Monday, December 03, 2007

Maak jou mond oop & asem in ...

A rat's sneeze contains no bacteria....
Hulle het vandag, 5 Desember wat 'n Woensdag is my kar gesteel tussen 18:15 & 19:55..

Mia ... ek gaan jou mis ... asook my San Diego Chargers 'one of a kind' voetbal keps wat Miriam vir my van San Diego af gebring het.

My Simpsons 'sex toy' hamer wat altyd agterin gele het asook die 2 stress boobs in die passasiers kompartament.

Totsiens aan al 3 daai bottels water wat my altyd hidreer het ...die 1 liter, die 350ml maar in besonder die 5 Liter Groene - jy was my gunsteling.

Lindi(my sussie) bel my & vra: 'Boetie - was jou radio in die kar?'
Gelukkig was my antwoord daarop: 'Nee Lindi - Gelukkig is hy al vroeer die jaar gesteel...'

My 2 petrol boekies waarmee ek so mooi tred gehou het van my petrol verbuik wat fantasties was ...amper 500km op 'n 35l tenk...julle sal gemis word.

-Die 'first aid' kit wat my ma daarin gesit het as 'n geskenk.
-Daai koppie wat MJ daarin vergeet na die week se Woodstock.
-Daai 3 polisterien glasies agter in die 'boot' wat daar maar was vir incase...jammer julle.

...aai...sugtend sit ek nou in tik met my dak waaier op sy vinnigste & 'n lekker koue Amstel wat Herman nou die dag gebring het...

Ek wil dan net dankie se vir daai flukse doos van 'n polisieman wat vir 15 minute lank nie bverstaan het dat ek se "MY KAR IS SOPAS GESTEEL & EK IS HIER OM DIT TE RAPPORTEER" nie...

& toe hy dit snap so gaaf was om vir my te vra waar is die papiere & toe ek se watse papiere - die diensboekie wat in die cubbyhole le & hy ja sa....& toe dadelik se nee jammer - sonder daai papiere kan hy nie die kar as gesteeld aanmeld nie....

& toe my nefie(wat so rukkie terug daar stasie bevelvoerder was) hulle bel & hulle vir hom se ek ken nie my fokkin' regestrasie nommer nie? Fokkin' rook julle fokkin' iets?
Thanks Buks dat jy probeer het...daai fokkers sukkel seker nou nog....

Ek wil net he julle fokkin' useless polisie manne in daai kak kantoor daar in Paul Kruger straat moet net fokkin' een ding mooi verstaan...

Ek wat Johannes Jakobus van Dyk is...ek....ek haat julle...


...so fokkin' baie...






1 comment:

jual vimax said...

is very good