Tuesday, October 25, 2005

Sir Brielie van dyk

Maats … vandag het ‘n lelike ding sy kop uitgesteek…
Die ding se naam is jaloesie....
Mamma’s & Pappa’s reg oor die werêld leer hulle kinders ook om van kleins af nie jaloers te wees op hulle tjommies nie.


I want the CURRIE CUP!

AND IT'S IN BLOEMFONTEIN !!!!!

Ek wou bitter graag vandag praat oor hoe die Bulle ook maar net mens is & per ongeluk 1 keer verloor & & &...maar; iets het verander...dalk is dit omdat ek nie vanoggend met Listerine gegorrel het nie of dalk is dit omdat my 1 kollega soos knoffel ruik...
Maar dis defnitief nie omdat Dagga die ‘van Dyk’ naam probeer uithaal het nie – o nee ..geensins nie.

Die van Dyk’s van wie ek afstam is afkomend van België af,2 broers genaamd Joost & Ruben(wat snaaks genoeg ook die name van 2 super Blou Bul spelers was).
Joost was natuurlik jou top tipe ‘AA’ mens gewees & is met ‘n 100 Gulden (R385.27 !!) beboet omdat hy onwettig met drank gesmokkel het.
Naais...
Ruben was weer die beter broer wat ek weet nie wat gedoen het nie...ek kan maar net hoop dat ek van Ruben ’n afstammeling is.

Nou Dagga is darem reg met die oorsprong van die van aangesien die Dyke(soos in eike) mos in Holland is dus moes ‘ons’ terug in die dag seker maar daai ouens gewees het wat die dyke versorg het. & Ek kan maar net raai dat die broers België toe geskiet het & van daar af SA toe is.

Goed wat julle nie geweet het nie: Ek & Jean Claude van Damme is familie – regtig egtig...(Pis 'cool' websaait by the way..)
1. Hy is Belgies
2. Van Damme = Van Dyk... julle weet wat ek sê
3. Ons lyk baie dieselfde...ek weet; ek hou nie daarvan om te spog nie

Daar is ook die Dj Paul van Dyk – weereens familie
1. Ons het altwee blou oë
2. Ons hou altwee van goeie musiek

Die van Dyk’s stop nie net daar nie: Ernst van Dyk(Rolstoel atleet), Irene van Dyk(Speel nou netbal vir NZ)
& dan die belangrikste ene: Ta tara taa
!!! Lindi van Dyk !!!
Yes die brielie se atleet sussie...
O...en dan natuurlik hierdie kwaliteit 100% Afrikaanse ‘Blog’ wat jy lees. Wiele met ’n P.
Die van Dyks maak tapyte, sigarette & dan is daar ou skildery in vele kattedrale wat deur vele van Dyk's vervaardig is.

Nou Espag...

Dagga se pa het ’n websaait : ESPAG HATTINGH Attorneys, Notaries & Conveyancers
Dagga het sy blog : Die ‘better’ Brielie

& dis die bal wat val & dit is al...
Bruin & pers Willem...bruin & pers...

Net voor ek gaan : enige anonieme Vrystraat ondersteuners wat weer ‘comments’ hier los sal tot Bloubul voer gemaal word...genuine...

O..& laaste maar nie die minste nie...
Dirk se nuutste Hero !!!

6 comments:

Anonymous said...

Hoe verloor 'n bloubul sy vrou?
Hy cheet-ah

Hoe kry jy die kurk terug in 'n champagne bottel?
Vra 'n Bloubul ondersteuner!!

Wat noem jy 'n blou bul supporter wat Saterdag 'n bottel Champagne vashou gehou het?.......
'n WAITER!!!!!

Die Blou Bulle is blykbaar nou so bang vir die Cheetahs......hulle
stop selfs by Oranje robots.

Anonymous said...

Dan is die Vrystaters nog snaakser as die bulle ook. PUNTE vir anonymous! Jakkie hou nou op om jou GAY idols as my hero's ten toon te stel. Jy weet my hart behoort aan TOM JONES. Hy kan ten minste sing. Ek weet nie eers vir de #$%#$%^#%$^ daai padda is nie. MA ek ken PARROW ARROWS (danville vir die valies) as ek hulle sien!
En al wat n van dyk en n van damme in gemeen het is dat nie een van die twee eers van n stoel af kan bliksem nie, wat nog van iemand anders!
Anyway Jaco I just love your proper use of of your mother language.Or not since you are Belguim you should actually be speaking french half the time and eating chocolate the rest, with a couple of flemish words mumbled in between. But at the end of the day!

N BLOU BUL WEET NIE VAN VERLOOR AF NIE! N BLOU BUL WEET NIE VAN BLA BLA BLA BLA BLA WIE GEE OM? NIE DIE CHEETA'S NIE at least if you had lost to province you would have had a excuse.

but congrats to the people in Bloem you deserve it and you still have the best looking woman in the country. but then again the capetonian chicks are so agly all the men are turning gay just like jaco

saintwillem said...

hi dude, ek is terug en voor die pc 24-7, ek dink nie dit was so 'n goeie idee om jou geskiedenis so mooi uiteen te sit nie...so kan ek jou maar mok oor van damme (hard target, double impact etc.)

anders gat ek die week 'n "top 10 reasons to be a blue bull supporter according to Animal planet" doen. wie was to anonymous? is dit die selfde outjie wat by se-wie inbel en vir niekie pla met sy melktert resep?
wie sal weet.
mooi gehardloop daar seun
wimmel

Anonymous said...

Man ou Willem, net vir jou informasie, ek het vir niekie daai resep gegee. Ek sal dit nogal like om te sien of jy ooit by 10 reasons sal kan uit kom sonder om branewyn, befok en 3 liter ford meer as 9 keer te gebruik.

Jaco

Update ASB. bietjie die blog sodat die mense in afrika weet jy lewe nog!

Tjeers

saintwillem said...

dude, my blogger verander na saintwillem.blogspot.com

Unknown said...

Haai Brielie,

Laaik jou blog. Veral die Bulle deel; ek is self 'n geseuwelde broer!

Lees maar op Attie Heunis says..., my blog.

Ek en 'n joernalis van die Petoors News is besig om 'n bulle blog te bou. Gaan loer gerus na die Blou Bulle Blog.