Tuesday, January 17, 2006

Terugkeer van die Rolf..

So baie goed het nou al gebeur vandat ek die engelse ekwivalent gisteraand gepubliseer het - ons een server het nou net ge'crash' omrede iemand nie al die kragdrade behoorlik ingedruk het nie - fokkit.

Elk geval die oorspronklike dinge...Hier is 'n paar fotos & prentjies wat ek net moes deel.

O ..& Rolf is nou weer terug - ongelukkig - toe hy gisteroggend klop het ek getry om in my beste Arabiese aksent te praat & te maak asof ons nie meer daar bly nie...ongelukkig het dit toe nie gewerk nie...dêmmit...

Ons kan maar net hoop dat hy binnekort bietjie sy blog weer bietjie 'update'.


Niel het sy kar Sondag gestamp oppad kerk toe - wys jou net ...

Hy het nie die stilstaande geparkeerde voertuig langs die pad sien staan nie - ons het dié ook glad nie sien kom nie...


Niel is okei maar sy kniee trek amps aangesien hy met die 'dashboard' op sy skoot geeindig het...
Niel reken hy het so 30 myl per uur gery wat hom ongeveer teen 50-55km/h laat beweeg het. Soos vroeer genoem was die ander voertuig stilstaande.

& dis hoe die ander voertuig lyk - let op dat Niel hom so hard getsamp het dat hy teen die sypadjie op is !!


Ook so hin paar 'brag' prentjies...die hoeveelheid data wat tot op hede deur my ge'deel' word op die net...

Dit is natuurlik alles net tuisgemaakte films & fotos...niks anders nie...

Dan, kyk of jy 75 musiek groepe name(?!) kan find in die volgende prentjie - van die vriendlike mense van Virgin Music af.(Kyk of jy U2 kry...daar is ook 'n hele klomp britse groepe).


Hier is 'n skermskoot('screenshot') wat ek gister geneem het van 'n oorspronklike installasie cd wat ons direk van die vervaardiger af ontvang het...name natuurlik verbloem om sekere partye te beskerm.


& dan !! - Ek is seker dat die fotos uit Suid Afrika kom - dit moet net 'n Luislang wees - as enige iemand dalk enige informasie het - los 'n 'comment' & ek sal my informasie op die blog verander.

Hierdie slange kan diere groter as 'n man insluk !!

& die beste fliek vir die jaar sover !!!!


Jarhead - Bewouk, die storie aangaande mense se lewens wat deel is van die oorlog - gaan kyk dit nou !!!

& Onthou ...daar is genoeg Jaco vir almal !!!

1 comment:

saintwillem said...

bly om te sien jy blog weer...dis goed om te sien rolf is weer terug waar hy hoort en daai was defnitief nie 55km/h oppad kerk toe nie....dis meer soos 140km/h na die strip joint oorkant die kerk toe...

die slang lyk inderdaad soos 'n slang, dis al comment wat ek het. kyk bietjie dieherder.blogspot.com om te sien wat se kaskanades ons aanvang