Friday, December 01, 2006

Hey Hey it's Friday !!!

Lang besige week...
Ek is tans nog op kantoor met die wete dat hierdier blog vir dié week maar 'n afgeskeepte 1 gaan wees.

Maar dis ok, ten minste hou ek by my 1 blog 'n week - & die oorvertaling is 'n bliksem - my brein werk oortyd.

Laasweek se blog(die 1 wat op Mweb) geplaas word het meer aandag gekry as enige van my blogs op enige ander saait - dis wat ek noem gratis & goedkoop advertensie & vermaak.
& Ek het geleer as jy in 'n glashuis wil bly moet jy weet hoe om 'n klip te slinger

My regter arm is goed los gemaak laasweek!
Vir die van julle wat nie so lekker weet wat aangaan nie - kliek hier & loer veral na die comments:
Laas Week se Blog op MWeb.

Laat weet as die link nie so lekker is nie - ek blameer maar vir Mweb, dis altyd lekkerder om iemand ander te blameer!!

Gisteraand vir vriend Ben totsiens gaan sê, Hy het vir ons 'n Sheba van formaat aangeslaan & ons het Boerewors gebraai soos in die ou dae !!
Great gewees - Benna vlieg Maandag terug waar hy homself in die Mussina(neé Messina) omgewing gaan stasioneer tot hy weer wil walla.Ek wonder oor daai hand op die knieg - lyk my as ons dronk raak speel Brokeback Mountain se deuntjie in almal se ore!! Ons kan maar net hoop die girlfriend sien nooit die foto raak nie!
Ben lyk nogals groot langs my....dis omdat hy IS!!!

Annersins was Miriam in 'n 'genuine car chase' soos in die flieks - genuine!!
In Mexiko gebeur waar 'n ou hulle stamp wegry & die Taxi bestuurder besluit nee fok dit ons jaag hom.
Na dié is ek seker sy gaan dink Suid Afrika is vir sissies, ek sal haar moet vasbind & soos 'n naak Zulu daar rond dans - spies in die hand!!!


Die boonste video gaan julle defnitief geniet - hy is 8 & 'n half minute lank maar regtig baie snaaks!! Ek is maar besig om te loer na ander se werke met betrekking tot film produksie vir volgende jaar se studies.Wat nog ? O, kleinsus het ge-update ...kom ons klap almal saam hande vir haar dis 'great' sussie. As iemand nou net die Hebreeus kan uitmaak!

Ag ek is jammer ou's - daai spark was vandag net nie daar nie...Dis nou 17:21 op 'n Vrydag dus is ek seker julle sal verstaan...ek walla nou...

No comments: