Friday, July 28, 2006

Dag 5 - The Yeti Cometh...

-19-07-06-

Ja ek weet nou nie maar Dirk & Brett het nou na my begin verwys as die Yeti...moet my groot voete wees...of dalk hoe my groot voete ruik...?!

Die fietsry het nou teen die tyd al sy tol begin ys...As jy 'n stort 1 dag mis met jou stink lyf moet jy weet dat iets gaan fout loop...vir'fokkin'seker...

Met dié dat ek alles op my rug dra & vir die laaste 2 dae nog nie regtig weer gestort het nie het my rugsak se bande(gemeng met stof& ou sweet) op albei my skouers 2 stroke puisies laat uitslaan soos die melkweg...ernstig. Dit was regtig baie erg...Dirk het amper 'n long verloor.

Dank vader vir die botteltjie Betadine wat die Briel se ma saam gestuur het 3 & 'n half jaar terug...Elk geval, met lywe wat uitmekaar uitval is ons weer oppad. Die keer mik ons vir South Hampton, Bournemouth, Pool & Swanage.

Ons het ook uitgevind dat 1 of ander hittegolf van formaat Engeland tref...Hoe naais...
Ons het al ons bestemmings heel suksesvol bereik alhoewel jy aan ons arms, bene & liggaams reuke kon aflei dat ons nou al 'n entjie getrap het. By Pool het ons weer op 'n 'Ferry' geklim vanwaar ons weer te fiets na Swanage toe is. Daar het ons nogals 'n smart kamp plek gekry waar ons tent opgeslaan het & gou gaan kos koop het. 2 Biere weggeslaan, lekker geëet & 'n 'great' stort gevang & gaan kiep. Ek moet erken dat ek nou al nogal my bed begin mis - erg ook, veral my 9 kussings.

1 comment:

saintwillem said...

Ag, nederlands praat is nie belangrik nie, solank jou niggie my naam kan skreeu en solank dit foreign klink is ek heel alright met die storie.