Tuesday, January 10, 2006

TV TV TV

Haai ...Voorspoedige, gelukkige & waar's my persente van almal van julle!!! Scrubs het laasweek weer begin wys & toe skiem ek dat ek julle op hoogte moet hou van die beste nuutste Tv reekse daar buite:

1. CSI Las Vegas: Season 1-6; 1 van die beste klassieke's daarbuite...
Websaait & die TV.COM

2. Lost: Season 1-2; jong - dit was ook maar hittete of hulle het my verloor want dit het regtig vervelig begin word maar met die laatse 2 episodes van reeks 2 is ons weer eens...dank vader...
Websaait & die TV.COM

3. Prison Break: Episode 1-13; AWESOME !!! Ja soos in engels van die ou dae...Ouens 'n arm & 'n been werd...
Websaait & die TV.COM

4. Desperate Housewives: Reeks 1-2 ....Lekker tannies....baie lekker ..tannies....
Websaait & die TV.COM

5. House MD: Season 1-2 - Ouens Kyk soos met CSI, Elke episode volg dieselfde trant maar daar is sub storie lyne wat (bietjie) stadig verloop maar dit help baie & die reeks tel groot spoed op hier teen reeks 2 - 'n defnitiewe 4.5 uit 5 in my boek !!!
Websaait & die TV.COM

6. Surface: Season 1 - Baie cool storie oor GROOT Seemonsters - Selfs Suid Afrika word meer as 1 keer genoem in die reeks...
Websaait & die TV.COM

7. The Office US: Season 1-2 Ouens, haal jou hand van jou meisie se been af, gryp 'n bier & lag vir die beste komedie wat jou wys hoe standaard vertraag enige kantoor kan wees reg oor die wereld...Ek weet dat die oorspronklike britse weergawe nie na almal se smaak was nie maar hierdie een is spesifiek aangepas vir die amerikaners so ek weet meeste van julle sal dit darem die keer verstaan.
Websaait & die TV.COM


8. My Name is Earl: Season 1; Hillbilly mense - mense mense...ons mense. Earl is 'n lekker ou jan wat getroud geskei & verongeluk het. Nie een van sy kinders is sy eie nie & ek wonder of sy broer regtig sy broer is. Maar heel grappig & veral Earl se beste vriend Crabman wat nou met Earl se eks vrou getroud is ...Die mense in amerika wat amerika nie wil he jy ooit moet sien nie..
Websaait & die TV.COM

9. Weeds: Reeks 1; Bietjie gekruide taal maar dit mag dalk wees omdat my ma van Potch af is...Uiters komieklik, die titel se dit alles, Die gaan oor dagga. Die ma verkoop dat aan allerlei mense wat om die beurt haar weer 'n hand gee in wat sy ookal mag nodig he.
TV.COM

10. Dead Like Me: Reeks 1& 2, 'n Baie donker komedie wat handel oor die lewe na die 'dood'. Verfrissend met die idee dat daar van ons is wat nog werk het om te doen voordat ons regtig egtig dood is...ek kan maar net hoop dat daar 'n 3e reeks gaan wees.
Alles
Websaait & die TV.COM

11. Six Feet Under: Reeks 1-5; Die reeks het so 'n donker Tim Burton tipe gevoel. Handel ook oor die dood, die dood & na die dood. Weird, snaaks & baie cool.
Websaait & die TV.COM

12. Smallville: Reeks 1-5, Daar is niks wat ek nog kan se oor die beste 'Superhereo' ooit nie..
Websaait & die TV.COM

13. Supernatural: Season 1 ...Baie soos 'manlike aksiebelaaide weergave vanX-Files/Charmed. Ook darem baie snaakser. Daar is veral 1 episode waar hulle lekker met Paris Hilton se seks video grap.
Websaait & die TV.COM

14. Entourage: Season 1-2 Punte, reeks gebaseer op een van die regiseurs van die reeks, Mark Whalberg aka Marky Mark. Let veral op na die snydige & sarkastiese komentaar van Ari die agent.
Websaait & die TV.COM

15. Naruto - Episode 165 ...Anime - Vir daai Saterdag oggend laat slaap 'cartoon' gevoel in die bed. Daar is tot onlangs eers maar 10 episodes verkruigbaar in engels maar as jy soos Rolf jou TV episodes op andere wyses verky is daar oor die 160 episodes wat engelse onderskrifte het.
Websaait & die TV.COM

Fliek vir die week: American Beauty
'Song' virrie week: City of Blinding Lights - U2

o...& Rolf is op pad terug....fokkit...

2 comments:

Anonymous said...

Jaco, asseblief as ek wou weet wat op tv wys sal ek die TV Guide lees as ek op die toilet sit!!!

Sterkte vir die jaar en mag die vroumense so volop wees soos branewyn in Hatfield.

Groete

Anonymous

saintwillem said...

fok, jy lewe...ek en rolf was toe min saam gewees...mag wees oor omstandighede of pleinweg dalk net omdat hy dink ek is 'n doos...wie weet?

hy't selfs sy tellefoon nommer verander sodat ek hom nie in die hande kan kry nie...

ja

groete
ekke