Wednesday, July 04, 2007

No Hurry in Africa ...

Die opskrif is van 'n plakker af wat ek gister op 1 of ander ou se Landie(Ja Rolf - 'n Landie is 'n Land Rover) gesien het.


Ek is ook op soek na lekker Mountain Biking Trails in & om Pretoria...Mail vir Steve & laat my weet - jy is mos 'n goeie mens...


Gisteraand 'n nagmerrie gehad eers van Warcraft 3, vir 'n ou van 26 raak ek maklik bang in my slaap, weereens 'n bewys dat games sleg is vir jou & toe oor studente tjomma Johan wat my probeer inhardloop met sy kort bene terwyl ek vir hom weg jaag in sy eie kar.

Nou ek kan verstaan hoe dit julle laat dink dat ek 'n gevoelose mens is wat met ander se voertuie wegjaag...maar hy het my probeer skiet. Anyways ek het sy kar laat rol ...bo-oor hom!


Dis dalk die drugs wat praat...


Laastens maar nie die minste nie:


As jy reken jy is 'n goeie vriend van my & dat jy baie graag jou vriendskap vir my wil betwoon asook bevestig of dalk die vriendskap wil virbeter & wil verder vat sal jy sonder enige huiwer met volle vaart weg spring & vir my 1 van die volgende aanskaf:


Die iPhone - Vir jou enigste ware vriend - click op sy link HIER & as jy met die 'scroll bar' aan die regterkant af beweeg tot onder sal jy die opsie vind getiteld: Buy Online.
Moenie worry nie - hier is sommer die direkte skakel: Kliek My
& ja dankie - Ek sal natuurlik met graagte die 8GB model vat - thanks...

No comments: