Tuesday, March 28, 2006

Vanoggend…

... het ek 5 uur wakker geword maar dit was te vroeg….my agterstewe effens gelig & my duvet onder my uitgetrek & oor my gegooi ...oë steeds toe.
...
...
6 uur gaan my & Niel se wekkers af & hy sit sy bedlampie aan wat reg in my fokkin oe in skyn...maar ek is half bedremmeld...kom dit nie eers agter ne.
...
Weer aan die slaap
..
vas
.
..
...
& toe begin ek droom...
My droom was ‘n ‘dag’ lank(wel die belangrike deel in elk geval) –

Sien, my droom het bestaan uit die volgende resep:
1 x verwarrende film laat die afgelope Sondag middag,
1 x hel vreemde musiek smaak
1 x vroumens wat die heeltyd deur jou gedagtes hardloop
1 x anime cartoons wat handel oor die dood
1 x Britse / Hobbit agtige milieu
1 x Rekenaar speletjie met ontploffings wat jou ore laat suis
1 x porsie aan gebrek van slaap

Ouens....gooi al daai saam...kom by die werk...sit & verval in verveeldheid en meteens besef jy dat jy daai gebeure weer & weer herleef..

Van waar jy oor die stad kyk & dan soos ’n besetene net begin hardloop, deur mure & geboue...jy ‘ruik’ die spoor wat jy volg & spring soos ’n bioniese man oor al wat ’n hindernis is...asof die polisie op jou spoor is maar jy hoor eers niks dus weet jy nie wat gaan aan nie.

Dan besef jy skielik dat alles besig is om te ontplof & dis mure wat bars & breek...geboue wat inmekaar stort...dit druis soos alles inmekaar tuimel & mense verward rondhardloop & skree...

Maar jy staan nie stil nie...o nee..jy HARDLOOP! Vinnig & aanhoudend maar dit maak nie saak hoe vinnig jy hardloop nie – jy kom net nie weg van al die chaos af nie.

& dan skielik sien jy haar & ...daglig..stilte ....dit klink bietjie later soos ’n rustige saterdag middag by die vlooimark – ’n rustige gedreuning van mense stemme oral om jou met die son wat ’n half ligte margarien geel op alles neerskyn...

Alles lyk anders...vriendeliker as die plek waaraan ek gewoond is & die atmosfeer herinder van ’n europese gemeenskap dog is die werêld komiekliker aanmekaar gesit.

1 woord = onstpannend....

Julle loop saam, praat saam...lag, grap...alles...(julle sal verstaan as ek nou nie alles noem nie ;-)
Onthou jy daai vlinders in jou maag, daai gevoel toe jy die 1ste keer aan haar hand vat, soen – haar vasdruk toe jy dink hoe baie jy haar gaan mis totdat jy haar weer sien ?

...maar stadig aan begin dit weer donker word & jy kry nie eers kans om totsiens te sê nie, geboue begin weer uitmekaar ruk & as jy weer sien dan is sy, alles/almal weg ...net weg..

& dit raak donker , dit reen, dis nie net donker wolke nie maar dis nag...duister...

Wanorde...onsekerheid...& dan laastens...doodse stilte...

Baie stadig maak ek my oë op skrefies oop...

Ek draai my kop effe links & loer na Bullit se alarm met sy groot rooi syfers wat uitdagend na my staar asof om te sê: Gaan jy nou opstaan of gaan jy nog ’n rukkie lê...weer probeer in ‘daai werêld’ insluip ?

Maar ek weet dis klaar te laat & ek is wakker...ek prewel al die vloek woorde wat ek ken een na die ander uit, skud my kop terwyl ek met my hande oor my gesig vee asof om ontslae te raak van hierdie gewetenlose gevoel van realiteit.
Ek swaai my bene uit, skop ’n onderbroek wat daar rondlê & gryp my handdoek terwyl ek wonder waarom die dag al klaar voel asof ek vanuit ons stort op die boonste vloer oor die stad kyk & soos ’n besetene moet begin hardloop, deur mure & geboue om iewers te kom terwyl jy die spoor van jou toekoms ‘ruik’ maar nie kan sien nie & oor al hierdie hindernisse moet spring & nie weet of jy dit gaan maak nie...maar jy hoor niks dus weet jy nie wat gaan aan nie...& jy wonder...

3 comments:

Anonymous said...

Sal jy asb nou jou k$% stop, jy maak my dag nog #$%ker as wat dit is. Dit lyk of jy dood gaan,vraa die vrou of sy saam will gaan ons weer TGI to gaan en wees + (jy maak my naar) Jou insilfent die lewe en lifde is mooi nie soos jou droom nie.

Die duwel

saintwillem said...

hi, het jy darem toe jou bedlakens die volgende dag gewas...wys jou net...die vorige ou is depressief en lees net die depressiewe dinge raak...ek lees weer net sex en wonder of jy toe solo op auto pilot gevlieg het...vreemd hoe mens die selfde boodskap anders kan intrepeteur...

hou jou msn die naweek maar an die gang want ek kom huistoe...en klopjag foto's word versekker gepos...ek het al 3 cd's...getekken deur al 6...asook 'n poster wat ek gaan raam vir my kamer...ook getekken...en foto's en herhinneringe en 'n moerse hoofpyn...ps. jou vorige bootskap het nie sin gemaak nie...nes my blog.

saintwillem said...

hmm...jy sou gepost het wanneer presies....