Sunday, February 05, 2006

Lethal Weapon...Jaco v Dyk

Hallou...

Hey ouens....ek dink ek is besig om ddod te gaan...my kamer lyk deurmekaar - & die keer is dit nie net Niel se skuld nie...ek het uiteindelik maar 'n 'charger' vir my kamera gekoop...£40.00 flippen later & ek neem nog net so kak foto's soos altyd...

Maar dis cool - ek het my deurmekaar kamer afgeneem maar ek is mielie siek...genuine..

In die 2de foto is dit ouNiel Blofield wat daar le & muf...
Ek wil baie meer foto's neem want 'n foto vertel mos 'n 1000 woorde & ek sien dat Willemien & Die Herder dit baie effektief gebruik...punte vir hulle...maar ek gaan punte aftrek vir Saint Willem want hy tjank omdat ek nie so baie update nie- lyk my as jy medies swot in SA & jy met daai wit jas gou by Spar kan inhardloop het jy baie meer vrye tyd op jou hande.

Ook wil ek 'n grappie vir julle vertel wat ek dink Casper, Maruis(Die Herder) & 'Pimp Eddy' sal vermaak - genuine storie..so 2 jaar terug wa ek terug SA toe vir 'n troue...veronderstel om 'n 'best man' te wees & als...

Jy sien - my pa(Oom Johan) het my geleer as jy iets wil doen dan doen jy dit behoorlik...& ek huur toe 'n ontklee danseres..punte vir MY !!!

Wel die dame was elke sent werd & daai truuk met die 3 kerse ...wel...julle weet wat ek se..

Nou Saint Willem & Pimp Eddy was daar...dieselfde Pimp Eddy vir wie ek 'n Loslyf & pakkie Camel Lights vir elke verjaarsdag gegee het.

& weet julle wat ?? Pimp Eddy het absoluut niks gesmaak van die ontklee sessie nie...as ek dit nie mis het nie het hy nog vir Saint Willem gese dit was ietwat erg...

Pimp my wheels Eddy...of Thys soos hy beter bekend was in die Hoerskool...Maar dis 'n lang storie vir later...

Elk geval - ek is snotterig - en het 2 pizzas hierdie naweek al deurgewerk...hoofpyn...nies soos 'n meisie..

Maar ek wil bittergraag vir julle Tekken mense wys hoe ons Soul Caliber die kant gooi...maar Niel het die heel naweek gewerk...& toe ek 'n foto van my setup neem toe speel 'n pirate fliek op die een monitor & jy kon op die ander monitor sien dat my Xbox ge'chip' is...maar ek sal later my tyd vat & mooi fotos neem.


Maar eers...ek Sat fotos geneem toe ek van die werk oppad was huis toe sodat julle ouens kan sien hoe lyk hierdie mistroostige plek...

Die gebou wat ek I.T Support voor gee...kak plek genaam Archway Towers...Regs onder in die hoekie kan jy die Underground/Tube teken sien...natuurlik weer hier vir die bus gewag..




& Hier is ek in die bus op die boonste verdieping....

& natuurlik die local 'whinos' wat 1 uur die middag sit & White Lighting suip...

& dis die bal wat val & dit is al...

1 comment:

saintwillem said...

hi, jy jou predictions vir die week al ingestuur vir super14, vrydag inwees...kry jy darem epos van loutjie af? ek het vir jou betaal en jy speel...so speel saam.