Wednesday, October 12, 2005

Leuens leuens leuens ...

Vandag is ek jammer maar ek gee absoluut net mooi glad nie om hoe dit met jou, jou kat of daai donnerse hamster van jou gaan nie. Inteendeel - as jy nou 'n vissie gehad het dalk maar aangesien almal deesdae maak asof hulle alles van flippin' visse af weet gee ek nie 'n moer om nie.
Leuenaars...

Wadde fok...vertel my om vadersnaam wat is die storie met met 'Vampires', Zombies & Ebola apies ??? As die goed jou byt is daar alewig net 1 persoon wat jou kan red & hy werk in Tajikastan waar die serum net 1 keer in 5000 jaar 'reg' werk...met volmaan..
& dan kan 'Vampires' skielik Kung Foo doen, niemand kan skielik vir 'n fokkin' zombie weghardloop nie(die duiwel aleen weet) & natuurlik is dit normaal om koekies vir 'n bos aap te gee & as hy jou byt niks daaraan te doen nie..
Alles leuens...

& wat van die prokureers drama wat hom nou afspeel in Suid Afrika? Advokaat 'Barbie' wat nou haar borste gaan kleiner maak het(hoekom?!) & nou saam met 'n getroude dominee in die beskuldigde bankie sit...ek dog mense begin eers weer 'glo' in die tronk...
& toe gaan die predikantjie & saam met 4 van sy kerk gabbas en hulle stuur 'n skrywe uit aan die media wat verduidelik dat hy haar(Cezanne Visser) die geestelike & morele onderstuening gee wat sy nodig het...Ek is seker ...
Leuenaar ...hel gaan warm wees...

& asof dit nou nie genoeg is nie mag die staat nou wettiglik begin plase vat....ouens & ek lees laas week op die BBC se websaait dat hulle(SA goewerment) se dat hulle blykbaar Zimbabwe om hulp gaan vra...gaan groot ouens - gaan groot..

Ek het 'n paar jaar terug met 'n kennis gesels oor hoe sy pa 'n moerse stuk land verloor het(voor die nuwe bedeling nogals) omrede hy 'n 'Gentlemans Agreement' of dan nou 'n mondelingse kontrak met die boer gehad het. Toe die staat nou 'n paar jaar later begin papier werk vra kon die kennis se pa natuurlik niks bewys nie & is sy grond gevat.
Ek dink hy moet nou maar ook probeer aanspraak maak op sy grond aangesien geen moer op die oomblik enige fisiese bewys oor enige grondbesit het nie...
Weer Leuens...

& asof dit nie erg genoeg is nie - ek kyk vandag 1 van my Casper de Vries DVD's, hy noem dat daar 1 van ons nie-blanke amptenare gevra is waarom daar nog so baie moorde ens. in die land is. Die amptenaar se antwoord? Gaan terug na 1652.
& Casper se toe dat as sy onderwyser hom moes vra waarom sy huiswerk nie gedoen is nie dan sou hy bloot geantw. het dat sy maar moet terug gaan na 1967 toe - die nag toe hy ontvang is.

& waddefok ne ??? As jy nie van publieke transport gebruik maak nie of alleen ry moet jy nou 'n ekstra 'belasting' betaal - waar die fok het jy nou al van hierdie tipe stront gehoor ?
Hier in London het hulle 'n sisteem waar jy in sentraal London 'n kongestie fooi('congestion charge' - lekker anglisisme ek weet) betaal. Laas jaar was dit £5, nou is dit £8..£8 pond!!
Weet julle hoe baie is £8 pond ??

Nou vrae ek myself af of hulle nog van plan is om daai moerse gay tolpad van Pta na Jozie toe te bou ?
Fokkin lekker geld vir al daai amptenare se sakke...lekker 'Chickaan Lickaan' elke 'lunch hour' ne ?!
Sit daai 2 totale bymekaar & dit kos jou defnitief meer as jou petrol geld soontoe..

Nee ek dink ook jy moet maar Taxi kap pappa....
Kanse is goed dat jy sal doodgaan van armoede voor jy doodgaan aan onveilige Taxi bestuurders & toestande..
& dit maak nie saak waarvoor hulle se die geld gaan nie want ons weet hulle is donnerse: Leuenaars !!!


Was vandag siek by die huis & dit verveel my moer toe...maar ek werk met buitelanders(hier begin ek alweer) wat perfekte engels praat maar so dom soos fokkin' grond is...& ouens - dit maak seer...regtig...
Weet julle - haat is dalk 'n 'sterk' term om te gebruik maar jy weet...sekere dae ne..
& hulle bliksems luister nie !! As jy my nie verstaan nie omdat my R'e rol fokkin' vra my weer maar as ek more weer na die selfde kak op jou rekenaar moet kom kyk omdat jy 'n volslae idioot is gaan ek jou rekenaar se 'Ram 'steel - het jy my ?!!

So ek maak toe die noodlottige fout deur in die bed te bly & saam met Bullit 'Smokey & the Bandit' te kyk...1, 2 & 3....my retina's is weg...soos in nerens...

Darem is daar 'boobs' n nommer 3 maar nog steeds...ongeveer op 55 minute & 50 sekondes...van daar af is die fliek die moeite werd...


Ek kyk nou saam met ou Dangerous Dirk(die ou van Mosselbaai of iewers) Lord of the Rings nommer 3, Gollum het nou net in die donker gat afgeval...nee, dis nou eers in die middel van die fliek so hy gaan nou nou terug wees - ek haat vir Gollum...
Hy is 'n leuenaar...

Daar kak Frodo nou net...naais...flippen moffie...

& wat is die storie met vrouens & kos...die afgelope naweek het ons Rolf & Connie se Sondag middag braai gehad..lekker gewees - al die veld was vrolik kan jy se...
Nr. 47 se girls was ook hier wat altyd lekker is..rerig lekker...& toe begin hulle moan & kla hulle is honger...nou regtig ouens...vroumense weet hoe om dit uit my uit te kry...toe ek weer sien is ek op ons stoof in 'n klein braai pan besig om vinger aflek lekker tjops te maak terwyl die mans buite by 'n vuur staan groter as enige Hillbrow straat drom vuur wat jy nog gesien het...& hulle is om my & ek kry soene & drukkies & 1 of 2 knyp selfs my boud(alhoewel ek Dink dat dit dalk Dirk was). Maar toe die kos klaar is verdwyn hulle...& hier voel Jakkie Plakkie nou weer gebruik soos in die ou dae...ma, ek het ook gedink daar kan dalk die keer 'n skoondogter wees maar toe nou nie.

Ek laat my laptop deesdae oortyd werk tot ons die rekenaar aan die werk kry, die van julle wat met my gereeld op MSN praat ens, ek gebruik nie meer my werksrekenaar nie - daar is 'issues'. Tot tyd & wyl sal ek soveel as moontlik e-mails begin opvang van my laptop af aangesien ek werklikwaar nie kans kry by die kantoor nie...sorry...

Deesdae se kykvermaak bestaan uit die volgende kwaliteit televisie reekse:
Smallville & Lost,
Smallville se reeks 5 lyk belowend so ver, Lost skop gat oraloor.
Ek is besig om Desperate Housewives reeks 2 te download asook die amerikaanse weergawe van THE Office...
Sal julle laat weet wat gebeur...

Daar het Legolas nou net die Olifant doodgemaak...WWF sal hierop attent gemaak moet word!

Ouens, regs bo is 'n link na Rolf se Blog toe - kliek op hom & vra hom hoekom hy dit in Engels doen - hy het ook 'n link na sy websaait toe waar jy deur 567478 miljoen foto's kan 'surf' - erg vervelig ek weet maar beter as daai bmw websaait wat jy elke lunchtyd deurkyk terwyl jy weet al jou geld in tolpaaie & kak belastings moet ingaan & jy in elk geval nooit daai kar sal kan bekostig nie.

Sy verjaarsdag van foto's van die afgelope naweek is ook daarop, sterkte...gooi vir jou 'n groot glas met rooi koeldrank in & kry 'n sak Simba chippies wat dit kan net lank vat...

Kliek hier vir GROOT plesier - & kyk asb die Intro - die Intro is Koning !!!
Doen dit nou !!!!

Naais ...daar kak Gollum nou net...

& daar sit Dirk oor op Sky Channel 114: Sexcetera...hoop sy ma lees dit..

Movie for the week: Net nie fokkin' Smokey nie...
Song for the week: Henry Ate - Life
Tv Episode : Laasweek se Smallville

& dan sluit ek af met hierdie woorde van Ellen Degeneres : In the beginning there was nothing. God said, 'Let there be light!' And there was light. There was still nothing, but you could see it a whole lot better.

Tjeers

No comments: