Tuesday, August 08, 2006

Dag 7 - Trans Karoo

-21-07-06-

Dit was middag, dit was nag
& toe ons weer sien is dit dag...

Vrydag oggend het vroeg aangebreek...wel redelik vroeg.

Dirk het homself reggemaak om terug te skiet London toe & dit was die briel se meisie se verjaarsdag dus het hy geskiem om saam Dirk te skiet & haar te verras.

Alles gepak & gesaal & 'n halfuur later toe wag ons al vir die Ferry. Ons het in Pool aangekom waar ons eers die trein stasie gaan soek het & kaartjies aangeskaf het & toe van daar af opsoek na 'n internet kafee. Brett het besluit dat hy gaan aangaan maar hy sou moes sy roete vernader & om dit te doen moes hy nuwe kaarte opsy gps laai. Sal ons toe nou wraggies nie 1 internet kafee in Pool kry nie...niks.

Op die einde help 'n gawe meisie van Dixons(soos Dions/Game) ons maar soos die ongeluk dit wil hê skiet daar allerhande probleme hier uit & moet Brett noodgedwonge op die ou einde van die dag maar kaart lees.

Kort daarna skiet ons al 3 na 'n Burger King toe waar ons die gesonde opsie kies & die Superman Deal vat met ekstra kaas & bacon. Dit was nogals eintlik oraait. Vriend Paul Gregory werk toe op daai staduim in Pool & ek & die Dirk reel dat ons hom vir lunch daar sal ontmoet. Kry hom toe & ons skiet na 'n lekker pub toe vir 2 van die bestes.

Lekker met ou Paul gesit & opvang & net voor 2 toe sê ons ons koebaais & skiet ek & Brand trein stasie toe. 10 Minute later toe is die briel in 'n koma...2 ure later trek die trein in London in.

Dit het my natuurlik op 'n manier half ongemaklik laat voel om te weet dat ons in 4 dae per fiets dieselfde afstand afgelê het as wat die trein in 2 ure doen(alhoewel ons darem moet erken dat die trein basies ry soos die kraai vlieg).

Maar snaaks genoeg was dit lekker om te weet dat ons weer in die beton oerwoud is. Ons het ons fietse gegruip & weer opgesaal...daar was geen 'overland'/bogrondse treine wat na ons area toe gery het nie dus moes ons maar na die naaste stasie toe trap. Van London Waterloo af deur Trafalgar Square tot by Kings Cross.

Daar aangekom het ons gedink om op die trein te spring maar ek & Brand het geweet dat daai kite nie gaan flieg nie...inteendeel, ons het hom uitmekaar sien val soos 'n shack in Soweto.

Want toe ons by Kings Cross kom toe is dit amper 5 uur...op 'n Vrydag middag.

Dink aan die N1 tussen Pietersburg & Pretoria op 'n Vrydag middag, einde van die maand....

...Presies...

Ons het sommer geweet daai treine gaan vol wees. Ek loer vir Dirk & sê kom ons trap sommer...ons het mos niks om voor bang te wees nie. So gesê - so gedaan. Ons skiet toe deur Highbury & Islington & van daaraf reguit Finsbury Park toe; Daar aangekom neuk ons sommer deur die park homself & toe is ons in die High Road. Ek kon die huis ruik!

Maar Dirk wou stil paadjies vat want daai straat kan ook maar erger lyk as Pretoria Noord se Taxi rank maar my ma het mos nie bang kinders groot gemaak nie & ek skiet...Maar kyk ek trap...vleg deur die rooi busse heen & weer & loer kort kort om te sien of ek vir Dirk nog kan gewaar.

So 5 minute stap van die huis af skiet ek links & ons is in 'n 'stil paadjie'. 100% !!

Looi die fiets soos in die ou dae & toe ek by die huis stop voel dit so onwerklik dat ek maar soos oudergewoonte die klokkie ly & wag vir my onderdanige dienskneg Rolf om die deur oop te meek.

..Dit het nie gebeur nie.

EK bel hom toe, so half ongeduldig dat ek nou hierbuite moet staan & wag...

Rolf antwoord met sy gewoonte sêding: "Hey Buddie!!".

Maar die briel sê net: "Waars jy?!".

"Nee" sê Rolf, "Ons sit & drink hier by die huis agter in die swembad!".

"MAAK.OOP.DIE.DEUR" sê ek.

Rolf maak oop & met ons stink lywe is ons deur die huis(eers nadat ek vir Rolf 'n drukkie gegee het want hy is eintlik die beste) na die agtertuin toe waar Niel & Jakes in die swembad lê & alkoholiese verversings nuttig.

2 Minute later & met 'n yskoue bier in die hand sit ek & Dirk ook in die die swembad & drink.

'n Minuut later word ons uitgejaag omdat ons soos die dood stink...

....-08-08-06-

Nou amper 3 weke later kan ek uiteindelik sê: "Dit was great gewees!".

Kyk ons het gesuffer né, ons het gebloei & kry nou nog so dan & wan krampe, ons bene het nou sulke natuurlike boë in(net soos daai ouens oppie Tour de France) maar ons kan nou 'n fiets trap. Brett ry deesdae vir Barbie nog steeds elke dag werk toe & terug, Biaatch het nog steeds geen 'puncture' nie alhoewel niks anders aan haar seker ooit weer sal werk nie; Barbara staan nog al die tyd in die oop kamer in ons huis waar ek maar net kan hoop sy rus. Sy het 'n 'puncture' opgedoen & die sweet, stof & ghries is nog oral op haar raam. Die komende naweek sal ek 10 teen 1 bietjie aan haar werk maar ek dink sy is nou reg om opgepak te word om Suid afrika toe te gaan. Ek dink dis haar tyd...

No comments: