Friday, January 13, 2006

Vrydag ...die 13e...alweer

Vandag het ek die engelse blog eerste gedoen so ek gaan hom indirek oorvertaal:


So...skrikkerige kak...Dis Vrydag... Dit is die 13e.... Skrikkerigste ding wat sover met my gebeur het vandag is dat my chinese wegneem ete my tong gebrand het maar die goed gebeur...So 'n paar fotos vir julle Jaco uitgehongerde mense daarbuite:

Nuwe jaar: Ek & Christo, en ek hoop dat ons op daai staduim besig is om te kyk na kuns of iets









& toe vertel hy my dat hy my £500 sal betaal as ek hom soen - glo my ek het HARD probeer !!









'n Groep foto van my & die meisies:









Melanie(Ludorf se baas), Ludorf(My neef), Balt(My,dis reg, MY DJ) & ek.

Een van my ou skool gabbas het my 'n paar foto's ge-e-pos so rukkie terug wat hy geneem het by 'n troue van een van ons vriende wat so rukkie terug in 2005 gebeur het. Dit was ou Willem Enslin se troue(Alhoewel ek moet erken dat ek nooit daai een sien kom het nie).

Hier is die paar foto's::










Hierdie is een van my beste vriende ooit !!
Ruan 'Baas' Kloppers. Ek dink die ding wat mens altyd van Ruan sal onthou is die keer toe hy sy hand deur 'n vleis saag probeer druk het...naais...& toe in Matriek het hy homself half bewusteloos geslaan nadat hy met 'n tegniese tekeninge tafel slaags geraak het....
Ruan het my ook al een keer met 'n mes in my groot toon op my linkervoet raak gegooi.
ons het so bietjie gelag & toe begin hy hardloop.
Jy sien, Ruan weet wat is goed vir hom - hy is 'n slim man...
Om een of ander rede het hy my altyd met goed gegooi ...?!

Ons volgende prentjie:









Die is Putty of soos sy ma hom noem Reinhardt Heiman(die spelling mag dalk af wees maar as mense jou Putty noem twyfel ek of dit jou enige verdere hoofpyn kan besorg).
Nou let wel dat Putty nie Putty genoem word hoor hoe seksueel presteer nie - o nee, maar naby genoeg ...

Ek kan net hoop dat hy besig is om daai bakkie te was maar ek twyfel want ek ken hom te goed & ek kan net dink dat hy besig is vir hom 'n Bosveld Jacuzzi te bou.

& nou...

Mense asseblief...leer uit ander mense se foute...
Moet nooit ooit ooit amunnisie uitgee wat ander kan gebruik nie - al baaat hulle glad nie daaruit nie...want hulle SAL dit gebruik !! ...genuine...

Sweis....sorry...

'Song' virrie week: Nogsteeds daai U2 se City of Blinding Lights van laas week.
Fliek vannie week: Beslis nie Kangaroo Jack nie!!

No comments: