Thursday, September 15, 2005

A Day Without Jaco Is Like A Day Without Sunshine.


Dag sê !

Vanoggend het ek by die busstop in Turnpike Lane aangekom, vroeg soos altyd terwyl dit neerpis met die reen. Staan daar & wag vir die Nr. 41 Bus wat my al die pad Archway Stasie toe vat aangesien dit die plek is waar ek deesdae werk.
Maar die 1ste bus kom & hy is oorvol met die donderse skoolkinders wat te fokkin' ly is om vir 15 minute te stap na hulle donnerse skool toe. & Hel kan hulle raas, vloek, skree & kakpraat - ek haat hulle, hulle het geen dissipline nie & hulle is arrogant & moerse parmantig..fokkers! Probleem is dat as dit reen gaan die paaie besig wees & die busse gepak wees want almal reën mos nou nat. Ek weet nie of julle dit agterkom nie maar ek tjank al klaar.

Ek besluit toe fok dit ek stap. Ek moet dalk noem dat dit nou 8 uur(15 Sept.) die oggend was toe dit gebeur het & ek moet 8:30 by die werk wees.
Ek besluit toe om maar solank aan te stap want 4/5 stasies later klim die skoolkinders af & dan kan ek op die bus klim wat na kotz ruik & 5min vroëer by die werk aankom.

Toe nou nie...

Ouens terwyl dit nog steeds reen, stap ek toe nou maar al die pad werk toe & 200m van my gebou af trek die 1ste bus eers verby my. Ek stap 8:40 by die kantoor in.

& Ek dog die Britte is georganiseerd - fok weet - dit is al hierdie 'Asyluim Seekers' & onwettige immigrante wat my so die moer in maak, hulle is net hier om geld te maak wat hulle nie eers doen nie maar hulle het geen donnerse trots nie, nee inteendeel...hoe meer/harder hulle kan vloek & skel hoe beter & hoe meer mense hulle kan afpis(soos die uwe) hoe lekkerder slaap hulle in die aande. & hulle is gewoonlik die busdrywers....
Bliksems.
Dus het ek glad nie sleg gevoel toe ek vir my 'n 'English Breakfast' kry nie(sien ek dieet mos) & dié getand op my tyd....

Dan op 'n lekker ou jan tjeers pappa noot...

Mark Keohane is 1 van Suid Afrika se beter sport verslag gewers wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hy het nou onlangs op Mweb se sport blad oor Kevin Pietersen berig wat nou vir Engeland krieket speel.
Die flippin' Engelse het mos nou die 'Ashes' gewen(die krieket toernooi waar hulle 'n ou klei ding vol as wen...gaan groot ouens, gaan groot) & hulle wil graag dink dat dit is omrede ou Kev' 'n groot bydrae gelewer het.
Ouens ou Mark se berig kan hier gelees word :

http://www.mweb.co.za/hubs/news/columnistarticle.aspx?articleid=36650

Ek stem 110% saam met Mark - Kevin is 'n poepol, in gister se Metro koerant is daar 4/5 bladsye toegewy aan dié toernooi & vriend Kev' is amper op elke foto. & Op 2 van die het dié man 'n 'n bottel/glas drank van formaat in die hand & lyk hy soos Bullit (wat nou my kamermaat is) in die oggende..'heavy' muf!!
Nou ek kan hoor hoe julle sê :" Ja maar hy het die game vir hulle gewen & almal hou van 'n bier nou & dan & kom by & hou op 'moan'".
Wat julle dalk nie weet nie is dat hy 5 minute later die Britse 1ste Premier, Tony Blair, moes ontmoet het
& ook dat die engelse media in elke 2de sin ook noem hoe vriend Kev' 'n Suid Afrikaner is.
Mooi so Kevin, hou ons naam hoog.

Anrie & Fré is dan nou weer terug in Holland alhoewel ek hoor dat sy tannie Annamarie van Switzerland saam haar dogter nou weer in SA by my ouers gaan kuier. Ja nee, die familie is nou groot. Lindie het dan nou ook gespring soos die masjien wat sy is in Tuniësie(alhowel ek almal gemail het wat ek ken so teen die tyd behoort almal te weet watse goeie atleet my sussie is!) & gewen, Bullit het nou ingtrek want daar trek vandag 'n 'paartjie' in ons huis in(ons weet nie of dit skewe ouens is of wat nie...sal maar vanaand sien as ek daar aankom) die flippen droogskoonmaker het nie my klere gisteraand reg gehad nie nou moet ek met my Unisys Golf hempie werk maar die donnerse ding span so styf om my pens dat ek maar die heeltyd agter my lessenaar wegkruip.

Dit is op die oomblik moerse bewolk buite, ek sit nou in 'n lekker groot kantoor langs 'n moerse venster waarvandaan ek al die 'druggies' kan waarneem asook die standaard inbrake & kapings. As die son die dag helder skyn kan jy selfs die spuitnaalde op die konkruit sien lê...

Oor 3 weke is dit die Nike 10K hier waar almal wat nie lekker is nie £32 betaal om 10Km te gaan draf. Jy kry darem 'n hempie met 'n nommer op.
Nou laasjaar het ons dit net oor die 50 minute gevat maar ek & Dirk(Dirk is mos van Mosselbaai...of Kempton of iets) oefen nou al 3 weke kliphard & ek glo ons gaan die sub 40 minute kan doen hierdie jaar - ek het bietjie 'shin-splits' nou begin opdoen so ek pie so bietjie bloed terwyl ek draf maar 'no pain - no gain'.

Ons sal julle laat weet wat gebeur...

Verder werk ek vir 'n vernadering my Gee Ahh Tee af want hier in Archway(beter bekend as Beirut aan sommiges) omrede ek die enigste Unisys uhhh...Kug..tegnikus....uggghhmmm... is dus moet ek alles doen terwyl ek moet 'porn' download & games speel & onbenullige lang leesstukke tik.
Dis moeilik...
Die dat ek nie tyd kry om vir almal altyd individueel te tik nie(ek doen wel maar dit vat net vir ewig & ewig & ewig) - ek weet, as ek net bietjie minder werk sal ek dalk meer tyd hê maar dit gaan beteken dat ek 'n halfuur uit my 1 & 'n 1/2 uur 'lunch' gaan moet sny - & ek kan net nie sien dat dit die moeite werd gaan wees nie.

Ek is besig om die foto's van Anrie & Fré se troue te photoshop(my bleskolle bietjie toe te maak) & dan sal ek dit op 1 of ander websaait sit.

So sterkte met julle dag...gooi mielies..
En ek sluit af met die volgende :

"Tonight, Let it be a Jaco..."

...julle weet wat ek sê...

Jaco

P.S. - Hier is 'n foto van Brett, Rolf (huismaats) & ek op berg Travan in Wallis as jy die agtergrond sien sal jy besef hoe hoog ons eintlik is... (Dis 'n moerse foto so dit mag 'n ruk vat om te laai!)

No comments: