Tuesday, November 07, 2006

Karate ...

Ja - ek voel sleg want ek blog nie meer so gereeld nie & ek weet van my paar 'hardcore fans' Hugo(Hugo is die een regs) & Pieter werk nie so hard sonder hulle daaglikse 'brielie' leesstof vir 'lunch' tyd nie.

Maar as hulle dit in kry...wel, kom ons sê net... dit laat hulle sterk lyk.

So vandag steel ek 'n idee van Chopper Charlie & Griffin, 2 van my gunsteling afrikaanse prosa skrywers. Loer asseblief in jou volgende 'lunch' tyd(want jy lees nou my blog in dié 'lunch' tyd) na hulle websaait (Watkykjy Blog)& lag. Let asseblief daarop dat jy 'n sterk maag moet hê vir van hulle kontent. M.a.w ... geen boontjies vir 'lunch' nie, as jy swanger is moet jy dalk ook maar liefs wegbly & laastens moet jy senuwees van staal hê.

Hulle taalgebruik kan soms kras, horribaal & blasfemies van natuur wees maar...eintlik is daar geen maar nie, gaan lees dit net & kom oor dit.

So...Karate Kid 3...Waar begin mens?
Wat van nêrens nie?

Toe ek in my jonger dae nog rof & onbeskof was(maar nog steeds my ma geroep het as die ander meisies my hare getrek het) het ek net met Karate begin & toe aanbeweeg na 'Kickboxing' toe(Ons het na dit verwys as skopboks...nee boys - nie so nie). & op daai staduim het hulle al 3 Karate Kid flieks respektiewelik op E-Tv Saterdae aande om 10 gewys(Nee - The Next Karate Kid tel nie - ok ??). Ons het teen daai tyd al 'n Vee Haa Ess video opnemer gehad. Ons was meeste aande maar uit of 10 teen 1 het ons vir oom Johan die moer in gemaak & dan is ons maar vroeg bed toe gestuur.

Maar Sondae oggende...dan was die 3 van Dykies(Juane het toe nog doek natgemaak) voorie Tv.
Juane 'update' ook nooit haar blog nie.

Maar 1 aand het iets verskrikliks verkeerd geloop. Die vorige week se Rapport Koerant tydskrif het gese die film beginne om 10 uur - Check.
Die video masjien word getsel - Check.
Sit 1 standaard V.H.S Kasset in - Check.
Die aand gaan ons uit - check.

Sondag oggend op die bank onder 'n warm kombers, sit die Tv aan & druk play...

& niks nie...

Wel ons was redelik jonk & vroom & onskuldig maar my ma het soms die gewoonte om Potchefstroom in die steek te laat & soos 'n matroos te kere te gaan(klaarblyklik die 3 van Dykies se skuld). So ons het soos 3 klein matrose gevloek & E-Tv & Rapport so sleg gesê...

Ek weet JULLE FOKKERS se ORE brand nou nog !!! Ek weet my sussies voel dieselfde.

Wel nodeloos om te sê het ons weer 1 of ander 'kwaliteit' fliek oor Vietnam of 'Cowboys' ge'tape'.

Vanaand het ek die kans van 'n leeftyd gekry.
Sky Movies het vanaand op kanaal 306 om 19:00 Karate Kid 3 gewys.

Ja ...Met 'n wenner 'tagline' van : 'First it was teacher to student. Then it was father to son. Now, it's man to man.' moes ek geweet het hier kom 'n ding.
Daniel tos rond met Bonsai boompies & besluit swot is virrie voels.
Ook maak hy ogies vir die 'girl' oorkant die pad. Wonder of hy 'n konna het wat al 'n jaar lank in sy beursie rondle??

Maar dan kom die ou bad-ass sensei, John Kreese, van die Cobra Kai Dojo in Karate Kid 1 terug.
& Hy ruik bloed of dagga - ek weet nie, hy lyk soos 'n boemie.
Hy soek sy ryk karate buddie,Terry Silver(wat met toxic waste geld maak & natuurlik 'n ponie tail dra) op & die 2 kry die nuwe gesig in karate, Mike Barnes om vir Daniel Sun op te donder. Ag daar is moer baie draaie & swaaie & verraad totdat Miyagi Sun almal se gatte skop so halfpad deur die fliek. Wees ook op die uitkyk vir die spesiale oefensessie tussen Miyagi & Daniel Sun langs die see...

Dirk het saam my gekyk & ons was dit eens...met betrekking oor hoe die twee teenstanders oefen - as dit regte lewe was sou Mike Barnes vir Daniel Sun fukkies bliksem !! Die man kon deur planke slaan terwyl Daniel Sun oosterse ballet op Los Angeles se kus staan & doen !!

Dan bevind ons onsself by die laaste 'fight'.
John Kreese & Terry Silver uiter die hoogs amusante: "First he suffers - then he suffers some more.." & dan kry Daniel sun bietjie pak. Maar Mr Miyagi is vinnig daar om Daniel reg te help...met woorde - want almal weet mos die pen is magtiger as die swaard...
Julle kan net raai wat gebeur volgende.

Goed wat ek net nog wil weet:
Wat het van die girl geword?
Hoekom klink Mr Miyagi aan die einde soos Yoda....wat na die 'dark side' toe gaan?
Waarom is Mr Miyagi ook die enigste 1 wat ooit weer in 'n noemenswaardige film gespeel het?
& waar die hel is Rolf vanaand?
Die fliek het selfs 'n 'bad guy' in wat se naam Snake is maar as jy hom sien wonder jy of Pigg nie dalk seker sou gepas het nie - klassiek.

Dit was dan dit.
Ek voel ek moet ook net die volgende se: E-Tv & Rapport - Julle is vergewe ...

3 comments:

Anonymous said...

Hoeveel single sussies het sy?

Anonymous said...

Mikenos manor 23, agter die sasol garage in bendor/welgelegen

saintwillem said...

hi daar, daai foto van eddy is gefotoshop...hy't baie minder hare...so waarsku jou susters, sedert hul sekker op die uitkyk is vir mans met lokke hare. om weer die wanbalans in julle geenpoel reg te stel...

so, luv jou miyagi sun storie. snaaks hoe die dinge net nie meer die selfde is 20 jaar later nie.