Thursday, September 07, 2006

Jaksh Smassh ..?!

Dis veronderstel om Pools te wees vir hoe gaan dit - maar my spelling is halfpad nêrens nie & my uitspraak nog erger ...

Vandag se blog is spesiaal vir Miriam(onder baie van julle bekend as die eks..).

Sienende dat ek nie meer vir Tuks beskore is nie(ek het dit nooit sien kom nie om eerlik te wees..) wend ek my self na die opposisie..die ou Technikon of dan nou die nuwe Universiteit van Tegnologie.

Sy(Miriam) het gisteraand die brielie bietjie moed ingepraat & onderstuening gegee(alles behalwe dit waaraan Dirk nou dink - Jy behoort jou te skaam Dirk!).
Ek moes vir TUT(soos hulle klaarblyklik nou bekend staan) 'n vorm instuur oor hoekom ek dink ek daar moet studeer, oorspronklik wou ek sê hoekom nie maar die antwoorde moes in paragraaf styl wees...jy weet dit !!

Jy mag dalk wonder wat doen 'n foto van my sommer hier in die middel van nerêns nie? Hmmm...het hom 'n uur terug geneem by die 'Tube' stasie se foto masjien....dit doen absoluut niks vir my aantreklike, sjarmante dog harde manlike wese nie...

Ek meen - hoe meer bles wil my voorkop wees ?!?

Dis hoe die bielie lyk....Maar die duiwel alleen weet waneer hy nou gaan aankom.


Ek het vir my 'n Gibson SG Standard bestel van die Vee Es Aa af & vir 'n billike prys todat ek natuurlik uitvind van invoer belasting...Fok né, hoe sien ek nie die goed kom nie!?!?

Die kitaar is al klaar meer werd as die deposito op 'n kar!!

Maar as hy kom gaan Wood Green sekerlik bars van al die 'cool rock tunes' wat uit my kamer uitkom...nee, dit gaan nie ek wees wat speel nie, dit sal my 'Hifi 'wees met 'n Foo Fighters cd wat raas sodat niemand kan hoor hoe ek sukkel nie !!


Maar ek gaan vir hom hard looi pappa!

Met Francois Swanepoel netnou gepraat oor MSN & met sy broer Hugo.

Francois/Sweis wou my met alle geweld by Tuks inkry & het met die volgende great idee vorendag gekom oor hoe ek toelating kan kry:
So ja...dis nou dit vir eers...ek hou julle op hoogte...of nie - dis soos 'n verassing - wat gaan ek volgende doen, is Jan regtig verlief op Katrien & sal Petrus die trein kan haal ?

Sluit weer aan volgende week, selfde plek, dieselfde tyd vir jou dosis van Komkommer Troos...

P.S. Vandag se Cyanide & Happiness:
P.S.S...laaste maar nie die minste nie...hoe om jou self op Google ten skoue te stel.

2 comments:

Ruan said...

Hey mede saffa broer.

Cool website. Lyk my jy moet ook maar soos ek jou lot vind en in die vee es van a kom swot. ek het ook 'n blog begin as jy dit wil uitcheck. afrimerikaner.blogspot.com.

o ja, ek is 'n pel van louis en wienas.

vreugde, vrede en geskilde geelperskes vir jou.

Cheersbaai.

Ruan

saintwillem said...

cheez, ek luv jou vd storie...dis moer snaaks. so kan ons nou dieselfde ding vir my broer doen? want die opsteek kers in die landbou weekblad wil nie meer sy briewe aanvaar nie?