Friday, July 14, 2006

Kort & Kragtig

Goed 1ste dinge 1ste..

...Maruis & Ed, julle breek 'n man se hart as julle sulke snedige aanmerkings maak oor mense wat julle nog nooit te nagekom het nie - soos Ed nou weer onlangs op sy blog gedoen het met betrekking tot Superman.

Was dit nou fokkin' nodig gewees Ed??!! Huh ...??

Hoe die moer gaan slaap jy in die aande - drink jy maar 'n horlicks & hoop jy die pyn gaan weg ??!!

Fok...

& ja ek weet ek weet...vryheid van spraak & al daai stront maar...Willem Wouter Weet Waar Wilde Weste Winde Waai...

So ek & my possé gaan dit vanaand kyk by die IMAX !! & daar gaan 'n spesiale 20 minute segment in 3D wees - put that in your pipe & smoke it !!

Ek gaan sommer spesiaal nou 'n Superman hemp koop vanmiddag daar by Tottenham Court Road se Forbidden Planet & hom aantrek vanaand.

Goed - ek sal selfs foto's opgooi daarvan.

Nou dat ek die bloed voel bruis in my are & die testosteroon by my ore wil uitspuit...

More om 9 uur die oggend skiet ek & 'n paar ander op 'n toer van formaat.
Ek, Brett & Dirk gaan vir 'n 9 dae fiets toer deur die suide van engeland.
Ons gaan basies 72Km per dag trap & ons het 'n totaal van 650Km om klaar te maak. KLink lekker né?

Ek sal julle laat weet of dit lekker was, vandag gou nog 'patch & solution' gaan koop net vir 'incase'...julle weet hoe dit werk ...

So...vir middag ete gou 'n Subway deur gewerk van die toebas is nou maar vir eenmaal net fokkin' lekker & ons gaan sit toe in die park & kyk vir girls met groot bortse maar eindig toe deur oor die nuwe verwikkelinge in die ooste te praat.

Wel ek moet skiet, ek moet gou die kaartjies vir vanaand gaat optel...tjek links by al die blog 'links' & julle sal sien dat daar nou 'n nuwe 'link' is genaamd: Web Foto Album. Dit is waar ek van nou af al my foto's gaan oplaai...vir ewig...

Ek weet nie hoe vinnig dit gaan laai vir julle in die 'S of A' nie maar gee skote...

...Ook...

Ek kan net aanneem dat dit Chippie se nuwe blog is(Willem Dagga se ouer & wyser boetie) genaamd Windhoek Safaris...hy is nou ook daar...

& dan amper laastens...Ed & Die Herder het nou 'n nuwe blog saam begin genaamd:

... Die Nimmereindigende Storie ...

Gaan kokkennodge hom maar so bietjie...

Ook, volpunte vir die deur die kak blankes wat nou weer droog gaan staan & maak het deur die nuwe standbeeld van 'Chief Tshwane' Oranje, Blanje & Blou geverf het - maak geen fout nie, dis moer snaaks & ek het lekker gelag maar...nie so nie ouens - nie so nie.

& dan laastens, vir die van julle wat se internet loop soos stroop, loer bietjie hoe hierdie laaitie kitaar speel: Laaitie wat KAN kitaar speel

-Jakkie-

2 comments:

Eddy said...

Goeie moer. Wie is daai oulike-oulike dames in jou foto album? Heel Vooruitstrewend sal ek moet sê. Jy hou hulle van ons af weg Brielie. Dis nie nice nie.

Enjoy die fietsry.

saintwillem said...

hi, ja...ek sien ed herken nie vir vrouwine nie..ma nehow...let net op na marius se komment by my nimmereindigende blog...en kry jou feite reg...

en wragies, djy moet lekke trap.

is vrouwine al getroud? is sy nog 'n virgin? en wat van 'n blind date saam met ed? hy sal haar gou uitsort..manno a manno

groetniss
brainchild willem