Tuesday, November 28, 2006

Goed wat my die MOER in maak ...

So die afgelope naweek het die Bokke gaan staan & wen vir 'n verandering & die Rugby Unie dink nou weer Jake White is die hond se ballas.

& Toe moet die fokkin' koerante met hulle verkrampte & eng uitkyke op die lewe gaan staan & soos gewoonlik oor die kleinste klomp stront berig.

& dit bloot omrede hulle deesdae 3 mense stuur vir 1 berig - wat snaaks is aangesien die sogenaamde berigte uit niks meer as 3 paragrawe bestaan & gewoonlik geen foto's nie.
Kom ons klap nou almal tergelyk saam hande vir hulle...

Sedert ek die afgelope Maandag(27 Nov.) lunchtyd die 'aanlyn' Beeld berig gelees het was ek al klaar redelik moerig...Ek het snaaks genoeg nie geweet of ek hieroor wil blog nie want ek raak so gatvol vir hierdie armsalige blankes wat onodige propaganda probeer versprei & maak asof hulle iets weet.

Maar kom ons begin by die begin.
Die Beeld koerant berig: "Springbokke skaam hulle vir ou SA vlae..."

Beeld berig ook dat: "Mnr. Zola Yeye, spanbestuurder van die Bokke, het in ’n verklaring gesê die Springbokke distansieer hulle van dié ondersteuners, terwyl John Smit, die Bok-kaptein, gesê het die ou vlae was ’n verleentheid vir sy span."

Naais...1stens dink ek moet ons terug sit ontspan & mooi dink wat nou hier gebeur...
Gryp 'n koue een uit die yskas, sit jou leesbrille op & ontspan:

Ek dink dit is 1stens swak van ou Zola & John om om te sê dat hulle hulleself distansieer. Ek dink nie hulle besef net hoe groot klomp van hulle ondersteuners in dies. 'mindset' is as meeste van jou sereotipiese 'boere' wat graag 'n vierkleur wil rondswaai nie - ek dink baie van hulle is 'closet case' boere. & Soos met alles is daar die 'exception to the rule' van Suid Afrikaners wat net graag die ou vlag wil rondswaai.

"...Wat sê dit van ons in ’n vreemde land?” sê Zola in die berig.
Zola my ou maat ...
A. Hierdie land nie so vreemd nie - jy is vreemd.
B. Jy moet verstaan dat die Suid Afrikaners wat hier bly nie so 'n tonnelvisie het soos wat baie mense nog in Suid Afrika het nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek veralgemeen nie, maar kom laat ons nou nie vir mekaar lieg nie...daar is 'n groot hoeveel daar in SA wat nie verder as sy huidiglike provinsie dink nie.

& C. Moet jy verstaan dat die Engelse op 1 of ander tyd al saam 'n Suid Afrikaner gewerk het - daar is regtig so baie van ons hier & meeste van hulle weet alles van Suid Afrika, sy vlae asook sy geskiedenis af...hou op om jou fokkin' ou koeie uit die sloot uit te grawe man!

Het julle ooit daaraan gedink om enige van die engelse te vra of hulle 'n probleem daarmee het ?!
Nee julle fokkin' het nie so julle raaie/aanemings is net so waardeloos soos myne...kry vir julle!

Ek haal graag die volgende paragraaf aan uit dieselfde artikel:
'Smit het gesê: “Ons is hier om ons land – die nuwe Suid-Afrika – en al die mense by die huis te verteenwoordig. Dan kom sommige mense na die stadion om 44 miljoen mense in ons naam te beledig."

Wel Smittie, so wat van al die duisende der duisende Suid Afrikaners hier wat slet baie geld gehoes het om julle die naweek in aksie te sien - wat van hulle ?
Ek neem maar aan dat jy nie hier gespeel om ons Suid Afrikaners in Engeland(asook ander Suid Afrikaners regoor die werêld) te verteenwoordig nie?

Smittie moenie 'worry' nie - as dit die geval is hoekom bekommer jy jou oor 'n Suid Afrikaner hier wat 'n ou vlag waai - dit het dan mos absoluut niks met jou uit te waai nie?

& Wat as dit 'n Engelsman was die vlag rondgeswaai het? Wat die fok dan - huh?!
Feite ouens - julle moet julle feite agtermekaar kry & Beeld, dieselfde geld vir julle ook!!

Maar...was dit maar al gewees...
.
Vandag lees ek met etenstyd die Die Volksblad op die wee wee wee.
Ag wee ...
Een van die Suid Afrikaners wat die 'game gaan kyk het blog gereeld onder die alias Boerseun
(Hierdie skakel/link is verkramp: http://blogspace.mweb.co.za/default.aspx?alias=Boerseun_in_London&init ).
Hy het foto's van 'n swart ou wat 'n ou vlag oms sy skouers dra & dié het hom blykbaar geskok.
Nou kyk - ek lees maar deur die lyne dat ou Boerseun nie regtig so 'n oud stryder is as wat sy naam voorgee nie, inteendeel lyk dit my asof hy homself graag klassifiseer as 'n nuwe Suid Afrikaner.
Dis reg 'n nuwe Suid Afrikaner ... wat in Engeland sit - 'well fuckin' done...!'

So hy is geskok oor bogenoemde & hy gebruik selfs die woorde(disturbing & dissapointed).

Ek haal my hoed af vir die swart ou met die vlag - donnerswil 10/10 !!!
Ek sal graag wil dink dat hy dit gedoen het omrede hy 'n fok voel & vir die ander blankes/nie blankes wil wys - fokkit, dis verby ek het nie 'n saak nie - hier gaan hy...

Hel, vir al wat ons weet het die vlag vir 'n £4 'special' langs die pad gekry...Mense neig om so vinnig iets kleins in alles deesdae raak te sien & dan bos te gaan daaroor & te kak & kerm oor enige klein ou dingetjie.

Boerseun - ek dink jy probeer die goeie ou wees maar jy fok rond met my eierstokke - hoe kan jy 27 jaar oud wees & bittermin van apartheid weet soos jy in jou nuutste blog vandag gesê het??
Hoe baie 'boerseun' is jy nou regtig?

Apartheid het het sy laatse asem uitgeblaas in 1994 - jy moes toe omtrent 15 gewees het man!

Op die ou einde van die dag kom dit daarop neer dat as julle iemand wil blameer dan moet julle dalk die arme siel blameer wat weens regstellende aksie nou in engeland moet werk & as 'n 'entrepeneur' die gaping gesien het & nou sy brood & botter verdien deur ou SA vlae te verkoop.

Of dalk moet julle van die ouers blameer aangesien baie van die jonger garde die ou vlae rondswaai. Sien; 'Boerseun' op 27 weet nie veel van apartheid af nie dus kan die jonger +/- 20 jariges ook nie veel weet van apartheid nie - dus los dit net hulle ouers oor.

Nou kan julle julleself seker afvrae wat is my standpunt hieroor:
- Vir die swart ou met ou vlag om sy skouers - jy het groter ballas as ek & ek hoop jy het dit geniet om te sien hoe die Bokke vir 'n verandering 'n Rugby 'game' wen - Jake White was seker in die wolke!!

- Ek dink Boerseun moet homself herevalueer. & Versigtig wees om sommer net foto's op te sit want die reaksie wat nou uitgelok word gaan veroorsaak dat die ou dalk die foto gaan sien. Nou wat ek weet van wetsgewys weet is boggerol maar daar is 'n rede hoekom die koerant nie jou foto's by jou gevat het & ook gepublisiseer het nie.... wat dink jy is die rede ?

- Ek dink die joernaliste van vandag(& ek kies my woorde versigtig as ek die volgende sê) is fokkin' useless!

-Ek dink dat as ek 'n vlag in my hand gehad het sou ek hom gewaai het. Of hy nou oud, nuut of 'n Seerower skedel op het - waai sou ek hom gewaai het. Ek besit 'n nuwe Suid Afrikaanse vlag wat ek 1 keer in my kamer opgehang het(ek het hom persent gekry) & toe had my kamermaat dié afgeruk aangesien hy nie van die vlag hou nie, die vlag het nou meer skeure in & is mooi opgevou & oppad terug SA toe waar ek hom maar in my eie kamer weer sal hys.
Ek dink as jy iets wil sê moet jy ophou kots & praat. Moenie skaam wees nie - veral nie op jou blog nie...dis mos joune!

& ek dink ek gaan T-Hemde bemark wat in Zoeloe, Xhosa, Sepedi, & al die ander inheemse tale tale iets sê wat te doen het met vlag wapper - ek sien 'n gaping!!!

Iets soos: "Eish...'n vlag in die hand - is £5 in die bank".....

Fok ...


2 comments:

Anonymous said...

Sjoe dude, ek hoop jy voel nou beter.

Anonymous said...

Thanx vir die comment op my blog. Bly jy voel nou beter :)

Ek stem nogal saam met jou. Ek sal nie die ou vlag waai nie, maar in 'n land met so 'n liberale grondwet soos ons moet vryheid van spraak tog seker ten alle koste beskerm word. Soos Voltaire gesê het:

"I may disagree with what you have to say, but I shall defend, to the death, your right to say it."