Wednesday, August 09, 2006

Vanaand skiet ek almal fukkies met my XBox...

(Let dat ek half kwaad/ongelukkig/moerig asook honger is - vandaar dalk vieslike taalgebruik).

Jy weet - as kak eers die fan strike dan weet jy dis nou ietwat te laat om iets daaromtrent te doen. Maar as jou sotlike kollegas die wiel weer van voor af gaan staan & uitvind sonder om jou te raadpleeg & dit met hulle ook gebeur....

& die fok weet my hare word minder by die dag ....dis nou nie eintlik asof ek kan sê:" Ek sit met my hande in my hare nie."

Want ek doen nie. Moenie vir jou fokkin' snaaks hou nie....

Maar soos enige normale dag gaan Ek & Rolf die Wolf Wessels(vra hom tog bietjie hoe gaan dit met sy nuwe werk in PIccadilly Circus as jy hom weer sien) die afgelope Sondag(6 Aug) Marks & Spencer toe om bietjie werks klere te koop. Ek kom by die werk aan so smart aangetrek dat hulle vir my my eie kantoor wil gee. & ek laaik dit. Maar die duiwel weet ek het niks om te doen nie so nou sit ek hier & probeer porn kyk sonder dat hulle dit kan 'trace'.

Raak verveeld & beloer die net om te sien wat Suid Afrikaanse banke deesdae dink van studente lenings.

Bel my ma in SA(Tannie Lorraine was nou weer besig om Freecell te speel) & praat met haar oor allerlei. & wat gebeur ?

Die kliente diens bestuurder sal moerse fokkin' windgat na my toe aangestap kom terwyl ek op die foon met my ma is & my kom staan & kak gee.

Jou MA man!

Ek het myself lanklaas so liederlik vererg. & die fokker is 1 van daai mense wat ongeveer £400 per dag kry, laat my sommer beheer oor my blaas verloor...genuine.

& hy is korter & kleiner as ek so natuurlik(ek is mos 'n man) dink ek die 1ste beste ding wat enige man sal dink:...fokkit - ek sal vir hom rol....

Maar ek tel tot tien, hak vas by 3, probeer weer & e-mail almal wat veronderstel is om iemand te wees in senior posisies bo my & wag vir resultate. Dis reg ja...delegasie kan soms fokkin' boontoe ook werk.

Nie 5 minute nie toe begin my foon lui. Nou moet ek ook erken voor dat hierdie episode eers 'n gedagte was het ek alles daarvan uitgevind, kolletjies op my i's gesit & strepies deur al die annder letters getrek(onthou nou ek was verveeld).

& wat doen dié wat veronderstel is om my die rigting in die lewe te wys ?
Maats ek sal vir julle sê....

Hulle praat met almal & alles wat hulle kan & sê vir my omdieselfde te doen...dus sonder dat hulle dus self iets aan die saak doen kry hulle my om maar met almal in te praat & te vra wat hulle nou juis dink verkeerd geloop het met die werêldbeker sokker.

Sug....

Ek lag/huil/skreeu/burp & dink toe by myself dat ek verkeerd was toe ek vroeër aan julle genoem het dat delegasi boontoe ook kan gaan....in hierdie maatskappy gaan dit net mooi donnerswil nerêns nie...

Ek gaan nou maar skiet voordat ek my epiglotis insluk van woede...

1 comment:

saintwillem said...

jammer om dit te hoor. ek hoop jy sort dit uit...as jy nog..hehe..iemand soek om te praat..lol...sal ek ook maar luister.

geniet die suite en werk
willem