Thursday, April 13, 2006

Ons noem dit die koue oorlog...

Hierdie blog gaan vandag maar in afrikaans bly & sal nie vertaal word nie om sekere partye te beskerm...of dan nou weer...

Ek het gisteraand nou weer groot gegaan dus sit ek met 3 liter water voor my, 'n kopseer van formaat & 'n wankelende lyf wat enige oomblik aan die slaap gaan val...
Ek moes gisteraand in my beskonke toestand by Niel hoor oor hoe ek sy blog moet lees...hy het ietwat persoonlik geraak & hy is ook nie 'n man wat prontuit met 'n mens in lewende lywe kan wees nie...

Skielik dink ek aan die ou Bobby Brown liedjie: 'Two can play that game...'

Ek het besluit om bietjie van my eie sous in hierdie pot te gooi & dan gaan ek ook natuurlik die basiese bestandele vir hierdie konkoksie ontleed.Sien as 'n mens so iets wil doen moet jy voorbereid in die oorlog instap, seker maak jy het skoon kouse, kyk dat jou army hoed se strap mooi vas is & seker maak dat jy genoeg Bullits(?!) het...

Eers sê Niel dat my sussie verslaaf is aan die geluid wat my keyboard maak...maar hy is verkeerd, sy is stadig maar seker besig om verslaaf te raak aan sy gesnorkery & poep walms(want hy maak nooit die kamer vensters of gordyne oop nie - kry seker koud). Ook aan die deurmekaar hoernes wat nooit sal skoon kom nie al koop hy hoeveel van daai skottels wat die ousies altyd by die atletiek gebruik het om 2 dae oue hoender & polonie te verkoop.

Hy noem ook dat hy homself kruppel geval het...ek verwys weereens na bogenoemde hoernes...(met 'n wenkbrou wat lig)
Ek verstaan wel dat die man slaap nodig het want sy spelling is nerêns & sy sinsbou het geheel & al van die planeet af verdwyn - 2 woorde: ' Night Nurse'.


Niel gebruik ook die woord 'konsidereer'.Niel konsidereer nie die feit dat as alleen engels sprekendes(dit sluit ander rasse in) in ons geselskap kom hy moet begin engels praat nie...nee, hulle moet seker maar nou begin Afrikaans leer né!
Niel konsidereer ook nie die feit dat al die ander mense in die huis nie doof is nie, nee, die TV moet so hard as moontlik speel(10 teen 1 terwyl hy kyk hoe hulle weer 1 of ander kar regmaak...sug) want alleenlik dan kry jy jou kwaliteit klanke uit - net dan.
Niel slaap tot omtrent 2 uur die middag so ons probeer dinge stil hou...ja ok, iemand tik dalk op 'n keyboard maar dis omrede ons nie van die mikrofoon & luidspreker fasiliteit wil gebruik maak nie(alhoewel ons kan want tegnologie is nou maar vir eens net 'n wonderlike ding!) aangesien dit hom regtig sal wakker maak...Maar as Niel wel wakker word(dis nou na 2 die middag) word jy nie die kans gegun om dalk bietjie kitaar te oefen of na Carike of Steve te luister nie....o nee; Dis Micheal Jackson tyd!


Nou Niel is jou top tipe pro regse Afrikaner(Ek verkies om hom soms Constand Viljoen te noem - die man van die Vryheids Front terug in die dag...) dus kan julle dalk sê hoe kan ek dit bewys?Soos Niel tereg sê, my sussie MSN baie:

So einde van die dag is Niel dan nou wakker & almal moet nou vir die Jackson Five luister of die 'Kelly Family' of jou tipiese kak afrikaanse musiek met lirieke soos: "..daar is 'n drol in die drinkwater.."

Baie snaaks...

Of Niel begin 'n oorlog('n standaard afwyking by pro- regses...die oorlog voering ding..) speletjie op sy rekenaar speel & die hele huis val skielik plat op hulle mae want dit klink soos werêld oorlog 2 van voor af weer. So hou dit dan nou amper aan tot net voor Niel gaan werk(die man moet darem eet, bad & werksklere aantrek!) wat jou dus laat om te doen net wat jy wil teen ongeveer 11 uur die aand. Nou ek is nie iemand wat op 'n weeksaand 11 uur eers begin lewe kry nie - inteendeel, ek begin spoed verloor soos in die ou dae...

So jy sit met 'n kosbare paar minute & 'n traan wat oor jou wang biggel van gelukkigheid om iets te doen net voor jy omval van slaap net om weer wakker te word & te besef dat hierdie aaklige dog daadwerklike siklus homself net weer van voor af gaan afspeel...my maag sidder...

Net gou 'n sluk water eers afwurg....

Daar word ook genoem van my slegte beplanning maar weereens is Niela/Constand/Bullit/Satan verkeerd - ek weet...die werêld werk nie altyd so lekker saam nie...sussie sou in elk geval hierdie week elke dag by die huis gesit het terwyl ek moes werk want my verlof hou ook net vir so lank...ek is regtig jammer as dit nou iemand ontstig het...ek sal dit in ons volgende groep vergadering met my werkgewer opbring & kyk of ons die situasie kan opklaar - sien, ek gee om...dis wat ek doen.

& dan is daar so 'n 'random' prentjie op sy blog tussen niks & nerens ingedruk oor Chuck wat 'n Isuzu ry...Wel: "Not even Chuck Norris gets as many fathers day cards as Steve Hofmeyer"...hoe proe daai liekwarte Niela ?!?!

Ook verklaar dit dalk hoekom Niel nie 'n meisie in sy lewe het nie...Juané is net vir 2 dae daar dan kla/'moan'/wroeg/peins/besin/blaf vir die maan/blog/skryf vir Rooi Rose/poep/wonder(kies die een wat jou die beste pas) Niel oor alles. Geen regdenkende vrou sal dit kan hanteer nie...ek meen, kom ons wees nou eerlik, dis haar werk. En sy wil saam 'n man wees wat enige iets kan hanteer...enigeiets dêmmit! Dalk moet ek dit ook in ons volgende groeps vegadering by die werk noem...Ek sal begin met: Is jy 'n man of 'n muis ?...

Ons kan maar net hoop die siel beseer hom nie verder nie sodat ons 'n vervolg kan kry van wat verder die week gebeur...

Saggies getik, by die werk, sonder om 'n woord te sê..

Jaco

P.S. 'n Vriendelike waarskuwing vir almal daarbuite - moet nooit iets sê of doen oor/aan my sussies wat my dalk kan ontstel nie - ek sal jou opfok...dis 'n belofte...

2 comments:

saintwillem said...

die oorlog storie klink soos fun...kan ek join? Niel is klaarblyklik "Oranje - volkstaat", jy...jy lyk soos 'n blair administrasie...ekke..ekke wil graag russia wees.

saintwillem said...

tick tick tick tick tick tick boom? nee seun, ek gebruik nie "will smith se theme song" bomme of cartoon network ACME dynamite nie...nee, MOTHER RUSSIA goes nuclear, and things are only finished when earthworms are 3m long and dental assistants have at least 6 arms, no legs and can only reply "yes sit, thank you sir, how may we please you sir"....and because i'm russian..i now have a friend named UHGRIE, a Merc pulled by 16 huskies and a frigde door that open to reveal the outside garden.

Ps. het niel to Oranje se 15de bestaansjaar gevier? dit was gister gewees en die skool het 12 bome geplant om dit te herdenk? Hoekom nie 15 nie? Ek weet nie? Dalk het wiskunde agteruitgegaan in ons mooie volkstaat of dalk tel almal daar soos ou niel...