Wednesday, October 10, 2007

Vandag se nuus...

Trailer van 'n nuwe Jack Black & Mos Def fliek: Be Kind, Rewind.
Dit lyk natuurlik goed:

Gisteraand ook vir die heel 1ste keer saam met die Coolgroup Kine klub gaan fliek. Ons het sommer by die Kolonade gaan fliek & het The Brave One gaan kyk met Jodie Foster.
Ek was nog nooit 'n groot aanhanger van haar nie maar...die fliek was uiteraard goed gewees omrede ons as groep gevoel het dat dit 'n storie is wat jy in enige land vir enige iemand kan vertel & dat hulle dit 'n deel van hulle self kan maak.
Gaan kyk dit...dis die moeite werd...al download jy dit skelm of wag vir E-Tv...doen dit net.
Ek self het op die einde gevoel wat gebeur het was reg...& vir iemand wat van die moederkontinent afkomend is voel ek dat daar te veel van ons is wat reg & volgens die reels leef...want dit is juis ons wat op die ou end onde op ons mae le terwyl ons in die gesig geskop word...
Het vanoggend School for Scoundrels gekyk, Billy Bob Thornton(Bad Santa)& Jon Heder(Napoleon Dynamite)...nogals goed maar net 1 keer se kyk werd...
& Daarin leer hulle jou om net 'n leeu te wees & te vat wat jy wil he...
So gaan vandag -
Vat wat jy wil he...
& Onthou om 'n leeu te wees
Waaauuuuu!!!!

1 comment:

Anonymous said...

Waaaauuuuuuuu!!!!! fok is dit hoe leeus klink dees dae of het die fokkers nou a die leeus se brul ook gesteel. OF is jy nou weer op jou eie planeet. Hey hou die bier koud die rooi gevaar is opppad! DDD