Tuesday, June 20, 2006

!!! Foo Fighters !!!

Mirrag, Shalom & Kudaah...

Die afgelope naweek was 1 van formaat...of jy nou wil of nie, die Foo's het gespeel dat die knop in my keel gesit het.

Maar kom ons begin by die begin...

Ek hoor die Foo Fighters kom & ek soek kaartjies maar dis uitverkoop...ek tjank, moan & skreeu maar dit help fokol.
Ek besef dat ek wel die krag in my hande het & spring oppie komper & surf daar na eBay toe. Ek love eBAy...

Kry hin kaartjie maar dis 'n 'Inner Circle' kaartjie(dit beteken jy kan hulle sweet walms ruik)...& jy weet mos hoe werk eBay..jy bie. So ek begin & ek bie maar gou -gou staan ek op £50. Nou kyk dis baie Rande daai...regtig baie...
'n Week later 'wen' ek die kaartjie...£73 later....

Met 'n leë beursie maar opgewonde hart 'n maand & 'n half later & Saterdag die 17de Junie breek aan...

Rolf, Dirk & Ek kry reg & net na 12 verkas ons Hyde Park toe(eers nadat ons so paar koues by die offie gekoop het).

Dit was ook natuurlik die Queen se verjaarsdag gewees daai dag maar sienende dat ons nie 'n uitnodiging of 'n stukkie koek gekry het nie het dit ons nie veel gesteur nie.Dirk & Rolf & "All the Queens horses & all the Queens men..."

Kom by Hyde Park aan & daar wag ons toe weer soos oudergewoonte vir swaer Pieter Gieter & Natalia. Slaan 'n paar koues innie nek Braai soos in die ou dae...op die oomblik is London genuine 'n warm plek !!Kry toe na 7 jaar droogte vir Pieter & Natalia & kry koers na die 'queu' toe.
Die hekke maak om 2 uur oop dus wil ons vroeg genoeg daar uitval.
Nou ek het mos genoem dat ek hin 'Inner Circle' kaartjie het maar ek hom hom nog nie gewys nie:Ek weet - ek weet...Ek is julle 'Hero'...
Wel ons val toe in die ry in & vind uit dat ek in die regte ry is(omrede my baie c'cool' kaartjie) maar die ander moet om die park stap na 'n ander hek toe, so gesê, so gedaan.

Ek staan toe op my eie & begin die oorblywende biere in my sak inwurg omrede jy nie jou eie alkohol mag invat nie - want dis blykbaar verkeerd.
Ook kry ek so 'n hospitaal armbandjie & ek wonder of ek vandag gaan bloei...?!
Ek kom by die hek(lekker getrek al teen die tyd) & hulle vra my of hulle my sak kan deursoek. Ek wil-wil lag want ek skiem ek het hulle 'n streep getrek duer al die bier af te jaag...& daar is in elk geval net 'n 2 liter water bottel in my sak vol van die goeie ou H2O.

En of jy dit nou wil glo of nie...hulle vat hom. Ek dog toe natuurlik nie dis snaaks nie & uiter 'n kragwoord & sê vat die donnerse ding dan & bel sommer vir Rolf & vertel hom hoe kak plek die nou eintlik is. Ouens & dit was warm...kyk op daai 1 foto hoe bruin is ek teen Gieter Pieter...& dis alles net hierdie engelse son...

Maar ek sluk die bitter pil & ek is daar in...
Koop vir my 'n Foo Fighters T-Shirt & 3 250ml bottels water teen £1.50 stuk, wolf 2 hamburgers af, gaan piepie in 1 van die snaakste plastiek krippe wat ek nog ooit gesien het & gaan wag vir my gabbas.
& nie eers 20 minute later nie toe kom hulle daar aangewals:
The Usual Suspects...

Ek was so opgewonde dat ek & PG eers 'n selfportret moes maak:
Die lot is toe nou eers honger & ons plak ons self toe neer & eet maar weer:



Daarna het die 1ste 'band' gespeel & dit was Juliette & the Licks . Nou baie van julle sal seker weet wie Juliette Lewis is, sy was die vrou van Natural Born Killers wat saam haar man almal afgemaai het, ook het sy in Old School gespeel as Luke Wislon(Mitch Martin) se seksbehepte vrou, Heidi.Hulle was okei...maar ek gaan beslis nie eers hulle mp3's 'illegal download' nie...

Toe...wel toe begin die dinge...Angels & Airwaves....




Die Intro



Intro(vervolg...)


Nou kyk, die ouens het gekook..nee regtig hulle was witwarm...
Hulle 'lead singer'/voor man is Tom de Longe wat oorspronklik van Blink 182 afkomstig was.Hulle het regtig baie energie ingesit & die vertoning was fantasties gewees, goeie klank, lekker musiek - bewouk !!

Dit was regtig 'great' !! Ou Tom het op 1 staduim onnodige propaganda versprei & ek is seker dat daar heelwat jong mense was wat nie 'n idee gehad het wat die man sê nie maar nog steeds 'n wenner!!




Na ou Tom & sy ouens op was het die Queens of the Stone Age opgedaag & hulle ding gedoen....Maar ek was nou bietjie alleen daar voor so toe gaan soek ek maar my vrinne...
& Daar kry ek hulle toe, let op na die vele Carling lyke wat net daar lê...
Die son het gebak & die Queens het gespeel...jy kan maar sê dit was heerlike lente...Natalia is effens korter as Niel dus het ek haar maar 'n hupstootjie met Pieter se toestemming gegee.

Sy het ook 1 of 2 foto's geneem waar jy kan sien hoe baie mense daar nou eintlik was:

Ek het myself weer opgetel toe Motorhead begin speel & eers gou gaan 'leegmaak' & toe weer gaan vol maak. Skiet ek deur na daai eksklusiewe 'Inner-Circle' gedeelte toe & ek wag...& ek wag...& ek wag...net duskant 7 begin die dinge toe gebeur...





Ouens & dit het gekook !! Genuine - Ek het nog nooit so iets gesien nie...
Dave Grohl & die manne het amok gemaak oppie verhoog - Hulle het moerse koel laser ligte & massiewe groot skerms gehad....verwondering & asemrowend is te lig om in hierdie konteks van gebruik te maak....Dit was 'awesome' !!!Soos julle kan sien was dit regtig iets om te aanskou...kyk gerus maar na die video....dit was alles net flippen' GREAT !!!!!!!!!
Ons het saam gesing, gespring..GESKREEU..geraas, gestamp & dit geniet soos in die ou dae !!!
Ek is regtig bly dat ek dit gesien het, dit was regtig fantasties gewees...



Van Heroe tot Times Like These & 'n verassende akoestiese Everlong wat aanbeweeg het tot 'n oorverdowende kakofonie van die beste 'Rock' ooit !!!
Ek wens ek kon almal soontoe vat om dit te gesien het - almal...dit is hoe goed dit was...

Moet erken dat dit defnitief op my Top 10 lys is van die beste dinge wat met my in my lewe gebeur het !!

...Maar ons doen dit weer...tot volgende keer...

-Brielie-...'High on Life' met 'Rock ' musiek in die agterkop...

3 comments:

Eddy said...

Dis nou mos beter.

saintwillem said...

sjoe, damn, dit lyk soos my tipe ding. punt. dit lyk lekker. en daar was bier. So, nou moet ek se, eks spyt ekt uitgemis. Sal jul volgende keer join. Uhmmm...nou moet mens jou net self uitvra na so 'n ding...wat's volgende?...en die antwoord is maklik...kom ons stig 'n band.

ja, gat nou die naweek "innie bos toe" da by nelspruit. Ek gaan Eden kyk. SA se eie westlife, met ko-ordinated moves wat insleutel by 'n melodie wat gesteel is van annelie van rooyen...en verkrag is...maar op 'n sagte manier, soos net gay's dit kan regkry.

En my vriend Jaques de Wet en sy band "swerwer" tree op saam met Karen Zoid en que...ma ek gat dit dalk mis. Sal maar sien hoe draai die aand uit. bly om weer iets van jou te hoor. Ek sal elke nou en dan op msn wees as jy wil chat of so iets. groete willem

Anonymous said...

Happy Birthday, Jaco.