Tuesday, July 25, 2006

Dag 2 - They call me Trin...BomNav!!

-16-07-06-

Vroegerig op met hin moer warm son wat op die tent neergebak het, die briel & Dirk moes lepel lê want ons kon nie los girls optel nie.

Ek gaan piepie & met die terugkom slag vind ek uit dat die kaart aan my fiets vasgemaak is...dit was meskien nou minder snaaks aangesien ek niks smaak van kaart lees nie, veral nie terwyl ek my my longe leeg ploeg terwyl ek teen 'n bult op probeer ry nie & ook omdat daar soos gewoonlik net 'n onpartydige besluit oor die onderwerp was...menende ek het soos gewoonlik nou nie 'n sê gehad nie.

...Maar met die glas half leeg is ons tussen 9 & 10 daar weg. Dit was genoewaain vieslik warm maar baie natuurskoon aangesien ons sommer met die intrapslag deur 'n plaas neuk.

Ons is daardeur(met Brett wat amper bos gegaan/gesukkel/verdwaal het met beesmis & brandnetel wonde oor die lywe. Ek het ook besluit dat aangesien dit my fiets se 'Maiden Voyage' is almal se fietse vroulike name moet kry.

My fiets is Barbara gedoop(klink vir my baie butch & my fiets is 'n 'tough bitch') terwyl Brett sin Priscilla & Nelria sin Barbie onderskeidelik gedoop is. Ek & Brett het op Biaatch besluit vir Dirk sin. Na 'n fris paar opdraendes & 'great' afdraendes het ons Brighton bereik. Natuurlik reguit strand toe waar ons lekker fris dog naak borste gesien het & besluit het om moer vêr in die oseaan in te swem. Maar Brielie maak mos nie uitvan swem & is banger vir haaie as vir sy ma met 'n Coke & 'n Smoke so ek haal toe maar my beste hondjieslag uit & knuip my mond, oë & neus styf toe met die hoop dat ek net weer die strand gaan haal.

Gaan kou toe later 'n Vis & Chips, sê ons koebaais vir Nelria, Coenie & Anna wat trein vang huis toe...& TOE trap ons fokkin' hard & fokkin' lank.

Die heuwels was ongenaakbaar & ons moes 1 of 2 keer afklim & stop van lamgeit. Maar dank vader ons het geëindig met 'n moerse lekker afdraend, wonderlike kamp plek(area staan bekend as Washington) gekry, £6p.p & £0.20 per 5 minute stort.
Ons het ons geod daar afgelaai saam Dirk wat begin tent opslaan het & ek & Brett het die fietse gegryp & afgesit om kos te gaan koop in 'n ander dorpie genaamd Storrington.

Steaks, Buns & Hot BBQ Sauce & daar gaan ons....By die kamp plek terug gekom & Dirk het klaar alles opgeslaan - koning!
Wel, nodeloos om te sê was ons half fukkies teen die tyd & het ons net so duskant 9 uitge'clutch'...

More is nog 'n dag...

P.S.

Dankie aan die Briel se pa Oom Johan vir die multi-tool(Wat ons herdoop het na 'n Springbok man tool toe) wat hy vir my so jaar of wat gelede Engeland toe gestuur het - die outjie het handig te pas gekom !!

No comments: