Thursday, March 02, 2006

Sneeu..bord.e..inge..??!!

Ek het nou net 'n Diet Coke met Cherry gekoop & nou gaan ek al my werk opsy sit & julle 'try' vermaak met die beloofde kort weergawe van my 'Snowboarding' belewenis:

My MP3 Player wat ek uitmekaar gehaal het om 'reg te maak'....ja...daai kite gaan nooit weer vlieg nie...hier het ek besef dat die trippie erg gaan wees aangesien ek die heeltyd na Niel & Carol sal moet luister.

Niel se 'gepakte' sak & ... ...my gepakte sak...

Pieter het seker gedink ek maak 'n grappie to ek se ek gaan sy moffie Puma tekkies op my blog sit langs my 'cool' steel toe bootse...

Toe nou nie...


Hierdie foto's is natuurlik nou al op die 'Ferry' geneem wat ons groep vanaf Dover In Engeland tot ek weet nie waar in Frankryk toe gevat het nie.

Hier sit Coenie(natuurlik die vriendelikheid vanself), Natalia(Pieter se meisie van Venezuala af) & Storm(Ons masjien van 'n Aussie vriend!)...in die Ferry se groot Pub area...besig om te drink.

Ek & Niel in die koue...buite...op die Ferry...vir julle !!!


Hier is Pieter & Natalia, ons is hier in die bus in Frankryk oppad na Oostenryk toe.

Hier is dit al dag & ek dink ons was op die staduim al in Oostenryk, my babbelas was te groot om om te gee..Natuurlik verveeld soos in die ou dae, Niel het Jelly dummies aan sy vingers, want hy is mos 'n kinders...

Hopfgarten, Die Berg is deel van die Hohe Salve reeks. Die geel gebou is die Hopfgarten Schu Schole(dis reg, ski skool) & regs kan jy 'n halwe helling sien vorm. Dis waar ons geleer ski/snowboard het & ook waar ek al die 1ste dag my enkel geswik het. Baie mense se ek kla onnodig oor beserings wat nie regtig daar is nie...baie mense het blykbaar lanklaas 'n goeie klap teen die oor gekry....

Die Berg in die agtergrond is regtig massief & dit het ons seker 'n goeie 15-20 minute gevat om van die middel af(wat 1,5 Km in hoogte is) tot onder te ski.


Hier is Niel aka die Dendron Dude besig om gas te gee teen die helling af. Niel het nogals goed gevaar.
Ja fok...al aksie fotos wat ek het is waar ek doodstop & stilstaan & met my flippin bord in in my arms loop...dank vader vir daai video in die vorige blog...

Naais...Hier op die volgende foto is Pieter Gieter, Anna, Natalia & Dendron Dude...


Hierdie is regtig een van daai sportsoorte waar jy so aktief is dat jy soos 'n bees sweet..genuine..ons het naderhand al hoe minder aangetrek & net die nodigste aangehou, selfs al die ventilasie gate in ons klere oopgezip om net bietjie af te koel want jy werk so hard dat dit maklik gelyk staande is aan 'n 10 uur Kardio sessie by die gym...
Pieter, Brielie, Anna & Natalia...
Storm & Rolf...Hier is Storm nog in 'n goeie luim, so 2 dae later het die man sy sleutelbeen gebreuk toe hy te vinnig teen 'n helling afge'move' het & dit net nie reg kon kry om te stop nie...

Soos met die vorige foto is ons by ons 'Hostel' se kroeg besig om gespat te raak. Lekker muf ge'tan' soos julle duidelik kan sien van op die sneeu speel...Vlnr. Kpan(aka Koekepan Koen aka Coenie), ekke, Anna & Cool Kamp Staaldraad Pieter Gieter met sy 'Blue Ice Look'...

Die volgende is vir al julle girls daar buite:Willem, dis hoe 'n man val !!
Hier is Kpan op die berg besig om te dink aan watter siek triek hy nou weer gaan maak...
Niel besig met 1 of ander siek triek !!! Woehoe !!!

Nou hier begin dinge hartseer raak, julle sien...Storm het hier nou al klaar sy sleutel been morsaf gebreek(dis reg morsaf...daar is geen ander manier nie). Vlnr. Jaco, James, Kpan, Anna, Storm & Carol.

Ek weer het daai oggend met 'n spoed & 'n half teen 'n 'slope' afgegaan. Ons kom toe by 'n vurk & ek was nie seker of ons links of regs gaan nie...Carol was links agter my & ek skree toe vir haar:'Left or Right?'

Carol se toe:'Sizwe le'jemapelleso blue...' Ek skiem toe dit beteken links...toe nou nie...dit het regs beteken...

Ek try to brieke aandraai & regs draai maar met die gebeur daar toe 'iets' & en ek val toe...fokkin' hard ...

Tot vandag toe sukkel ek om asem te haal & tjank ek as ek van die bed af moet opstaan...ek wil nie eers weet hoe voel Storm nie...

Hier is net 'n lekker groep foto van almal in die bus !!


Nou die girl ken ek glad nie, maar die ou in die middel, sy naam is Hilbert. Hy het vir my & Niel & nog 'n klomp ander leer 'Snowboard' & hy is natuurlik afkomstig van Holland.

Die 2 girls is Sara & Leoni, hulle is van Australie af & het lekker saam met ons gekuier op ons trippie.


Hier het ons bietjie moeilikheid getref, sien die ou links is ook 'n SA genaamd Guy, hulle het hom met 'n brandblusser beetgekry, die ou in die middel is Paul, hy is ook 'n Aussie. Paul was een van ons kamermaats.
& hier sit die manne...Vlnr.: Josh('n Kiwi wat drooggemaak het met die brandblusser), Paul, Storm(hier kan julle sien die man se regter arm is af) & natuurlik ou Bullit. Josh is amper gebliksem maar ek & Niel was daar om te keer - hy skuld ons 'n paar doppe. Die foto is ook omtrent 2:30 die oggend geneem. Sien ek & Storm kon niks meer doen nie toe begin ons daai ogeend al 11:30 drink. Dit was nie 'n goeie idee nie. Want ons het toe nooit opgehou nie. Storm lyk redelik opalala.
& ek het try slaap maar hierdie was 'n pappa van 'n Bubbie...
Hier is ons al seker weer terug inFrankryk oppad huis toe...
Hier is Josh die Brandweerman & Leoni - Hier was ons al terug in Engeland gewees.
& hierdie is Margaret van Poland af & ek, ons het mekaar amper glad nie verstaan nie maar dan het ek ook maar die heeltyd sit & Team America kyk wat regtig nie 'n Oscar gaan wen nie...behalwe dalk vir die deel waar hulle met Frankryk & Iran/Irak spot: "Dirka Dirka Jihad dukatstan!"

Hier is Sara & Tara, Tara is ook 'n Aussie & sy & Margaret, Sara & Leonie was kamermaats.

& dan my afskeids foto van Hopfgarten:


Nou as iemand net vir my wil koffie maak as ek kreun & maak asof ek in pyn is weens my ribbes sal dit great wees - maar niemand gee om nie...niemand nie! Hoe durf julle(met trane in my oe)uuuuhhhhh(met my voet wat so wil-wil uitskop...skop)...dis so...seer...help my....

2 comments:

Eddy said...

Gaan vir goud of gaan huistoe. die Ausies het ook mos goud as ek nie mis het nie, of net so 'n pisgeel mens kan nie rerig sê nie. Ja. Lekker hoenners ou.

Eddy said...

Dude, Sonder om nou soos Gert Swiets of Steve Sasol of iets dergliks te klink. Ek like jou sus se site ou. Of wat sê jy Dagga?