Thursday, July 27, 2006

Dag 4 3 Suid Afrikaners verdwaal in 'n bos...

-18-07-06-

...& net hulle kamera's word gevind...

Voor 5:30 is ons op, tente & slaapsakke weggepak & net na 6:00 is ons oppie pad.
Ons het wraggies getrap soos nog nooit tevore nie. Dit het heel goed gegaan want dit was meestal stroomaf langs 'n rivier. Ook moet ek noem dat ek & Barbara die vorige dag 'n topspoed van 97Km teen die berg af gehaal het by Buriton..kwaliteit !!!

Ons het teen die tyd ook nou al verskeie gebiede beleef. Ons het 2 'Ferry's' gevang & uitgevind dat dit die warmste dag nog in die Engelse geskiedenis was - 36° !!

Ons het New Forest deur die loop van die middag bereik & deur die woud gery waar ons toe die nag in 1 van die karavaan parke op die woud se grens oornag het naby Brockenhurst.

'n Kakkerige dag gehad so die blog is maar relatief kort...

No comments: