prys....vir alles...forever...

Nou hier kom die bal kraker...Die tydsduur van hierdie oefening is 4 maande, let wel dat Suid Afrika mos nou uit die papier uit gehardloop het waarop hulle paspoorte druk..
Kom ons lag nou almal saam...

Dan as hulle nou 1 dag jou paspport gaan ontvang stuur hulle vir jou 'n poskaart om jou te laat weet...: "Eish, hy es hie.."

Dis dit vir nou - ek sal julle laat weet wat verder gebeur...

4 comments:

Anonymous said...

Veel succes, Jaco. Ik begrijp dit sal nog 'n bietjie duur voordat jy ons kan kom besoek.

saintwillem said...

hehe, so wanneer deport hulle jou...kan nie wag nie!!! hoekom koop jy nie vir jou 'n fake een op die straat hoek en speel mission impossible 4 nie...al wat jy nodig het is shades...jy weet mos

Eddy said...

Briel, jou op kak praat en stront aanjaag. blog weer vir 'n slag.

Natasja said...

Ek het gisteraand my man se paspoort gewas (dit was in sy broeksak). Die ding is in flarde en sy werkpermit ook. Het vandag die BI-9 vorm gaan optel by daai useless konsulaat plek. Het jy al gegaan om papierwerk in te gee?