Friday, November 24, 2006

'Swebbie' ...

So eers was dit Bennifer,
Toe is dit Brangelina....
Toe moet Tom Cruise & Katie Holmes ook naam maak met TomKat...

Maar niemand het vir Swebbie sien kom nie...
Dis reg Sweis(Francois) & Debbie het gaan staan & slaags raak & nou is hulle verloof...

So dinge gaan voor die wind in die ou Republiek van Suid Afrika...Ek weet nie eers wat om te sê nie - ek het dit nie eers sien kom nie...Maar ek dink die beste ding is maar om albei geluk te wens & vir Sweis te laat weet die moeilikheid gaan nou begine...
& vir Debbie te sê dat ....wel...die moeilikheid nou eers gaan begin...!!!
Hier is die Brielie waar hy nog gelukkig genoeg was om hulle te leer ken voor hulle verlowing - wat het gebeur?

Nee, ek grap net(maar eintlik rêrig?!).

Kan nie wag om 'n bier saam die 2 te drink nie!!

Dan:

Wie van julle onthou die foto? DIs nov voor Rolf & Karolien(Carole) mekaar begin 'sien' het...
Maar diep in ons harte het ons al klaar lankal geweet - julle twee het net gedink ons is dom...

Ek lag altyd lekker.

Maar dis nie al nie:

Beste este vriend ou Ruan Kloppers.
E-mail my nou die dag & vra my hoe lank gaan ek nog kla & kerm omdat hy my 1 keer van te vore met 'n mes in die voet gegooi het?

Ek het bietjie gelag & maar terug geskryf & gesê nooit nie.
Want niemand sal ooit fokkin' vergeet as hulle beste vriend hulle met 'n mes in die groot toon op die linkervoet gooi nie!!NOOIT NIE !!

& weet julle wat is die snaakste van alles, ek het die heeltyd vir hom gesê:" Ruan, sit nou daai mes neer, jy gaan my nou met die ding raak gooi...."

& Ek dink ek het dit al genoem dat hy my van tevore ook al met 'n vurk gegooi het, 'n ou audio kasset, 'n 2 liter Coke bottel - ek sien 'n patroon hier vorm...& ek leer dat ek dalk moet wegbly van hom af!!!

Kan nie wag om saam hom 'n brannas te drink nie!!

But that's not all...

'n Geruime tyd terug het 'n ou 'n comment gelos op my blog waar hy my vertel het dat dit hom nogals laat lag & hoop/moed gee om ook bietjie die 'engeland ding' te doen.

Hy het ook nou sy eie blog: http://pandabotter.spaces.live.com/
Nogtals skerp sêgoed & ek hou van hoe die man dink - gaan loer gerus & los 'n 'comment', dis die regte ding om te doen.

Na my vorige blog het ek heelwat terugvoering gekry oor die Johnny Cash video wat op die blog was. Ongelukkig het nie vrae oor die musiek self gekry maar meer oor die ou beeld materiaal.

So toe dog ek - wat van ek sit bietjie terug & vra: "nie wat my land vir my kan doen nie maar wat kan ek vir my land doen?"

Ek het eers aan 'n snedige antwoord probeer dink soos - 'n koeël met my kop probeer stop of so...

Maar toe gaan koekeloer ek op die wee wee wee & vind ek toe lekker cool wie die jous oor SA wat ek vandag gaan opgooi:


Die video het 'n interessante klomp Suid Afrikaners in: Madiba(Nelson Mandela), Baby Jake Matlala, Desmond Tutu, Ou Joel Stransky, Johnny Clegg, David Kramer & laastens Thabo Mbeki. Ek ken nie al die ander nie.

Nogals cool - kyk dit gerus.

& Hier het ons niemand anders nie as Suid Afrika se mees omstrede stout seuns van 'Rock' Fokofpolisiekar(Dis nou dieselfde groep wat almal op neerkyk maar as Metallica die land binnekom dan is almal daar...julle heidene...).



Die video is baie cool geskiet - Ek geniet veral die stereotipiese vergelykings wat voorkom: Die outydse motors, die 2 mans in hulle khaki klere, die familie met die boetie, sy tos haarsny & draadjies, & natuurlik die bediende...

Regtig baie goed.

& dan die laaste video oor die goeie ou ZAR:


It feels good to be an African.
Lekker Thabo.

Ok - vir eers is dit - ek wil nog fokkin' baie 'bitch & moan' oor die nuwe James Bond fliek Casino Royale & dese dinge maar dit sal longelukkig moetr wag tot en met volgende week.

Tot dan - Die Brielie

Liedjie vir die week:
Blink 182 - Stay Together for the Kids.

No comments: