Friday, September 08, 2006

Harrison Ford raak nou oud..Driaan ook..

So...

Dis Vrydag - die son skyn so bietjie(die naweek lyk belowend) & ek sit agter my lessenaar & probeer wegskram van enige werk wat na my kant toe kan kom...genuine enuine...
Probeer selfs skelm na daai nuwe Backstreet Boys album luister oor die internet.

So...

Ek is ietwat verveeld & ek & skoon nig Melanie praat op MSN oor al die onnodige goed daar buite sodat julle dit nie hoef te doen nie...dis nou maar wors..

Gister 'n moerse cool boek klaar gelees....War of the Flowers deur Tad Williams.
Ou Tad is 'n gawe ou jan, hy het 'n reeks boeke geskryf met baie verwysings na Suid Afrika. Hy het ook baie ondersoek gedoen oor die Boesmans & alhoewel ek nou nie dié boeke al gelees het nie reken ek dis cool - want boesmans is oor die algemeen cool...almal weet dit?!

Dan is daar weer feesviering in die lug...Adriaan le Roux(beter bekend onder sommige van julle dalk as Driaan) verjaar ...ek dink hy verjaar dalk more...
Elk geval hy hou 1 standaard kuier sessie by sy woning waar ons gaan rugby kyk & wonder of daar genoeg drank in die koelboks is...soos ek voorheen genoem het lyk dit of die weer gaan saamspeel so die gunne is gelaai & ons is reg vir aksie!!

Driaan besig om alkoholiese vloeistowwe op te gaar !

Ek het gisteraand Firewall van ou Harrison Ford klaar gekyk na die 3de probeerslag...ja..
Ek wil nou niks 'spoil' nie maar...die einde is vir my bietjie oordoen met betrekking hoe Harrison alles eindig want in realiteit sal hy effe diep in die moeilikheid wees & in die tjoekie baie nuwe 'vriende' maak...

Dis redelik dit...

Ek het ook vandag geleer dat jy nie mt jou nefie se meisie speletjies moet speel oor ander girls & haar kleure nie...jy kan dalk vir jou neef 'n moeilike naweek organiseer sonder sy mede wete....

Liedjies virrie naweek: Sia - Breathe Me
& Orbital - Enigeiets van hulle(ek weet nog nie hoe werk my nuwe Mp3 Player nie dus spoor ek nou nie daai liedjie op nie - sorry boys..)



No comments: