Wednesday, July 26, 2006

Dag 3 - Die GROOT Trek

-17-06-06-

...Dit was ons 1ste dag van heuwels klim met die fietse...Ons het pas begin toe ons vir Brett 'n hgalfuur later op 'n bult verloor. Die man het mos die vorige dag die P-Woord ge-uiter('Puncture' Rolf...'puncture') dus het Karma sy deel gedoen & toegeslaan. Brett se agterwiel was pap & ons moes dié eers weer regdokter.

So uur of wat later(& ongelukkig nie baie verder nie) het Barbara ook 'n pap wiel ontwikkel. Dit was ongelukkig 'n hartseer oomblik vir my maar 'n halfuur later, 'n bietjie liefde & patch & solution later is ons weer oppad...Boys dit was 'n lang dag gewees...van die bulte was tot 247m in hoogte!! & onthou jy moet hom met jou fiets uitry & jy dra ten minste nog 5 Kg ekstra op jou rug! Ons het iewers 'n baie klein 'village' gekry & 'n 'pub lunch' gehad. Ons het buite gesit & na die tyd sommer vir 'n uur op die gras geslaap.

Daarna op & soos die duiwel dit wil hê kry Barbara 'n ‘slow-puncture’ ...weer in haar agterwiel...

Maar kyk né, Barbara is ’n tawwe bitch & ek pomp die wiel & ons skiet. Maar die paadjies word so min gery dat ons moet afklim & stoot...daar is net te veel bosse & gras polle & stront. Die helling trek ook skuinser as jou hoërskool 45º driehoek. Maar ek love my baaik, sy is ’n prinses & dus gooi ek haar toe maar oor my skouer & klim met haar die bult uit.

Dirk se fiets Biaatch is intussen heroop na Teef toe want sy het weer begin probleme gee; Remme is ge-‘warp’(Dirk het ‘disc-brakes’), Ratte wou nie meer lekker rat nie, die bearings het gergroet & die regter trap was oppad uit.

Hartseer ouens, hartseer ...

Die son het begin water trek hier teen 17:00 & ons besluit om na die naaste dorp toe te trap(Petersfield) & daar slaapplek te soek.
Ons het niks gekry nie & ’n paar locals het gesê onsmoet maar sommer in die veld slaap. Ons kry die toe so grootmeer/’pond’ op die dorps grens & maak toe Dirk se fiets reg(na ons gou kos by Tesco’s-Soos Checkers-gaan koop het). Hier teen 22:00 begin ons toe ‘chow’ & 23:00 slaan ons gou die tente op(Wil mos nie gevang word vir squatting nie).

1 comment:

saintwillem said...

hi chom, dit lyk ongelooflik lekker. kannie glo jou niggie swot in nimjegen nie. maar asseblief stuur 'n foto..want ek het standaarde om te handhaaf en sy begin al klaar met 'n agterstand net deur met jou geassosieer te word.

as jy possie het vir my sal ek vir julle kom kuier. dis 'n all expenses paid storie, ma ek dink ek gaan travel...so my geld mag dalk min raak.

nehow, ek sien baie uit daarna, het net nou baie werk om voor die tyd klaar te maak, en weet nie wat om als te reel nie.

ps. het jy vir my 'n lysie van goete wat ek moet saam vat, wat ek gat nodig kry...hoe die visa's werk..ens.