Thursday, March 09, 2006

Sweis Verjaar...

Ja....My wiskunde was nou nog nooit hoërgraad vermaak nie maar as ek dit nou reg het dan het daar 9 maande gelede terug in 1981 iets verskriklik gebeur...genuine...

In die winter maande(dis reg - toe dit so koud was) van Junie/Julie 1980 was daar 'n wenner van formaat...'n kranige klein swemmer...vandag 25 jaar later ken ons hom as ...:




Francois Swanepoel.

Ek weet nie veel van Sweis se kinder jare voor skool af nie...dank vader...maar Laerskool jare in Laerskool Pietersburg(PLS of Suidskool)het sy merk op ons almal gelos...Ek het Sweis maar leer ken deur die rugby dink ek, hy was ons stut & ek die linker vleuel(deesdae is dit net mooi andersom).

Ek dink in st. 1 was hy & Mariette Bronkhorst gekys...naais..die 'girl' met wie ek die heel 1ste keer in my lewe gevry het...in St.. 3 al(ek dink..) !!!

Die volgende wat ek kan onthou is toe ons na 'n Rugby game teen Pemps(die engelse laerskool in Pietersburg) sy Karate handskoene vir R5 by hom gekoop het...

Ek dink ek het 1 aand ook by Francois oorgelsaap want ek sou saam met hom & sy ouers na 'n rugby game ry in Tzaneen. Hulle het 'n gewone radio gehad met 'n moer klomp ligdiodes wat om die luidspreker was & die ding kon enige sein optel....hy het my probeer wysmaak dat ons na 'n radio stasie in Amerika luister...& ek het hom geglo....kinders darem...

Ongelukkig het die Swanepoels se wreedaardigheid nie daar opgehou nie...Daar was 'n 2de Swanepoel om mee rekening te hou & sy naam was Hugo. Ons het dié dag, die 28ste Junie 1993, een van die grootste games van ons lewens gespeel teen Laerskool Bosveld daar van Thabazimbi af...ek dink ons het daai dag met 1 drie verloor & ons was redelik afgehaal daaroor aangesien ons die sterker span was & ons dus ons kans verspeel het om in Pretoria te gaan deelneem aan die Laerskole Cruywen week. Ons het die aand toe maar gaan braai by Willem Enslin hulle & daar het ons toe gelê & 'n fliek gekyk genaamd: 'The Blob'. Scary shit...

Nou Hugo is so oud soos my sussie Anrie, & hulle is groot vriende...& hulle noem die fliek toe: Die Blom....met verwysing na Dirk Blom wat saam met ons rugby gespeel het...Die duiwel alleen weet. Anrie heel links & Hugo of Hieg(?!) in die middel...

& dis toe waar die moeilikheid begin - maar dis vir later - weer terug na Sweis toe.

Die volgende keer wat ek weer kan onthou is met 1 van Sweis se vorige verjaarsdae waar ons na die ouer Spur toe was in die Palm Sentrum in Pietersburg. Die Ninja Turtles was groot daai tyd & dis al waaroor ons gepraat het - Sweis het daai dag nog probeer om vir my 'n ninja milkshake & 'n ninja burger & 'n ninja wie weet wat te kry - maar Spur wou nie.

Daarna is ons terug na hulle huis toe waar ons soos klien laaities in die swembad gejol het.

Op die staduim dink ek het Sweis met Sonika Celiers uit gegaan - wat ek dink eintlik 'n man was...daai vroumens kon 'fight'...

Sweis het ook gedurende die tydperk eendag by my kom kuier & ons was 5 minute weg van Florapark Superette, Toe Sweis sê kom ons gaan blaas bietjie mense se wiele af in die parkeer area.....Ek het toe in 'n donker hoekie gaan wag...& gewag...& gewag...

Sien hulle het toe vir vriend Sweis gevang...wel lang storie kort - Ons gaan kry toe 'n voetpomp & toe moes Sweis nog die ou se kar ook was...eish !!!

Ons het natuurlik in St. 3 asook St. 5 die liga gehaal met die rugby & dan by 'n vakansie oord gebly & dan op Loftus self telkemale 'n game of so gespeel...ek kan viseker se dat ons Loftus se A - Veld al 'n paar keer hard ontmoet het.

Nou ons het 1 dag in ons kleedkamer gesit toe ons Sweis soos blits by ons sien verbykom het...Hy het 'n Roomys outa se karretjie se wiel afgeblaas(hoe het ek nou nie daai 1 sien kom nie) & hy het 'n roomys gesteel !!! Ja nee...Loftus is 'n lekker plek.

Sweis se pa het iets met die stadsraad ook te doen gehad met betrekking tot die higieëne van Pietersburg. Ons het by ons Omgewingsleer juffrou van daai tyd, juffrou Kotze , 'n taak gekry om te doen & Sweis se pa help hom & hulle sit selfs 'n stukkie swart sak met honde afskeidsel daar in op die taak vas...& Sweis kry 25 uit 20 vir dié taak...hoe die donner vra ek jou ??
25 uit 20 vir 'n bietjie hondestront ??!!

Maar nou ja...

St. 6 is ek toe na 'n ander Hoërskool toe & het ek vir Sweis heeltemal gemis...maar einde St. 7 toe is ons weer in dieselfde hoërskool in Tom Naudé...

Ons het St.8 of St.9 saam aan ons skool se skool koerant gewerk. Ek het dit eintlik net gedoen om met die Onderhoofmeisie te vry in skool tyd(sy was die redaktrise) & ek was 'n jaar jonger as sy ...wie is nou julle Hero ??!!

Sweis was ons fotograaf & ek was die Sport skrywer alhoewel dit maar meer 'n sarkastiese poging was wat seker op die einde van die dag aanleiding gegee het tot hierdie blog. Naais ...
Soos julle seker kan raai het ons absoluut niks gedoen nie...niks nie...

Met ons laaste jaar van Hoërskool was Sweis ook bevriend met Reinhardt (Putty) Heimann.
Sweis het met 'n groen Corolla op daai staduim rondgery & Putty met 'n lekker 1400 Nissan bakkie.

Net voor die dag van Tom Naudé & Hoërskool Pietersburg se Intervarsity had P.H.S hulle Mnr. & Mej. P.H.S gehad.
Wel ...hulle het 2 kragonderbrekings gehad, iemand het hulle krieket pitch met 'n bakkie uitgespin & iemand met 'n bakkie het die Welgelegen Kafee se vensters uitgegooi met eiers of so...

Ek wil nou nie vingers wys nie maar...as mens nou kyk na die bogenoemde laat dit jou wel wonder...

Na skool het ek & Sweis saam ons MCSE kursusse by CTU in Pietersburg gedoen & van daar af is Sweis toe Engeland toe...Ek onthou dat ek selfs die aand voor sy vertrek hom nog gaan cheers sê het by hulle huis in Keog Str.

Ek het toe vir Sweis 'n hele ruk later later by 'n klub(Coloseum) in Pietersburg raakgeloop waar die man baie gewig verloor het...& toe weer so jaar later toe hy saam 'n Aussie vriend van hom genaamd John by Hannes Geel in Pretoria gaan kuier het. Ek & Anrie(my oudste sussie) was op daai staduim juis in Pretoria besig om vir my werk te soek.
Ons het so 'n paar doppe gehad & ek dink die 1ste keer daarna wat ek toe weer vir Sweis raakloop was op Debbie Grobler se 21st.

Nou daar het ons lekker getrek geraak...

& toe sien ek vir Sweis weer met Anrie se troue laasjaar in Augustus. Hy & Debbie Grobler gaan nou deesdae groot & Sweis is nou besig om naam te maak in die Gauteng omgewing met die IT saam.
Sedert die troue hou hy my op hoogte met betrekking tot die plaaslike gebeure in Suid Afrika, Debbie se loopbaan & Hugo se gedroogmakery. & Dis hoekom ek besluit het dat ons vandag se blog aan Sweis opdra want sonder dat ons dit besef kom ons eintlik al 'n moerse lang pad saam...& dis sy verjaarsdag ook soos ek vroeër genoem het... Lekker verjaar Sweis en ..ek hoop jy kry 'n ninja verjaardag koek !!!
...my 'lame' grappie vir die dag...

"And in the end, it's not the years in your life that count. It's the life in your years."
Abraham Lincoln

3 comments:

Anonymous said...

Lekker Frana!!!

Jakes vertel van wiele af blaas, onthou jy hoe ons so lekker klippe gegooi het??

Lekker Jaco, bly om te hoor jy lewe nog!!!

Doppies...

saintwillem said...

hi, ek dink nie ek ken vir sweizz nie, maar geluk buddy...hoe voel jy jaco? ribbes? wel, ek kan alweer nie foto's oplaai by die varsity nie...so my blog lyk maar opalala teen joune...what de hell...bly om te sien jy en rolf is weer buddies.

nehow
lekke dag verder.
ps. vertel weer daai storie van daai vroumens wat teepels(nipples
) kou op jou blog...dit was moer funny

Anonymous said...

Moerse dankie vir die blog Boeta, het 'n paar stywe BRANNAS op jou gedrink.

Groente

Sweis