Friday, September 15, 2006

My kamer was deurmekaar...

Dis reg dis hoekom ek nie geblog het nie...ek wou al van Saterdag af vir julle 'n foto wys van die prinses...

Sien ek wou 'n foto neem, maar die kamera se battery was pap. Toe soek ek die kamera se battery se charger - maar dié is toe weg !!

Toe soek & ek soek & ek soek maar ek kry die ding net flippin' nerêns nie.

UItflippen eindelik kry ek hom toe gister in die hoerhuis wat ek my kamer noem.

Kan nie eers onthou waar nie.

Laai die battery, sit hom in die kamera & neem fotos...daar si video ook maar ek gaan dit nie opllai nie want my selfvertroue is nerens nie & die beeld is pateties...Die Prinses.

Sy het gisteraand klaar 'n snaar verloor nadat ek bietjie hardhandig dalk begin raak het maar more oggend skiet ek gou in middestad toe & koop vir haar net die beste snare!!

Sy is pragtig!!
Dan geluk aan Ed(oftewel) Thys met sy verjaarsdag, hier is 'n komiek net vir hom:

Ook geluk aan Desiree met haar verjaarsdag !!!

Dan wil ek dankie sê aan Frouwine vir al haar e-mail moeite nou die dag & hulle het 'n vriend Ruan wat nou in die state studeer wat ook 'n blog van formaat het, gaan loer gerus bietjie wat gaan aan by Afrimerikaner !!!

Wat nog - wat nog ??

Daar is altyd so baie goed 'but when push comes to shove...'...

Donner...


Wel laat ek dit nou dan nie uitrek nie...Geniet die naweek & ons praat weer volgende week!!

Song virrie dag:
Will Smith - Lost & Found

3 comments:

Anonymous said...

Update jou log!!

Anonymous said...

Jy het niet toevallig jou paspoort gevind by die charger nie? :-)

Fré

Anonymous said...

ok, ek gaan nie google vir die antwoord nie, maar op eerste oog opslag lyk dit na n Gibson SG 61 Re-issue. Hoekom dink ek so? Want dit lyk soos die guitar waarmee
Angus Young van AC/DC speel, ook nou en dan, Max Cavelera van Soulfly.

Net sodat jy weet, as ek jou in die straat sien slaan ek jou oor die kop en steel daai pragtige ding.