Sunday, February 12, 2006

...& die Wenner is !!

Ouens...

Na gisteraand/vanoggend se vroeer blog het ek soos 'n sleg ousie gesukkel om wakker te word...Ek het basies in my bed gele & braai alhoewel ek nie seker was of ek gedroom of gehallusineer het weens gisteraand se stront nie.

Maar so far so good...Super 14 is die woorde vir die dag.

My vet vriend Wille Willem van die Weste het my ingeskryf vir die Super 14 Rugby Game waar ons 'n x-bedrag geld betaal & die wenspanne voor die tyd kies & op die ou einde van die dag as ons voorspellings reg was kan ons hope rande wen - soos in die ou dae.

Dis nogals groot ...genuine...

My span is genaamd Brielie se Bulle wyle Willem sin Chuck Norris is.(Daar is selfs 'n Mr T span ook.)

Nou ...hier tref die £%@# die fan...

Ons het 'n Excel Werkboek met al die datum in maar ek kon dit nie so lekker copy & paste nie toe neem ek maar 'n foto daarvan & ek gaan hom Paste..


Daar is 231 spelers...uit daai 231 is daar 3 fiktiewe spanne wat al die wenners van die ware Super 14 vir gister die 11de Februarie reg voorspel...Brielie se Bulle was een van hulle...;-)

Die kwalieteit is nie so 100% nie sodat hy moet vinnig laai - vir die mense in Pietersburg etc...

Soos ek se was daar 3 wenners : Imvubu, Lipstick Dipstick & Brielie se Bulle.

Die Game wat Gister natuurlik getel het was die Bulls & Cheetas game & jy moes ook die punte verskil gegee het. Die Bulle het met 12 punte gewen dus was Imvubu nader as ek met sy 14 teenoor my 8..demmit...!!

Ek sit ook vriend Willem se span(Chuck Norris) by sodat julle kan sien hoe hy gevaar het....next time gabba....next time...

Dan...Die Herder Maruis het regtig 'n roerende stuk prosa geskryf op sy Blog: Die Herder

Ek gaan vanou af ook 'n link in my menu aan die regterkant bo sit want dit is regtig iets om te besigtig...

Hierdie kant van die oseaan speel ons weer XBox, maak geen fout nie ek besit 'n Playstation maar die Boks is vinniger & ietwat beter...Ons nuutste vermaak is natuurlik Need for Speed: Most Wanted...ou dis koning daai...

Ek ry nou 'n Lotus Elize wat al 309 Km/H gehaal het...cool ding is, as jy op die oop pad kom & jy nader 305Km/H dan raak daai enjin doodstil asof hy perfekte harmonie nastreef & as jy die 305Km/H grens oorskry begin jou kar so liggies ..woep woep woep maak soos daai vinninge Star Racers in daai eerste/laaste Star Wars fliek waar Anakin hom bestuur...dis bewouk.

Ek heg 'n Foto aan waar my spoed 302Km/H was want ek sukkel om in real time te bestuur & fotos te neem & ons almal weet dis onwettig - Arive Alive...

Dan 3 fotos net5 om te wys dat ek toe kamer skoon gemaak het...

Terwyl Niel weer net Games gespeel het....

& niks gedoen het nie...

Naais...


& dan laastens...gaan check hierdie girls se saait uit Lisa Gerrard...

Ouens die girl se musiek is regtig donners goed...jy kan na dit luister op haar saait ens & dit is die moeiete werd...doen dit nou !!

brielie oor en uit...

1 comment:

saintwillem said...

ja buddy, ek frons en frons weer...dit was darem maar amper of jy het 'n geldjie in die sak gehad...mag die week net so goed gaan in dien nie better nie, mits jy dieselfde as ekke gestem het...anders moet jy maar terug sit en sien hoe die week myne is...
la la la...hie kom hy nou