Monday, September 17, 2007

Donnerse Suid Afrika

Geen wonder FOKOFPOLISIEKAR se een liedjie heet : Brand Suid Afrika nie.

Natasja van Living Our Dream het die video opgespoor wat 'n oog oopmaker is:



Net vandag het ek my gat liederlik vir my kamera man Johan gewip...& toe sit ek ook nog in 4 uur die middag se verkeer vas.

Hoekom...dis reg ...fokkin' hoekom?

Vandat ek in Desember in Suid Afrika geland het werk hulle nou al aan Zambesi rylaan. Dis nou al amper Oktober. & elke keer as jy stop spring daar 'n swart ou van iewers uit wat jou kar se venster begin was. Kyk daai UNO vesnter is vuil - Juane my sussie was saam my in die voertuig & sal dit beaam maar...Ek wil nie he iemand anders moet die kar was nie want ek het nie geld by my om die persoon te vergoed nie.

Natuurlik het ek my humeur verloor, my sitplek gordel afgeruk & die man amper aangerand...gelukkig het hy terug gestaan...

Ek was in my lewe nog nooit so aggresief woedend nie...ek wou fokkin' moord pleeg.
Ek het nog 1 video taak oor vir die jaar. Ek moet 'n dokumenter maak.
Ek het besluit om 1 te maak gebaseer op die volgende:
Ek was vir net oor die 4 jaar uit Suid Afrika.
Nou is ek terug.
Wat het verander & is dit positief/negatief.

Ook gaan ek met al die mense praat wat in die straat staan & werk vanaf my huis tot by die Technikon & my vrae aan hulle gaan wees:Wat se positiewe/negatiewe vernaderinge het die Nuwe Suid Afrika vir voortgebring sedert die val van Apartheid.

Let wel...die gaan subjektief wees - Ek praat nie apartheid goed nie, moenie my verkeerd verstaan nie, Ek is 'n 100% daar vir diversiteit & integrasie.

My punt wat ek wil bewerkstellig is een waarvan almal bewus is & dit is: Waar die fok is ons Staats amptenare ...& wat doen hulle nou eintlik.

Die mense wat ek gaan ondervrae is beide blank & swart.
Die bogenoemde advertensie maak my eintlik die moer in want Apartheid is al meer as 'n dekade terug verby...So wie wil hulle nou blameer met daai video & wat probeer hulle nou eintlik se...

& net vir die rekord, daar is al 4 keer die jaar by ons karre ingebreek...
My 1 tjommie se kar is voor ons huis gesteel...darem terug gekry
My kar radio is gesteel & my pa het die ou in my kar gevang...maar hy het weggekom
2 keer in my sussie se kar...niks gesteel nie want daar is niks om te steel nie...
Laas week 2 uur die middag 'n outjie in Menlyn se parkeer area in sy eie kar ontvoer..wtf?!

Ek is nog nie eers 'n jaar terug nie...

1 comment:

Anonymous said...

Nice video daai.