Wednesday, February 15, 2006

Spiderman VS Blade


Dis reg !! Wie sal wen tussen hulle 2...Dit was die vraag wat 'n jong laatie vanoggend vir sy boetie gevra het in die bus oppad werk toe - & 'n baie belangrike vraag daarby!!

Kyk maak geen fout nie maar ek fokkin love Spiderman maar...ek dink Blade sal chicken chow mein van hom maak...
Nee regtig - veral as jy die die Blade gebruik wat in Blade 2 gespeel het - daai 1 was so moer vinnig met sy swaard - dis eintlik onregverdig want Spidey maak nie mense dood nie - sien...hy glo in truth, justice & the american way, so hy sal 'n terrie vang & hom tronk toe sleep - Maar Blade....nee ou, daar gaan niks oor bly nie. Dis wat ek nou noem kroekings...

More stuur ek weer my Super 14 spanne in & glo my ek hou duim vas soos in die ou dae...vir my self natuurlik maar sterkte aan al die coolios daar buite...

Daar is 2 goed in hierdie lewe waarvoor ek bang is: My ma vroeg in die oggend met 'n Bennie & Hennie & 'n glasie Coke in die hand ...& 'n haai.

Nou hierdie is 'n flippen HAAI ! Ek sou my self letterlik natgepis het as dit met my moes gebeur. Van julle kan dalk voel dat my taalgebruik effe gekrui is maar jy gaan defnitief nie net beheer oor jou blaas verloor met daai haai wat op jou afpeil nie so sorry...& dis 10 teen 1 nie al wat ek gaan doen nie...

Christo is nou weer terug in Pretoria & dis nogal baie merksaam hoe leeg die badkamer rakkie is nadat hy ons weer verlaat het - ek sweer die man is erger as 'n vrou....letterlik...

Christo ons weet genuine nie wat om met al die spasie te maak nie so weet dat dit van nou af bekend sal staan as die: Christo Coetzer Gesig £40.00 per koekie Seep Rakkie..

Jy hoef my nie te bedank nie, disse plesier !!


Christo is natuurlik die ou 2de van links af...& punte vir Brett(Heel regs) wat vir 'n verandering soos 'n mofo op 'n foto lyk !! Dis moer snaaks !! Die was natuurlik met Christo se weggaan partie by die Walkabout by Tempel Tube stasie

Kyk, die Bulle kan nie met Niel Blofield aka Bullit verkeerd gaan nie - hy is 'n moerse fan - soos die foto nou weer bewys:


Dan: Ons ry hierdie komende Vrydag aand, die 15e Februarie, na Austria toe waar ons gaan Snowboard soos in die ou dae !!!

Ek & Bullit het die week gaan klere huur & solank begin opwarm:


Bullit het die Silwer goggles op maar ons het besluit dat die ou wat die vorige dag kak geski het dra die Silwer goggles...want soos ons almal weet is Silwer vir ouens wat 2de kom...Let daarop dat dit sokkies & nie 'n serp is nie wat om my nek hang...die kouse kos £20.00 !!! Dis meer as 'n R110.00 per kous !!!

Julle weet wat ek sê...

Ek het dan nou ook al telkemale ge-maon & gekla oor Bullit wat net games speel & niks anders doen nie...net ter bevestiging van hierdie feit :

Ja nee, Naais ...& net so terloops daai hoerhuis daar in die agtergrond behoort aan dieselfde ou wat op die foto soos James Bond probeer smile...

Ek het net nie meer woorde nie...

& dan laastens maar nie die minste nie - ek sien Maruis, die Herder, is bang dat die Hoff op pad uit is - vir hom wil ek net sê: Daai kite gaan nooit vlieg nie

& daarmee dan wil ek nou afsluit deur sterkte toe te wens aan Brielie se Bulle vir die komende naweek & mag julle ander ouens oraait doen & tjeers ...daar gaat hy..

Die Skim

No comments: