Thursday, April 20, 2006

Feite is puisies op 'n vark se tiet...

Willem,

Die is vir jou...

Dit bleik my dat jy deesdae die lewe onaangenaam vind & swaar dra aan onodige stres verwante byprodukte van 'n gefaalde liefdes lewe...ons wal al almal daar...
-Chuck Norris invented C++ after roundhouse kicking C - TWICE
Dj Jaco, van kwart voor 5 tot 5 uur in die oggende met brokkies nuttelose inligting:

Slaap is nie werk nie...slaap is vakansie...

-Chuck Norris roundhouse kicked his 14400k modem & thats how we got ADSL
Ek het al 12 & 'n half uit 10 gekry vir my poepe...dis hoe goed ek is - regtig.
Silver & bullit(bullit word eintlik Bullet gespel) is engelse woorde...
Silwer & koëel is afrikaans...maar innie army gebruik jy patrone...'n hond skuit koëels...
So ...Praat Afrikaans of hou jou bek(nou die dag iewers gelees)

-Chuck Norris's Dot matrix printer prints photos - in colour!
Ek blameer nie mense vir die pornografie op my rekenaar of dit nou sleg of goed is nie.
Dieselfde geld vir musiek...let dat ek nie een Micheal Jackson song op my rekenaar het nie...nee, inteendeel ek het 1 hele album(kan net hoop niemand weet van die 2 Janet Jackson albums nie, so ook die 1 of 2 Bles Bridges liedjies nie).
Moet erken ek luister nooit daarna nie...behalwe as ek alleen is...dan dans ek soms kaal in die kamer ook rond met my handoek om my nek net soos Superman...genuine..
Micheal Jackson is Gay...& nee...Gay sal nooit oud word nie...nooit nie...
Behalwe...as jy die woord gay op 'n blokkie toilet papier neerskryf & dié saam met daai ongebruikte kondoom wat jy in Matriek 'sou gebruik het' in jou beursie wegsteek...slegs dan.
Dis hoe dit werk - dis die reëls.
Ek 'love' Anime cartoons - ek kyk dit todat dit by my ore uitloop.
Anime is van Japan af - nie China soos baie mense dink nie.

Ek moet eerlik wees & erken dat ek dalk weer 'n sosiale probleem het. Dis reg. Ek is jammer ..ek drink deesdae weer soos 'n matroos as ek uitgaan. Dis nie omdat ek wil nie maar omdat ek moet. Die girls koop vir my bier dus is dit gratis & en as dit gratis is drink jy !! Jy gaan natuurlik fokol score maar dis oraait want dis GRATIS.
N.B. Hierdie tipe van gedrag sal maak dat jy vir(fokkin)sekerlik jou verlof opdonner & per ongeluk jou sussie se Holland & Stomp kaartjies ietwat verkeerd kry. Dis wat dit aan jou doen.
Dit word 'n Hangover genoem.

Ek weet nie of ek dit al genoem het nie maar Anime is tekenprente & afkomstig nie van China af nie maar wel Japan. Dis hoe dit is. Ek love dit. Ek kokkenodge die goed maar met engelse sub-titels want my Japanees(nié chinees nie!) is nerêns.
Ek weet, maar wat kan 'n man nou doen.
Dalk maar 'n japanese vrou trou(nie chinese vrou nie, hulle praat chinees & nie japanees nie - 2 verskillende goed).

Elk geval...ek moet skiet...my oomblik is verby...soveel websaaits om te 'surf'...

P.S.
Die Japanese 'comics' word Anime genoem -
Chinese 'comics' word net comics genoem - dis nie 'n feit nie...

Dis net hoe dit is...

No comments: