Wednesday, September 06, 2006

Agter elke man...Is daar 'n sterker vrou...

Vandag se blog gaan uit na my amper aangetroude niggie(as Ludorf nou net 1 dag sy vinger uit sy hol wil trek..) Melanie.
Sy is 'n rots.
Die afgelope tyd bietjie issues gehad om deur te werk...
Soos die gawe mense van Tukkies...

Blyk my ek het nooit vrystelling gehad om te gaan studeernie(wat moontlik is aangesien ek nou nooit juis jou top tipe A Klas kandidaat was nie)...

Maar die klomp het in my Matriek jaar selfs vir my 'n brief gestuur & gesê ek is welkom om daar te gaan studeer & hulle sal my met ope arms verwelkom(ek dink dit kan dalk wees omdat ek nogals half oraait was met die atletiek & onderhoofseun vir sport was...hou op lag - dit het regtig gebeur !!).

Maar nou, 6 jaar later...wel nou skielik sê hulle nee....alhoewel my M Telling hulle verwagtinge oorskry het sê hulle nee, niks eers van 'n vrystelling toets of niks nie...net flippin' nee!

Nou is ons maar besig om te hoor wat die Technikon sê oftewel T.U.T....maar die fok weet want ek weet nie meer nie...ek gaan nie nou alles vertel nie want daar is nie genoeg ure in die dag nie.

O -ja, die komiek daar bo kom van Cyanide & Happiness af..
Maar dit kan soms blasfemies wees so wees versigtig...


Liedjie vir die dag:

Prime Circle -Just a Nurse

No comments: