Wednesday, November 15, 2006

Waars Willder ... ?

Vandag se blog gaan uit na Miriam - ons hoop dat haar rekenaar geletterdheid spoedig sal vir beter...

Die is maar meestal vir haar vriende wat nie weer wat waar aangaan nie. Soos die ander Ausies & Kiwi's wat nie weet waar sy is nie aangesien sy baie stadig tik ...

Iemand gaan bloei ...& ek kan aan my basvelle voel dat dit ek gaan wees...

So ...Noord Amerika oftewel die V.S.A ...
Groterige kontinent met baie mense:My Google Earth is nie so 100% daar nie maar nou ja ...
Links in die middel is daar 'n rooi pyltjie. Die punt wys na San Diego toe wat in California is:

Nou California is lekker groot:
Punt A - Die middelpunt van San Diego wat ook die area is waar Anchorman afspeel ...dalk Karate Kid ook ...maar ek vergeet ...

Punt B - Die omgewing waar Miriam se huis is...Ja...

Punt C - (Regs onder) Tijuana, Dié is natuurlik in Mexiko. Tijuana word ook na verwys aan die begin van 40 Year Old Virgin.

Nou Miriam was Tijuana & Rosalina toe vir 'n naweek. Sy sê dis eintlik erg. Die polisie is die skelmste van die lot ...die herinner my so bietjie aan die moederland...
DIe 'Urban Legend' daar vertel dat 1 ou daar was , 2 polisie manne het hom deursoek & niks gekry nie, toe die 3e polisie man hom deursoek vind hulle Kokaiene op sy persoon(geplant deur vorige polisie man).

Toe forseer hulle hom om sy daaglikse OTM bedrag te gaan trek en vir hulle te gee of hulle gooi hom in die tronk.

& hulle het haar vertel dat sy $20.00 in haar skoen moet moet wegsteek vir in geval sy haar self uit die tronk uit moet 'koop'!!

Hectic ...

So - San Diego...

Miriam werk in 'n area genaamd die 'Gas Light District'.

Sien Punt i.

Sy bly by Punt ii.

Die kaart is maar bloot 'n grafiese voorstelling om julle die uitleg van die area te gee.
Hier is nou 'n lug foto van dieselfde area - hierdie foto is 2.13 Km van grondvlak af geneem.

Met Google Earth het ek gaan staan & meet & die Huis is amper 5Km van die werks distrik af.Jy kan natuurlik op die foto's kliek vir groter weergawes.

& dan laastens maar nie die minste nie:
Miriam se huis. Sy bly omtrent waar ek die rooi kruisie getrek het. Die foto is klaarblyklik redelik oud volgens haar.

Sy werk vir 'n Peddy Cab agentskap wat baie amper dieselfde as Rickshaw's is.
Ek is nie 'n 100% seker nie maar ek reken hierdie is die 'Peddy Cab' fietse waarmee Miriam rondry.

Kliek hier om 'n advertensie te sien oor die peddy cab mense in San Diego(die advertensie gaan meer oor die bemarking wat op die fietse aangebring word) & meer inligting te lees oor hoe die 'peddy cab' industrie werk.

& dis dit - Mens sal dink dat jy lekker baie gewig verloor met die oefening maar klaarblyklik sê Miriam neem die choclate jou oor...Ek sê maar net ja & knik my kop asof ek verstaan ...

Vandag se video het absoluut niks met San Diego of Petty CAbbing te doen nie - Dit is 'n video oor die vroeer jare (as ek hom so kyk dan raai ek so 10 of 15 jaar voor my geboorte) in Suid Afrika met 'n lekker Johnny Cash liedjie vir agtergrond musiek genaamd: 'No I won't back down'.

Ek laaik eintlik net die liedjie:


No comments: