Sunday, January 14, 2007

Die lang pad huis toe – Deel 3…

Ja…ek weet…dis nou al ‘n rukkie gewees….
Is ek jammer …nie regtig nie…dis maar wild hier – amper soos in die storie…

So om aan te gaan waar ek lank lank gelede opgehou het…

Die abassade in London het my toe terug begin mail & gevra date k ophou om hulle te mail – hulle inbokse raak te vol…& toe begin hulle my sms met tye & datums - op die
ou end van die dag kon ek basies soontoe gaan net waneer ek wil.

Lang storie kort te maak – Ek het my paspoort toe gekry…was ook maar ‘n ‘bitch’ gewees.

Nou is ek terug in SA…
Maar dit was nie so maklik gewees nie…

Fok….

Jy weet…5 maande terug toe ek mos nou my kaartjie bespreek skiem ek gaat van Gatwick afvlieg aangesien ek bliksems moeg is om so lank op die trein te sit al die pad van Wood Green af tot by Heathrow.
Dis omtrent ‘n uur & ‘n half se ry. Met baie sakke en dies meer.

Rolf vra my nog so of ek gekyk het of die Gatwick Express daar van Victoria stasie af loop want soms maak hulle mos net alles sommer toe. Baie slim sê brielie ja man dis fine maar ek loer toe in elk geval gou. Nee sê die Journey Planner, dis 100%, daai trein loop. Ek skiem 100, hier gaat ons….moes al my klere & 1 of 2 goed agter los vanwee ‘iemand’ se 100 pare hardloop spikes wat boetie 3 dae voor hy moet vlieg skielik aanskaf….sug nou eers saam met my….

Kom by Victoria stasie aan saam met Connie & Phillip(Connie se ouer broer) & hardloop vir die trein …al klaar ‘n uur laat.

Raai wat?

Die Fokker is TOE !!!

Die ou op die peron sê sorry…ek bekak myself…Dirk grou in sy neus & Connie & Phillip rook ‘n Sigga & praat oor die weer….iewers in die agtergrond hoor jy die kriekies….

Ek sê toe maar baai-baai vir Connie & Phillip & daar skiet ek & Dirk London Bridge toe. Koop kaartjies & wag vir die trein wat na Red Hill toe gaan & van daar af moet jy van ‘n vervlakste ‘Bus Replacement Service’ gebruik maak om tot op Gatwick te kom.

& die fok weet ons is laat…baie fokkin’ laat….

Ek nip soos ‘n kleintjie wat per ongeluk oor sy pa se kar gekotz het & dis die 1 sigaret na die ander…

Spring toe op daai bus 7 die tyd stap aan maar ek en dirk maak dit toe.
Stop by Gatwick & hardloop met die fokkin’ sake opsoek na my ‘Check In’ hek.

Fokkol…Jy moet nou eers weer op daai snaakse Maglev trein ding spring wat jou na die ander donnerse terminal vat – Daar waar ek vir rolf(ook natuurlik ‘n uur laat) gaan optel het toe hy die heel 1ste keer hier geland het.

My hol trek al teen die tyd so styf dat jy ‘n klont van enigeiets daar kan opdruk & ‘n diamant sal kry.

Ons hardloop weer & ons is nou al oor die 2 uur laat(jy moet 3 uur voor die tyd inboek).
Ek boek in & hulle is gaaf & behulpsaam & se so ewe: “ Jaco, jy kon nog so 7 kilo’s ingepak het…”

Ek verloor dit amper….weet julle hoe fokkin lank dra ek nou al 1 onderbroek ?!?!

Val in die ry & sê totsiens vir Dirk & draai blitsvinnig om toe ek daai knop voel vorm & die keel grof raak & die oë wil wil soos ‘wipers’ te kere gaan.

Raai wat toe…?

Die ‘Aerie’ is ‘n fokkin uur laat !!!

P.O.E.P.H.O.L !!!

Spring toe uiteindelik op die ding & skiet Dubai toe. Darem lekker flieks gekyk – Emirates is oraait.

Klim by Dubai af & dis etter warm…ek wil nie snaaks wees nie maar dis warm - & ek het al my langmou klere & jasse aan want daar was nie plek in die sak nie.

Fok ….

& girlfriend wil mos ‘n T-Shirt van Dubai af hê…nou sukkel ek eer som my geld te verwissel, met al die bagasie, dan neek ek daar in ‘n winkel in met alles & probeer nou om ‘n mooi T-hemp te kry. Maar dan kry ek nie in die regte size nie & wat nog….ons sug weereens…

Koop so 2 x Redbulls, 1 x Iced Tea & 1 x bottle water & gaan wag maar weer.

& dis daar op Dubai dat ek eintlik weer ‘in’ Suid Afrika ‘is’ …
Want ons vorm toe ‘n ry & die familie voor my(‘n ma & haar 3 dogters) het 2 trollies & 500 sakke & drink en mors alles & oor alles…dan loop hulle weg – dan kom hulle terug…. & val sommer so net weer in die ry in…ek wild it sommer op die naam noem & sê julle druk in !!!

Maar ek sug, drink nog ‘n Redbull & ontspan.

Kom in 1 of ander area waar ek weer moet wag, dog bymyself ek gaan nog so uur hier sit & verveeld wees.
Ek ruk toe my laptop uit(skiem ek is moerse cool) & ek dag ek gaan aan hulle WiFi Koppel & dan vir girlfriend of sommer julle almal mail.

Sukkel toe 1 hele uur lank om net aan hulle tos WiFi te Koppel & klim toe op die Aerie sonder om 1 donnerse e-mail te stuur…

Ek het nog nooit van vliegtuig kos gehou nie – dit vat my altyd 1 dag om weer terug te keer na ‘normaal’ toe.

So eke et toe nou maar et die koekies & kasies maar dit help toe fokkol…

Land op OR Thambo lughawe & my sak kom toe nou ook natuurlik heel laaste uit.

Lag vir al die ander sotte wat in ‘n ry val by doane & ek lopp net …ek is moeg & sat & sit my Cowboy hoed op & neek ‘straight’ deur.

Sien toe vir ou Hugo wat waai & ontspan met die wete dat hy ook soos ek voel toe ek sy gesig sien…

Thanks aan Dirkie & Connie & Phillip vir die saam ‘travel’ daai dag – dit was ‘n fokop van format maar julle ouens het dit moontlik gemaak.

Dirkie wat tot die einde gebly het…dit was baie naais.

Hugo wat my kom optel het – jy is die beste –tata tat a ta – van die ooste tot die beste, tata ta ta ta !!

2 comments:

saintwillem said...

Thanx buddy, eks bly jy is terug. Ek vlieg oor so 9 dae terug. Wat? hoe werk die prosedure om van die airie af te klim? kry ek my sakke en bliksem net deur. of stop ek by duane?

Anonymous said...

connie.vanwyngaardt@poynting.co.za
0829772572
0126546891
bell my dan braai ons