Monday, July 31, 2006

Dag 6 - Dis Lekker by die see !!!

-20-07-06-

Ja... Ons het nou tot die besef gekom dat ons iets aangepak het waarvoor ons kans gesien het maar nie werklik reg op voorbereid was nie. Dirk se fiets is fukkies(alhowel hy nog nie 1 donnerse 'puncture' gehad het nie) terwyl die man se bene begin 'praat' het. & Wat my pla is dat niemand al gevra het hoe ons boude voel nie...?

Ons weet self nie meer nie. Na dag 2 het ons maar net aan iets anders begin dink om ons aandag van die pyn af te lei.

Ons het dus nou 'n dag 'afgevat'. Ons is nog steeds in Swanage & ek is doodseker dat ek nie veel meer gaan sien nie. My finansies het ook sopas gekak toe ek nie meer kon geld trek aangesien ek al klaar op my £200 'overdraft' is nie... Maar...huidiglik sit ek op die strand & skryf...& dis lekker !!

Die oseaan is so 7 meter weg aan my regterkant & 'n bostuklose meisie wat regop sit so 5m aan my linkerkant met die son wat op my skouers bak.

Ja-nee, dis lekker by die see!

Ons het vanoggend oor 'n deel geloop genaamd Harry's Rock wat basies 'n kleiner weergawe is van die 'Cliffs of Dover'.
Dirk & Brett het gaan middagete nuttig terwyl ek maar in die son lê & bak het - 'which was nice'.
Ons slaap vanaand weer in dieselfde kampplek & ek sien nogals uit na my 'shower hour'.

Maar...ek dink ek gaan eers weer net vir so uur lê & bak...dis nou eers 15:50 & die son gaan eers onder hier teen 22:00. Die water is mooi koel blou met 'n bietjie groen & as jy in dit staan is dit eintlik heel helder. Daai 'girl' met die borste het nou net gaan lê, sou graag vir julle 'n foto wou neem maardit sal net te ooglopend wees...ons kyk maar wat gebeur.

4 comments:

saintwillem said...

ooglopend? sy le ooglopend voor jou met haar naakte borste. ooglopend het jy toestemming om dit af te neem. hel, ooglopend kan jy haar vra om haar af te neem as jy ordentelik wil wees. MAAR OOGLOPEND WIL JY MOS NIE SULKE MOOI SCENERY MET ONS DEEL NIE. OOGLOPEND, EK HOOP JOU BOUDE BEGIN WEER VOEL EN ERG VOEL. SODAT JY WEET, DAAR IS NOG IETS SOOS 'N BLINDE SAMBOK.

Eddy said...

Assmuncher

Eddy said...

Ek sê so omdat jy nie fotos neem nie dumbass.

Jou Oom!!!

obat pembesar penis said...

danksy sy inligting. groete blogger