Monday, July 24, 2006

Dag 1 - Captains Log...

!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ouens - Die foto's wil nie fokkin' load nie - die oomblik as hulle wel load publish ek hierdie outjies weer...-brielie-
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

...Starship Enterprise log date...15-07-06
Ouens, vir die volgende week gaan ek julle elke dag(probeer) 'update' oor ons onlangse fiets toer, hou vas!

15 Julie 2006 8:30 & Ek & Nelria verloor Brett & Dirk 300m van die huis af...'n Begin van vele 'soektogte'...Dirk, Brett & Nelria by Alexandra Palace heel aan die begin.

Die treine was bietjie van 'n issue met al die ander mense in die trein maar ons kom gelukkig in Gatwick aan.

Daar kry ons vir Coenie, Anna & Olech.

Ons het pad gevat & dit het so rukkie geduurom uit die beskawing te kom.
Nou gewoonlik die ou wat voorry kyk uit vir gate, groot takke ens wat in die middel van die pad is.

Dirk ry op 'n staduim voor & mis 'n groot tak vol dorings...

...ek aan die anderkant het hom nie gemis nie.

Ek het by die Duke of York(Smart Engelse Pub) 'n Brie & Bacon Bruger gehad vir £9.25 !!Dis oor die R100 vir 'n Hamburger !!

Lekker gewees darem, my water daar vol gemaak & weer geskiet. 'n Paar groot opdraendes(ons sou later besef dat dit maar kleinerige heuweltjies was met betrekking tot wat ons later sou teekom) & nog lekkerder afdraendes gehad !! Deur etlike klein 'villages' gery & by ons kampplek aangekom teen so 5 uur. Die 'village daar was genaamd: Small Dole. Baie van Brett se 'plummer-ass' onodig gesien natuurlik.Ons tente was lekker vinning opgeslaan maar Brett se 1 & 'n half man tent het 4-5 mans & 'n half uur nodig gehad om op te slaan - ons het lekker gelag.

Olech & Brett skiet tou gou treinstasie toe aangesien Olech die volgende dag moes werk & dus terug is London toe.2 Ure later & Breet het amper dies. afstand as wat ons die heeldag getrap het weer afgelê. Die trein stasie was toe so effe verder as wat ons oorspronklik gedink het maar niks wat ons nie kon uit-sort nie.

Goedkoperige vleis & bier gaan kry(8 Blikkies Carlsberg vir £5.50) & 'n 'cheap' braai vir £2.99.Die Indiër(suprise suprise) aan wie die winkel behoort het sulke blikkies daar gehad wat net Lager genoem is. 3% Alkohol & ek kon 4 kry vir £2.00. Ek loer daai blikkie so aan die onderkant om te sien wat die spêrdatum is toe is daai blikkie al so amper deur geroes soos Willie se Hilux.
Toe dat die man vir my së ek kan so veel as wat ek op 1 slag kan vat vir £5.00 vat. Nou kyk, ek weet goedkoop drank is 1 ding maar...'n man wat vir 'n week lank op 'n fiets gaan wees wil nie sukkel met sy maag nie.
Ons moes ook £6.00 betaal vir die aand per tent asook £0.75(word uit gespreek as 75 Pee).


Maar daai stort hou net vir 5 minute so jy laat spaander met daai 5 minute...ek het in 4 minute alles gewas & selfs tande geborsel net sodat ek 'n minuut kon staan & niks doen nie..lekker!(Selfs gewonder of 'n 'quickie' tel as jy op jou eie is!)

Kom toe terug by die tente waar die klomp toe begin Rummy speel het...maar met die Jokers uit die pakkie uit want dis hoe Nelria dit speel..sonnir Jokers. 2 x games gespeel want ons was redelik moeg(& Coenie het altwee ge-flippen wen!) dus het ons net na 10 ingekruip...& dit was al.

No comments: