Sunday, February 12, 2006

E-Tablette

Naand...of amper goeie more...

Ek is hier om vanaand te berig oor 'n aanvanklike dwelm middel wat ek vanaand baie ontspannend ervaar het.

Ek is so gekalmeer & onstpanne soos ek hier sit en tik dis nie eers snaaks nie.
Voor dat al julle konserwatiewe donners nou weer die Bybel gryp & begin oordeel luister eers na wat ek te se het.

Ek kan nie onthou waneer laas ek so ontspanne was & net rustig gesit & luister na wat ander te se het nie.

Ek dink die effek wat die dwelm het is redelik eufories maar ek hou kop & check gereeld my pols & maak seker dat ek tot 'n mate op standaard reageer op als & nog wat.

Ek let dat my spelling bietjie benadeel word maar dit mag wees omdat ek op my bed sit & soos 'n krap moet tik.

Ek gaan defnitief nie weer more in die bed spring saam met die Kangaroo E nie want ek glo nie dat dit normaal is vir 1 persoon om 'total bliss' soos die te ervaar nie - maar ek kan nou verstaan hoekom die 'ravers' so lief vir almal is...moffies...

Wat dalk kan help is die fuit dat ek na baie rustige musiek luister op die oomblik.
Lisa Gerrard & Hans Zimmer(hulle het die volgende musiek gedoen vir The Gladiator, Whale Rider & Black Hawk Down).

Moet my nie verkeerd verstaan nie- ek is heeltemal teen iets wat my laat voel asof niks saak maak nie- ek glo dat as jy dit nie self aan jou kan doen nie moet jy dit nie met eksterne middels eers probeer nie - tog drink ons hoofpyn pille & hoes middels asof dit uit die mode uit gaan...

Dis net na 2 die oggend & ek gaan nou tv kyk op my rekenaar maar ek moes net die gevoel afsluit met 'n bietjie 'geforseerde blog inligting' want ek weet nie waneer dit weer gaan gebeur nie & ek was vir die 1ste keer in 'n baie lang tyd die naais Jaco wat ek onthou van Pietersburg af...

& dit was lekker in die sin van dat ek van die persoon gehou het in wie ek in die laaste 3 ure verander het...

Dis moeilik maar ek weet dat ek dalk net die wereld weer vierkantig in die oe moet kyk & myself afvrae hoekom vind ek dit so deppresief...is dit dalk iets wat ek verkeerd doen? Is dit dalk my milieu wat my laat aanpas & vorm in iets wat ek nie wil wees nie of dalk...dalk is dit net dat ek graag wil huis toe gaan & net weer wil braai, swem, Klippies drink & dronk word, Tekken speel saam Koedoe & Willem, my Hyundai fucktap ry op die N1....My Blink 182 kliphard luister op my Pioneer Cone speakers sonder om agter te kom dat my Sub gekak het...

Skelm 'n Camel Light rook in Sunnyside saam my pelle terwyl ons deur die shebeens loop opsoek na 'n bottel Klippies...

Hatfield square bekruip opsoek na girls & soos gewoonlik saam Niel fokol kry & terug gaan huis toe nadat ons die grootste Hotdogs ooit gekoop het...

Ek weet nie, Dalk is dit die engelse winter...


Dalk mis ek net vir julle ...

More gaan 'n kak dag wees...

No comments: