Friday, October 13, 2006

Kyk na al die kleure ....

Thanks aan Tomasz vir die foto

So...as mens begin MSN boodskappe kry & comments soos waarom blog jy nie meer nie dan voel jy al half beter want dit beteken dat iemand tog tyd maak om jou sinnelose geskrywery te lees...
Dankie Hugo...

& ek sien Eddy blog soos 'n demoon & hy het juis 2 nuwe blogs:
& Today's Winner is ... asook Sag & Volrond.

Let asb daarop dat julle maar versigtig moet kliek by sag & volrond want alhoewel dit nie naaktheid as sulks bevat nie mag jou bestuurder of hoof dit nie amusant vind as jy na meisies in Bikini's kyk in werks/skooltyd nie.

Jy is gewaarsku - maar in dieselfde asem :'Goeie werk Ed!'.

Dinge gaan maar dol maar is dit nie maar altyd so nie? Ek blameer maar my traaggeid daarop met betrekking tot die Blog se instandhouding.

Miriam is nou onlangs Los Angeles toe & van daaraf San Diego toe & sy dink aan San Franciso maar weet nog nie.

Ek is besig om geld te spaar soos in die ou dae omrede ek oppad terug is na die moeder land toe.
EK weet nie eers of ek kom of gaan nie & daar is soveel klein goedjies om uit te sorteer...so veel so dat ek nie weet waar om te begin nie & op die ou einde net mooi niks doen nie.

Ek was af siek gewees laasweek & het dus die afgelope naweek uitgemis op die Nike 10km. Ek is nog half verdwaas daaroor want dit was die laaste 1 waaraan ek kon deelneem maar ek het darem die kotz groen Nike hempie gekry so ek het iets om te wys daarvoor.

Dan het ek en die gabbas Dinsdag aand gaan fliek kyk soos dit ons betaam & het ons 'The Departed' gaan kyk. Great fliek gewees !! Martin Scorsese was aan die spilpunt gewees dus is dit 'n behoorlike fliek wat jou leer om nie kak ierse grappies in Brooklyn, Amerika te maak nie - jy gaan hard ge-etter word !!

Wat ook 'n pluspunt van die fliek was was die musiek. Daar is 'n groep wat(kom ons noem dit maar op die naam) Ierse Rock musiek maak: Dropkick Murphys.

Dit is nogals cool om na te luister & ek het 2 dae terug hulle cd( The Warriors Code) by Amazon bestel.
Maar as jy nou wil eerstehands hoor hoe cool dit is gaan kliek gerus op my 'MySpace' skakel(ek werk nog aan die uitleg) & links in die middel van die bladsy behoort 'n klein radio aplikasie te wees waar jy net op die speel knoppie kan kliek. Die spesifieke liedjie se naam is: 'I'm shipping up to Boston' & speel juis in die fliek.Die weer hier is besig om drasties te verander - ek & Rolf is dit eens dat die winter hier is. Defnitief.

Ek hou dit maar kort vir vandag want daar is nog baie om te sê...

Song vir die week weet julle seker so kom ons maak dit fliek van die week:
'The Departed...'

Gaan kyk dit nou !!




2 comments:

Anonymous said...

Watching the VB pacing for SA

It made a little tear in my eye as i remember all that has go home the friends we make and lose know los i have lost a lot and this is not abut me it is abut the VB "die BAAS" he has been a frend to us all.if he cant make jou smile

JB will see jou in SA some day

Anonymous said...

HAAK VRYSTAAT!!!! Het 'n BTL Klippies wat wag!